NWU help eikebome red






NWU help eikebome red

POTCHEFSTROOM  'n Projek wat deur 'n groep lektore van die Noordwes-Universiteit onderneem word, kan bydra om die bekende eikelaan in Tomstraat in Potchefstroom te red.

Prof Sarel Cilliers, stedelike ekoloog van die Skool vir Omgewingswetenskappe en Ontwikkeling in die Fakulteit Natuurwetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) is sedert verlede jaar saam met voorgraadse Plantkundestudente en twee van sy kollegas, dr Riekert van Heerden en prof Gert Krger, besig met 'n vyfjaarprojek om die fisiologiese toestand van die eikebome te bepaal.

Die eikebome word bedreig deur watertekorte wat deur stedelike ontwikkeling veroorsaak word. Die groot plaveiseloppervlakte onder die bome en die gepaardgaande kompaktering van die grond veroorsaak dat die blaarwaterpotensiaal en gevolglik die vitaliteit van die bome laer is.

N net een jaar kan ons reeds sien dat die blaarwaterpotensiaal hor is waar die tuinoppervlakte om die bome groter is, s prof Cilliers.

Hy s dit is ook duidelik dat die bome baie meer vatbaar is vir peste en plae soos dopluise en termiete wanneer hulle onder fisiologiese stres verkeer.

Prof Cilliers meen dat die bome gered kan word deur 'n omvattende omgewingsvriendelike benadering wanneer die navorsingsresultate bekend gemaak word.

Die NWU span saam met die Potchefstroomse Munisipaliteit en plaaslike boomliefhebbers om di laning, wat 'n nasionale gedenkwaardigheid is, te red.


