Beste MBA-student aangewys






Beste MBA-student aangewys

POTCHEFSTROOM - Die Potchefstroomse Besigheidskool (PBS) het vanjaar 126 MBA-grade toegeken.

Me Jeanette Robberts, hoofrekenmeester van Chemiese Besigheid by Sasol, is onlangs tydens 'n glansgeleentheid as die beste student aangewys, en het 'n Ou Mutual goue medalje ontvang. Tydens haar driejaar-studie het sy 'n gemiddeld van 78 persent gehandhaaf.

Me Robberts is ook as die beste student in Algemene Bestuur, Ekonomie, Bestuursrekeningkunde en Produksiebestuur aangewys. Sy was ook deel van die groep wat die beste werkstuk ingehandig het.

Mnr Petrus van der Walt, Hoof Uitvoerende Beampte van Persoonlike Bankdienste by ENB, het ges 'n sakeloopbaan is 'n konstante reis na sukses wat dikwels eensaam, maar ook bevredigend kan wees. Hy het studente aangemoedig om hul ervaring van hul studies te gebruik om 'n sukses van hul loopbane te maak.

Die PBS het die afgelope jaar van krag tot krag gegaan, met 'n 30%-toename in studentegetalle. Die PBS is ook onlangs onder die vergrootglas geplaas en gevalueer op grond van hul graduandi se ervaring van die program.

In 'n vergelykende opname met twaalf geakkrediteerde besigheidskole is die PBS as een van die leiers binne die Suid-Afrikaanse industrie geplaas.

Prof Tommy du Plessis, direkteur van die PBS, s talle strategiese veranderinge is aangebring om die kwaliteit van hul MBA-program te verbeter sedert die Onderwysdepartement se herakkreditasie van MBAs twee jaar gelede.

Hy s die PBS beywer hom om praktiese besigheidsoplossing te bied en hogehalte professionele bestuurders op te lei. Die fokuspunt is die aanbieding van 'n kursus wat relevant, prakties en toepaslik is binne die hedendaagse sakewreld.




FOTO: Van links is mnr. Andile Ncontsa, Hoof: Belanghebber-verhoudinge,  Ou Mutual; me Jeanette Robberts (beste student); mnr Petrus van der Walt, Hoof Uitvoerende Beampte: Persoonlike Bankdienste, ENB; prof Annette Combrink, Rektor: Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit; en prof Tommy du Plessis, Direkteur: PBS.

