NWU is gasheer vir SARIMA-konferensie






NWU is gasheer vir SARIMA-konferensie

POTCHEFSTROOM - Die vyfde jaarlikse konferensie van die Suider-Afrikaanse Navorsings- en Innovasiebestuur-vereniging (SARIMA) is onlangs deur die Noordwes-Universiteit (NWU) aangebied en is deur 110 afgevaardigdes van 15 lande bygewoon.

Die tema van die Konferensie was Navorsings- en Innovasiebestuur: Sleutel tot Voorspoed.

In sy openingstoespraak het dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU, aan afgevaardigdes van lande soos Ghana, Kenia, Sierra Leone, Canada, die VSA en die VK ges hy glo dat innovasie 'n nuwe manier van kyk en doen is wat tot waardetoevoeging lei. Een van die NWU se strategiese prioriteite is om 'n voortreflike universiteit in Afrika te word, gedrewe deur die strewe na kennis en innovasie, het dr Eloff ges.

Hy ondersteun die standpunt dat leer kennis voed, en dat kennis tot innovasie lei. Innovasie gee aanleiding tot verandering, wat op sy beurt weer die leerproses bespoedig, en daarmee die virtuele innovasie-siklus voltooi.

Hy het bygevoeg dat dit baie belangrik is om na die kritiese faktore te kyk wat 'n rol speel in die bevordering van innovasie. So moet 'n instelling se prosesse byvoorbeeld innovasie ondersteun. Daar behoort ook insentiewe te wees om innovasie aan te moedig.

Die subtemas van die Konferensie was Die bestuur van navorsing en ontwikkeling, Bestuur vanaf die akademiese idee tot kommersile uitset, Beste praktyk in navorsings- en innovasiebestuur en Gevallestudie oor navorsings- en innovasiebestuur.

Die hoofspreker by die Konferensie was me Sara Farley, 'n wetenskap- en tegnologiestrateeg by die Wreldbank, VSA. Haar voorlegging se titel was Die globale wetenskapsnetwerk: hoe om daaruit te put.

SARIMA het in 2002 tot stand gekom en is betrokke by die fasilitering en ontwikkeling van alle aspekte van navorsing en innovasie.



Die SARIMA-konferensie, aangebied deur die Noordwes-Universiteit, is deur 110 afgevaardigdes van 15 lande bygewoon.

