Uitkomsgebaseerde onderwys nie so 'n tameletjie






POTCHEFSTROOM  Mnr Sampie Lundie, 'n dosent in die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), het 'n kursus ontwerp om onderwysers op te lei in assessering vir uitkomsgebaseerde onderwys.

Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) blyk 'n beweging in die regte rigting te wees wat sal lei tot die bevordering van gehalte-onderwys en leer in die klaskamer, mits dit reg gemplementeer word, s mnr Lundie.

Die voorwaardes vir suksesvolle UGO-assessering is volgens hom hovlak-opleiding vooraf en indiensopleiding van onderwysers, en die implementering daarvan veronderstel dat skole hul programme sal herskeduleer sodat onderwysers genoeg tyd sal h om deeglike beplanning en voorbereiding te doen.  Uitkomsgebaseerde assessering veronderstel ook bevoegdheidsgebaseerde assessering waar leerlinge hul bekwaamheid in die klas moet demonstreer onder toesig en waarneming van onderwysers.

Om te voldoen aan die behoefte van onderwysers in die suksesvolle implementering van UGO-assessering bied die NWU 'n geakkrediteerde kortkursus in assessering vir onderwysers aan.  Die kursus, wat ook deur die ETDP-Seta geakkrediteer is, fokus op die praktiese opleiding van onderwysers om toepaslike assesseringstake te ontwerp sodat geldige en betroubare besluite oor die leerling se vordering geneem kan word.

Onderwysers wat reeds die kortkursus voltooi het, is baie positief, s mnr Lundie.  Onderwysers is egter van mening dat die stelsels in skole moet verander om reg aan UGO-assessering te laat geskied.  Om sukses te behaal, sal 'n hele skool se personeel opgelei moet word en betrokke wees by die implementering van die assesseringsbeleid wat in die kursus geleer is.

Die kursus maak tans deel uit van die verpligte kurrikulum van die vierdejaarstudente wat dan afstudeer as geakkrediteerde assessors.  Mnr Lundie bied die kursus ook by die Universiteit van Stellenbosch en by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aan.







