Biobrandstofnavorsing kry turbo-inspuiting






Biobrandstofnavorsing kry turbo-inspuiting


POTCHEFSTROOM - Prof Sanette Marx van die skool vir chemiese en mineraalingenieurswese n uitsonderlike prestasie behaal deurdat sy die mede-leerstoel in biobrandstofnavorsing verkry het.

Die aanstelling is deur die South African Energy Resource Institute (Saneri) gemaak en behels die kordinering en leiding van bio-etanolnavorsing by die skool.

Prof Marx ontvang jaarliks n bedrag van R1,5 miljoen vir die volgende vyf jaar, met n verdere R500 000 vir studentebeurse. Dit beteken dus dat daar n hegter samewerking met navorsers op die Mafikengkampus sal wees om te verseker dat voorheen benadeelde studente ook toegang tot topnavorsing kan kry.

Die vernaamste doelwit van haar navorsing is om vas te stel watter graanprodukte of selfs ander afvalprodukte voldoende etanol kan lewer om in die energiebehoeftes van die land te kan voorsien. Uit die afgelope jaar se navorsing is al altesame drie patente vir registrasie voorgel en n wye reeks moontlike bronne vir etanol, buthanol en selfs diesel is al ondersoek.

Prof Marx werk reeds met een swart nagraadse student en twee laboratoriumassistente wat haar in die toenemende vraag na navorsing op die gebied bystaan.

Haar werk is deel van navorsing van die hub-en-spoke-model van biobrandstofnavorsing wat by Stellenbosch Universiteit, haar alma mater, gedoen word.



Prof Sanette Marx in haar laboratorium wat nou n die Saneri-toekenning aansienlik uitgebrei sal word.

