NWU-lektor stimuleer kreatiewe idees






NWU-lektor stimuleer kreatiewe idees

POTCHEFSTROOM - Een van die wyses waarop akademici van die Noordwes-Universiteit hul kennis terugploeg in die gemeenskap, is deur boeke te skryf. Grafiese ontwerpers en ander kreatiewe persone kan nou baat  by dr Hanri de la Harpe se boek, CREATIVE INTELLIGENCE: the designer's creativity handbook, wat onlangs op die rakke verskyn het.

Dr De la Harpe is 'n senior lektor by die Skool vir Grafiese Ontwerp aan die Potchefstroomkampus en haar boek spruit voort uit haar doktorsgraadstudie. Dit word bestempel as 'n selfhelpgids vir mense wat betrokke is by kreatiewe werk, en is ook geskik om as handboek te dien vir kursusse op tersire vlak.

Dr De la Harpe het in haar proefskrif, wat die basis vir die boek vorm, 'n unieke metodologie ontwerp vir die sistematiese en strategiese bevordering van kreatiwiteit in grafiese-ontwerp-opleiding op universiteitsvlak.  In die boek word wenke  met voorbeelde en praktiese illustrasies  uiteengesit, onder meer oor hoe om die kreatiewe proses effektief te bestuur. Die vernaamste voordeel van die boek is die ideevormingstegnieke wat studente en professionele ontwerpers heelwat tyd behoort te bespaar.

Dr Piet Muller, PhD-nasiener, beskou die boek as baanbrekerswerk wat 'n belangrike invloed sal h oor hoe grafiese ontwerp geleer en toegepas kan word en hoe ontwerpateljees in die toekoms bestuur sal word.



 Dr Hanri de la Harpe.

