Adjunkminister besoek Noordwes-Universiteit






Die Adjunkminister van Onderwys, mnr ME Surty, het huidige onderwysbeurshouers, voornemende onderwysstudente, asook ampsdraers en bestuurslede van die Noordwes-Universiteit (NWU) op 13 Augustus 2007 in die Ouditorium van die Potchefstroomkampus toegespreek as deel van die Onderwysdepartement se Fundza Lushaka-beursprogram en veldtog om jong Suid-Afrikaners aan te moedig om onderwysers te word.

Die groot getal onderwysstudente aan die NWU getuig daarvan dat ons onderwysopleiding baie ernstig bejen het dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, tydens die geleentheid ges.

Met meer as 3 000 onderwysstudente wat kontakonderrig ontvang in 2007, bevind die NWU hom onder die top vyf universiteite in Suid-Afrika, maar wanneer die meer as 12 000 afstands- en deeltydse onderwysstudente bygereken word, is die NWU die grootste voorsiener van afgeronde onderwysers in die land n Unisa.

Die doel van die Fundza Lushaka-beursprogram is om in die nasionale behoefte aan goeie onderwysers in prioriteitsareas te voorsien, het Adjunkminister Surty ges. Hy het daarop gewys dat Suid-Afrika n tekort het aan skaars vaardighede soos ingenieurs en rekenmeesters en dat onderwysers kan bydra om in hierdie behoefte te voorsien deur die vakke op skool aan te bied wat toegang tot opleiding in hierdie rigtings gee.

Die Fundza Lushaka-beursprogram, waarvan R7,2 miljoen aan die NWU toegewys is, stel onderwysstudente in staat om sonder finansile kwellinge te studeer.

Daar is op die oomblik 205 beurshouers aan die NWU. 'n Fundza Lushaka-beurs dek die student se registrasiefooi, klasgeld, boekegeld, reiskoste, verblyfkoste in 'n koshuis of ander goedgekeurde akkommodasie, en etes.



Van links is Mr H Motara, Waarnemende Streeksdirekteur: Departement van Onderwys, Suidelike Streek, Noordwes-provinsie; dr T Eloff, Visekanselier, Noordwes-Universiteit, prof ND Kgwadi, Rektor: NWU-Mafikengkampus, mnr ME Surty, Adjunkminister van Onderwys, prof PJJ Prinsloo, Rektor: NWU-Vaaldriehoekkampus, prof AL Combrink, Rektor: NWU-Potchefstroomkampus, en dr FM Nzama, Hoofdirekteur: Institusionele en Mensehulpbron-ontwikkeling, Departement van Onderwys.







