NWU GEE HOOP VIR GRAAD 12s






NWU GEE HOOP VIR GRAAD 12s

MAFIKENG  Die Noordwes-Universiteit (NWU) het 600 graad 12-leerders van verskeie skole van regoor die provinsie geregistreer vir die Winterskool wat onlangs op die Mafikengkampus gehou is.

Die projek het verlede jaar afgeskop met slegs 331 leerders. Die toename in leerders dui op positiewe groei, wat 'n beter toekoms vir leerders kan verseker. In die Bophirimadistrik was daar in vergelyking met die vorige jaar 'n 30 persent-verbetering in die prestasie van leerders wat die Skool bygewoon het.

Die hoofdoel van die projek is om te fokus op probleemareas in die vakke wat aangebied word en om leerders te help voorberei vir hul finale eksamen. Die leerders word ook gehelp om aan die toelatingsvereistes van tersire instansies te voldoen.  Die Winterskool spesialiseer in Wiskunde, maar Natuur- en Skeikunde, Biologie, Landbouwetenskap, Geografie, Rekeningkunde, Ekonomie en Bedryfsekonomie word ook aangebied. Daar word ook aandag gegee aan die ontwikkeling van lewensvaardighede, soos leierskap, tydsbestuur, studiemetodes en hoe om effektief op te som.

Die projek word gekordineer deur mnr Ngoako Malatji en 14 gekwalifiseerde en ervare tutors is verantwoordelik vir die implementering daarvan.  Die projek verskaf aan leerders die geleentheid om hul vaardighede op te skerp vir hul matriekeksamens en hul kennis uit te brei met betrekking tot aangeleenthede wat vir hulle van belang is.  Dit is ook 'n geleentheid om die universiteitslewe te ervaar en vriende te maak, s mnr Malatji.

Dit lyk asof leerders wat die Winterskool bywoon 'n positiewe ingesteldheid het en gelukkig is met hulle studies. Ons was agter met die sillabus as gevolg van die nasionale staking, maar het nou byna alles ingehaal, s Kgomotso Mogshane, 17, van die Sol Plaatjie Sekondre Skool.



Winterskool-leerders tydens klastyd.

