NWU-tolkdienste 'n vertoonvenster na buite






NWU-tolkdienste 'n vertoonvenster na buite

Prof Marlene Verhoef, Direkteur van die Institusionele Taaldirektoraat van die Noordwes-Universiteit (NWU) en mnr Johan Blaauw, Hoof van Taaldienste, lewer op 19 Junie 2007 tydens 'n bemagtigingseminaar van die Mpumalanga-streek van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) op Ermelo 'n referaat oor die moontlikhede van tolkdienste vir die skoolomgewing.

Hierdie referaat spruit voort uit een van  twee loodsprojekte by buite-instansies waarmee die NWU-Taaldirektoraat tans besig is, naamlik 'n tolkprojek by Horskool Frikkie Meyer in Thabazimbi en tolkdiens by die Potchefstroomse Landboukollege.  By Horskool Frikkie Meyer word die klas in Afrikaans aangebied vir die gr. 11 rekenaarstudieleerlinge en die tolking vind in Engels in plaas.

Die projek is begin nadat die skoolhoof, mnr Deon Azar, 'n opedag by die NWU bygewoon het waar die Taaldirektoraat tolkdienste voorsien het en hy dadelik die moontlikhede hiervan vir die skoolomgewing raakgesien het.

Die strategiese doel met die loodsprojek by Horskool Frikkie Meyer is om te bepaal tot watter mate opvoedkundige tolkdienste 'n bydrae kan lewer om 'n meertalige onderrigleeromgewing te fasiliteer, s prof Verhoef.

Mnr Azar, wat saam met prof Verhoef en mnr Blaauw by SAOU se bemagtigingseminaaar gaan optree, s die volgende in 'n onlangse statusverslag: Ek glo dat die tolkstelsel 'n oplossing vir die taalkwessie in die onderwys kan wees  in primre sowel as sekondre onderwys.

Wat die loodsprojek by die Potchefstroom Landboukollege betref, word al die eerstejaarsvakke sowel as verskeie tweedejaarsvakke sedert die begin van die jaar getolk.  Die diens sal aanstaande jaar na al die tweedejaarsvakke uitgebrei word.  Die dosent se voorkeurtaal bepaal in watter taal daar getolk word; sommige modules word in Afrikaans in getolk en ander in Engels in.

By die NWU word tolkpare bestaande uit sleuteltolke en tolke in opleiding in die klasse gebruik.  In totaal is daar 25 tolke en 20 assistente op die Potchefstroomkampus waar 300 periodes per week getolk word, terwyl daar op Vanderbijlpark vier tolke en vier  assistente vir 30 periodes is.

Die moontlikhede van tolkdienste op die Mafikengkampus word tans ondersoek.



Foto: Mnr Johan Blaauw, Hoof van Taaldienste, en prof Marlene Verhoef, Direkteur: Institusionele Taaldirektoraat, NWU.

