Dr Theuns Eloff lei Hor Onderwys Suid-Afrika






Dr Theuns Eloff lei Hor Onderwys Suid-Afrika

Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) is op 19 Junie 2007 tydens 'n algemene jaarvergadering van Hor Onderwys Suid-Afrika (HESA) onbestrede tot voorsitter van hierdie liggaam gekies.

Dr Eloff, wat die afgelope twee jaar as ondervoorsitter van HESA gedien het, sal vanaf 1 Januarie 2008 die leisels by die huidige voorsitter, prof Barney Pityana, Rektor van Unisa, oorneem.

HESA speel 'n belangrike rol wat die deel van inligting oor beste praktyk betref, veral op die gebied van akademiese bestuur, s dr Eloff.

Hy glo dat selfregulering ook baie belangrik is. Ten einde te verhoed dat regulering deur wetgewing nodig word en s inbreuk maak op die akademiese vryheid en outonomiteit van universiteite, moet die instellings selfregulering toepas wat sake soos akademiese regulasies en die vergoeding van senior bestuur betref.

Hy is van mening dat die NWU ook by sy aanstelling kan baat, aangesien dit goeie blootstelling en strategiese posisionering vir die NWU beteken wanneer 'n bestuurslid die Universiteit op 'n openbare liggaam verteenwoordig.

Dit plaas die NWU op die voorpunt wat inligting en netwerking betref, s dr Eloff.  Aan die ander kant bring dit ook 'n groot verantwoordelikheid mee, aangesien die NWU nou in die kollig is, en seker moet maak dat sy stelsels en prosedures in orde is.

Hy het ges HESA is 'n plek waar visekanseliers sm oplossings kan vind vir die uitdagings wat hor onderwys in Suid-Afrika in die gesig staar. Dit is ook belangrik dat ons die ondersteuning geniet van die Departement van Onderwys en die Minister van Onderwys, wat  haar onlangs baie positief oor die stabiliteit en goeie leierskap in die sektor uitgespreek het.  Hor onderwys het 'n rol om te speel in alle aspekte van die lewe in Suid-Afrika. Om dit moontlik te maak, moet ons staatmaak op vennootskappe met die Departement van Onderwys sowel as die sakesektor en die burgerlike samelewing.

Die nuutverkose uitvoerende komitee wat dr Eloff vanaf 1 Januarie 2008 gaan ondersteun, bestaan uit die volgende lede: prof Errol Tyobeka, Rektor van die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) as ondervoorsitter, prof Loyiso Nongxa, Rektor van die Universiteit van die Witwatersrand, prof Rachel Gumbi, Rektor van die Universiteit van Zululand, prof Vuyisa Mazwi-Tanga, Rektor van die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie en dr Saleem Badat, Rektor van Rhodes-Universiteit.

Dr Eloff se termyn as voorsitter sal op 31 Desember 2009 verstryk.

HESA is op 29 Mei 2005 tot stand gebring, en verteenwoordig al 23 universiteite en universiteite van tegnologie in Suid-Afrika.



Foto: Dr Theuns Eloff, Visekanselier van die Noordwes-Universiteit.

