Nel vereer met eerste Huberte Rupert-prys






Nel vereer met eerste Huberte Rupert-prys


POTCHEFSTROOM - Prof Werner Nel, sangdosent by die skool vir musiek aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstoomkampus, is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met die Huberte Rupert-prys vir klassieke musiek.

Prof Nel is die eerste ontvanger van die gesogte prys wat verlede jaar ingestel is. Vanjaar het die soeklig veral geval op uitnemende prestasie in die opvoeding van klassieke kunstenaars en - in die Potchefstroomkampus-professor se geval - sangers in die klassieke genre. Hy is die afgelope dertig jaar volgehoue betrokke en lewer n uitmuntende bydrae tot die opleiding van jong sangers in Suid-Afrika.

Die SA Akademie se Keurkomitee vir die uitvoerende kunste het by die toekenning in ag geneem dat prof Nel self een van Suid-Afrika se voorste konsert- en operasangers is. Sy operaloopbaan het in Gelsenkirchen, Duitsland begin. Hy het hoofrolle vertolk in n verskeidenheid oratoriums en operas van die wreld se grootste komponiste en het ook besondere bekendheid verwerf as uitvoerder van Duitse en Afrikaanse kunsliedere.

Ook deur sy studente het prof Nel groot roem verwerf. Van hulle het in die bekendste operahuise in die wreld opgetree en het ook internasionale en nasionale pryse gewen. Hulle sluit onder meer die volgende in: Kobie van Rensburg (Mnchen, Duitsland), Sally du Randt, Erica Eloff, Andr Howard (Stellenbosch), Jacques Imbrallo, Wilhelm Theunissen (Wallis), Mandie de Villiers (Oslo, Noorwe), Tina Tshupane (Londen), Ernst Labuschagne (Zrich, Switserland) en Chris Mostert (St.Gallen, Switserland). Imbrallo is een van 25 genooide deelnemers aan die Cardiff Singer of the World-kompetisie wat eersdaags gehou word en wat deur Nel bygewoon sal word.

Op die gebied van die populre musiek was Rina Hugo en Charl van Heyningen onder meer van prof Nel se leerlinge. In 2001 het die Aardklop-kunstefees n spesiale prys aan Nel toegeken vir sy uitstaande diens aan musiek en veral opera in Suid-Afrika. Hy is n gerekende beoordelaar by sangkompetisies in Suid-Afrika en elders in die wreld.

Die Huberte Rupert-prys is in 2006 ingestel en word geborg deur die Rupert Stigting. Die prys sal op 22 Junie 2007 tydens die Akademie se bekroningsplegtigheid in Pretoria oorhandig word.






Prof Werner Nel is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met die Huberte Rupert-prys vir klassieke musiek.

