Suid-Afrikaners lei vereniging vir Statebondsuniversiteite






Suid-Afrikaners lei vereniging vir Statebondsuniversiteite

Twee Suid-Afrikaners staan nou aan die hoof van die Vereniging vir Statebondsuniversiteite (Association of Commonwealth Universities  ACU).

Op Vrydag 20 Julie 2007 is prof Brenda Gourley, 'n Suid-Afrikaner wat op die oomblik die Visekanselier van die Open University in die Verenigde Koninkryk is en voorheen Visekanselier van die voormalige Universiteit van Natal was, as voorsitter gekies, en dr Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), as ondervoorsitter.  Ek ken dr Eloff al baie jare, en dit sal 'n plesier wees om saam op die Uitvoerende Bestuur van die Vereniging te dien. Ons deel sekere gemeenskaplike doelwitte en ons albei glo dat hor onderwys kan bydra tot die verbetering van die samelewing, s prof Gourley.

Die ACU, wat in 1913 gestig is, is die wreld se oudste interuniversiteitsnetwerk en verteenwoordig ongeveer 500 universiteite dwarsoor die Statebond. Die Vereniging se doelwit is om internasionale samewerking en begrip in hor onderwys in die Statebondslande te bevorder.

Dr Eloff, wat ook onlangs as voorsitter van Hor Onderwys Suid-Afrika (HESA) verkies is, sien uit na die uitdagings wat sy verkiesing meegebring het, en bestempel dit as 'n groot eer  vir homself sowel as vir hor onderwys in Suid-Afrika.

Hy is van mening dat die ACU in besonder, maar ook tersire opvoedkundige instellings wreldwyd, 'n waardevolle bydrae tot die mensdom kan lewer. Deur die lewering van goed afgeronde graduandi met hovlakvaardighede en die vermo om lateraal en krities te dink, en deur navorsing en innovasie van ho gehalte te voorsien, kan universiteite van regoor die wreld 'n betekenisvolle rol speel om innoverende oplossings te vind vir die uitdagings wat die wreld in die gesig staar.

Sy verkiesing as visevoorsitter van die ACU sal hor onderwys in Suid-Afrika wreldwyd op die voorpunt plaas wat inligting, netwerking en in besonder normering teen internasionale standaarde betref.

Internasionalisering en in besonder netwerking en die skepping van strategiese bande met universiteite wreldwyd, is een van die horonderwyssektor se strategiese prioriteite. In die lig hiervan strek my betrokkenheid as visevoorsitter van die ACU tot groot voordeel van hor onderwys in Suid-Afrika.

Dr Eloff se verkiesing is onmiddellik van krag en sy termyn verstryk oor twee jaar.

Prof J McWha, Visekanselier van die Universiteit van Adelaide, is as Ere-tesourier van die ACU verkies.  Ander pasverkose lede van die uitvoerende komitee is proff K Mohandas, SS Katiyar, L Tsui en DDA Razak.



Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit.

