Ses patente geregistreer in die VSA






Ses patente geregistreer in die VSA

Die Noordwes-Universiteit (NWU) spog tans met nie minder nie as ses patente wat in die Verenigde State van Amerika goedgekeur en geregistreer is. Wat hierdie prestasie so besonders maak, is die feit dat die standaarde wat binne die Amerikaanse jurisdiksie toegepas word, baie streng is.

Gedurende 2006 is agt Suid-Afrikaanse voorlopige en finale patentaansoeke namens die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus by die Suid-Afrikaanse Patentekantoor ingedien. Hierbenewens is drie Suid-Afrikaanse finale patente wat voorheen ingedien is, finaal goedgekeur en toegeken.

Die NWU beskik oor drie geregistreerde planttelersregte, en is die eienaar van meer as 70 aansoeke in 45 klasse wat voorsiening maak vir handelsmerkwetgewing, met inbegrip van die NWU se naam en nuwe logo.

Die Potchefstroomkampus het ook ses internasionale patentaansoeke ingedien onder die vaandel van die Patente-samewerkingsverdrag (PSV) met die Internasionale Buro van die Wreld Intellektuele-eiendom-organisasie (WIEO) in Genve, Switserland.

Tot dusver is 'n totaal van 39 patentaansoeke ingedien en/of toegeken en geregistreer, na aanleiding van aansoeke wat deur die NWU ingedien is in meer as 48 lande. Dit sluit Europese lande soos Frankryk, Duitsland, Itali, Switserland en die Verenigde Koninkryk in, en ook Afrika-lande soos Botswana, Kenia, Malawi, Namibi en Tanzani.







