NWU-prof ontvang SA Akademie-prys vir geneeskunde






NWU-prof ontvang SA Akademie-prys vir geneeskunde


POTCHEFSTROOM - Prof Est Vorster, Direkteur van die Africa Unit for Transdisciplinary Health Research (AUTHeR) by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) ontvang op 22 Junie die Havengaprys vir Geneeskunde van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die oorhandiging vind plaas by die Sanlam Ouditorium, Universiteit van Pretoria.

Dit is nie net 'n uitsonderlike prestasie nie, maar ook 'n welverdiende erkenning vir 'n leeftyd van besondere nasionale en internasionale bydraes op die terrein van voeding, s prof Nico Malan van die Skool vir Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe op die Potchefstroomkampus.

Prof Vorster se meer as 200 publikasies in wetenskaplike tydskrifte en die aflewering van 27 doktorsgraad studente getuig van 'n oorspronklike en produktiewe navorsingsloopbaan van ho gehalte.

Sy dien op verskeie internasionale komitees en groepe wat globale beleid oor openbare gesondheidsvoeding bepaal. Sy is reeds ses keer op ekspert-konsultasieliggame van die Wreldgesondheidsorganisasie (WGO) en die Voedsel- en Landbou-organisasie (Engels: FAO) aangestel. Sy word gereeld genooi om as gasspreker of voorsitter by internasionale kongresse dwarsoor die wreld op te tree. Hierdie uitnodigings en aktiwiteite spruit uit die erkenning wat sy geniet vir haar insig in en in-diepte-navorsing oor voeding en fisiologie in Suid-Afrika.

Die Havengaprys is 'n jaarlikse prestigeprys wat toegeken word vir oorspronklike navorsing op natuurwetenskaplike en/of tegniese gebied. Dit word in agt vakgebiede toegeken, en roteer al om die drie jaar om die volgende vakgebiede in te sluit: wiskundige wetenskappe, fisika, geneeskunde (eerste jaar); chemiese wetenskappe, biologie,  ingenieurswese en boukunde (tweede jaar); en geologie en  landbouwetenskappe (derde jaar).

Die vereistes by die beoordeling van kandidate is eerstens navorsingspublikasies en tweedens bewys van die bevordering van Afrikaans. Ander prestasies in belang van die wetenskap word ook in aanmerking geneem.


Foto: Prof Est Vorster

