Grootste biltonjagter-opname ooit






Grootste biltonjagter-opname ooit

Die Instituut vir Toerisme en Vryetydstudies aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) gaan in samewerking met ander belanghebbendes in die biltongjagbedryf in Augustus en September vanjaar die grootste nasionale biltongjagteropname ooit van stapel stuur.

In 2005 het 'n opname onder ongeveer 18 000 lede van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging getoon dat 'n biltongjagter gemiddeld R15 752 per seisoen aan jag bestee. Dit verteenwoordig 'n direkte ekonomiese impak van R3 150 miljoen vir die 2005-seisoen.

Die 2007-opname gaan aansienlik groter wees en ons beoog om ongeveer 50 000 vraelyste onder die meeste jagverenigings in Suid-Afrika te versprei, s dr Peet van der Merwe van die Instituut vir Toerismebestuur en Wildlewe-ekonomie aan die Potchefstroomkampus.

Een van die belangrikste doelwitte van die opname is om te bepaal wat die impak van die nuwe wapenwet op die jagbedryf is. Ander aspekte behels die ekonomiese impak en profiel van biltongjagters. Enige persone wat voel dat hulle 'n bydrae kan lewer, kan die Instituut gerus by die volgende nommer skakel: 018 2991812 / 1810 of 'n e-pos stuur na peet.vandermerwe@nwu.ac.za (Link: mailto:peet.vandermerwe@nwu.ac.za)







