NWU ontvang silwer vir op en wakker beursadministrasie






NWU ontvang silwer vir op en wakker beursadministrasie

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs 'n silwer sertifikaat van die Nasionale Finansilehulpskema vir Studente (Engels: NSFAS) ontvang vir die wyse waarop hierdie instelling die administrasie rondom die NSFAS-beurse hanteer.

Mnr Danie Hefer, Hoof: Finansile Steundienste, het die toekenning tydens die jaarlikse NSFAS-kongres in Kaapstad namens die NWU in ontvangs geneem.

Sover bekend is dit die eerste keer dat ons kantoor 'n toekenning tydens die galadinee by die Kongres ontvang, hoewel ons hantering van die administrasie van die beursaansoeke en kwaliteit van eise wat ingedien word, die afgelope paar jaar konstant as uitstekend gegradeer is, s mnr Hefer.

Finansile Steundienste is institusioneel verantwoordelik vir al drie kampusse se NSFAS- administrasie. In 2006 het ongeveer 2 500 studente van die NWU by NSFAS-fondse gebaat. Die Universiteit se toekenning uit NSFAS-fondse vir 2007 beloop R52 021 000 .

NSFAS is 'n staatsorganisasie wat fondse bestuur wat deur die Tesourie bewillig word om studente wat potensiaal het, maar van wie die ouers nie oor die nodige finansile middele beskik nie, te help om hul studies te finansier. Dit is 'n beurs-leningskema en, onderhewig aan die student se akademiese rekord elke jaar, kan tot 40% van die lening as 'n beurs afgeskryf word. Die balans is teen 7% rente terugbetaalbaar as die student afgestudeer het. Die skema was voorheen bekend as Tefsa.

Tydens die onthaal het die Universiteit van Johannesburg 'n goue en die Universiteit van KwaZulu-Natal 'n brons sertifikaat ontvang.




Mnr Danie Hefer het onlangs namens die NWU 'n silwer sertifikaat van die  Nasionale Finansilehulpskema vir Studente (Engels: NSFAS) in ontvangs geneem. By hom is me Naledi Pandor, Minister van Onderwys, en mnr Sipho M Pityana, voorsitter van die NSFAS-raad.


