NWU se FabLab nog 'n eerste






POTCHEFSTROOM - Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) spog met nog 'n eerste in die provinsie deur die vestiging van 'n unieke skeppingslaboratorium.

Die nuwe FabLab (fabrikasielaboratorium), 'n wreldklasfasiliteit van die Fakulteit Ingenieurswese, maak dit moontlik vir gebruikers  van skoolkinders tot ingenieurs  om bykans enige idee te ontwerp deur voorstellings te maak, ontwerp, ontwikkel, aan mekaar te sit en te toets.

Die vernaamste doelwit van die laboratorium is om wetenskap en tegnologie in te span om gemeenskappe te versterk in die uitbou van hul onderskeie ekonomie. Volgens mnr Mosibudi Mangena, Minister van Wetenskap en Tegnologie, wat die nuwe fasiliteit amptelik op die kampus geopen het, het talle van die besoekers aan 'n FabLab reeds die unieke toerusting gebruik in die maak van waardevolle produkte soos 'n gemeenskapsgebaseerde alarmstelsel, 'n bekostigbare, weggooibare termometer en 'n gloeilamp wat deur 'n jong entrepreneur van die landelike gebied buite Pretoria ontwerp is.

Die FabLab is die vyfde van sy soort in die land en die moontlikheid dat dit deur middel van satelliet-laboratoriums ook na ander gebiede in die provinsie uitgebrei kan word, is reeds in die vooruitsig gestel. Die ander laboratoriums is gele in Soshanguve, Kaapstad, Bloemfontein en Kimberley, en al die FabLabs word ondersteun deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie se Advanced Manufacturing Technology Strategy-program (AMTS).

Volgens mnr Mangena het die Potchefstroomkampus se FabLab sy ontstaan te danke aan die Noordwes se Wetenskap en Tegnologie-beraad wat in 2004 gehou is. Tydens di beraad is metodes wat klein-, medium- en makro-ondernemings kan toepas in onder meer die bevordering van en waardetoevoeging tot die provinsie se ryk mineraalhulpbronne, as vernaamste prioriteite gedentifiseer. Deur mense die geleentheid te gee om hul skeppende idees verder te ontwikkel, wat moontlik tot nuwe produkte kan lei, kan 'n vername bydrae lewer tot navorsing, ontwikkeling en uiteindelik die land se bruto binnelandse produk.

Mnr Mangena het die versekering gegee dat sy departement toegewyd sal bly in die pogings om die tegnologiese en innovasiegapings wat steeds in die onderskeie gemeenskappe bestaan, te verklein. Die toekomstige ekonomiese en sosiale ontwikkeling van die wreld is afhanklik van 'n stewige basis van wetenskap, ingenieurswese en tegnologie. Die internasionale mening is dat lande wat stewige en volhoubare vlakke van groei nastreef, elkeen sy kapasiteit behoort te gebruik om nuwe kennis daar te stel, het hy bygevoeg.

Volgens prof LJ Grobler van die Skool vir Meganiese Ingenieurswese, bewerkstellig die FabLab 'n nuwe dimensie in ingenieurswese en dui die vestiging daarvan op die innoverende gees van die Universiteit. Prof Grobler is van mening dat hul toegang tot die laboratorium skoolkinders meer opgewonde behoort te maak oor wetenskap en tegnologie, en dt behoort 'n vername bydrae te lewer in die sektore wat gebuk gaan onder mannekragtekorte.



Prof LJ Grobler van die Skool vir Meganiese Ingenieurswese, mnr Mosibudi Mangena: Minister van Wetenskap en Tegnologie, en mnr Darkey Africa: LUR vir Plaaslike Regering en Ontwikkeling, by die extruder-masjien in die nuwe FabLab.







