Noordwes-Universiteit wys Raadsvoorsitter aan






Verklaring uitgereik deur Shamiela Letsoalo (Link: mailto:bkksl@puk.ac.za), 12 Februarie 2004

Noordwes-Universiteit was vandag die eerste van die hor onderwysinstellings wat saamgesmelt het om in 2004 'n voorsitter en ondervoorsitter vir sy raad aan te wys.  Tydens die raadsvergadering is mnr Litha Nyhonyha, Hoof Uitvoerende Beampte van NBC Holdings aangewys as voorsitter van die Universiteitsraad.  Mnr Nyhonyha dien op altesaam agt rade waaronder meer die rade van Energy Africa en die voormalige Universiteit van Noordwes.  Hy is ook lid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters.

Me Lydia Sebego, Adjunk-direkteur generaal van die departement Openbare Werke en Paaie in die Noordwes Provinsie is ondervoorsitter van die Raad.  Sy was vroer adjunk-direkteur van die departement van Onderwys in die Noordwes-Provinsie.

Die ander twee lede van die uitvoerende komitee in die raad is dr. Leon Wessels, lid van die Menseregtekomitee en voorsitter van die raad van die voormalige Potchefstroomse Universiteit en dr. Johan van Zyl, president en hoof uitvoerende beampte van Toyota Suid-Afrika.

Daar is tydens vandag se vergadering gekyk na die proses om 'n kanselier en vise-kanselier vir Noordwes-Universiteit teen einde Mei vanjaar aan te wys.  Die voorgestelde statuut vir die nuwe instelling is ook op vandag se vergadering bespreek.

Die samestelling van die nuwe raad van Noordwes-Universiteit weerspiel die transformasie van hor onderwys in Suid-Afrika en aanvaar die uitdagings wat vir die instelling as 'n ware Suid-Afrikaanse Universiteit voorl.

