Kom laat ons sing






Stil gange by die Noordwes-Universiteit sal binnekort iets van die verlede wees wanneer die nuwe Universiteitslied bepaal word. n Proses om n nuwe Universiteitslied te kry is in Junie begin toe n paneel met verteenwoordigers van regoor die Universiteit verkies is om n gepaste Universiteitslied te vind. Konsultasie met verskillende belangegroepe het plaasgevind en na vele besprekings, harde dinkwerk en heelwat singwerk, is op n paar konsepte besluit.

Hierdie konsepte is uitgevoer by n werksessie vir n paneel bestaande uit liriekskrywers, komponiste en raadgewers van alle kampusse wat toe n kortlys van twee moontlike opsies opgestel het. Die onderskeie komponiste sal nou hierdie opsies vereenvoudig. Volgens Awie van Wyk, een van die komponiste, is wonderlike voorstelle gemaak by die werksessie wat nou in die liedere genkorporeer sal word. Hierna sal ons personeellede en studente van alle kampusse nooi om na die liedere te luister (en saam te sing, as hulle wil) waarna n finale besluit geneem sal word.

