Aanhangsel D
Die doel van die Tshwane-markverordening is om wetsmiddele aan die Stad Tshwane te verskaf aan die hand waarvan alle bedryfs-, sake- en toevallige aktiwiteite by die Tshwane-mark hanteer kan word.
AANHEF
AANGESIEN die Grondwet, tesame met die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, asook verskillende ander wetsdokumente gelees, die Stad Tshwane magtig om die dienste van 'n varsproduktemark te administreer en te lewer;
EN AANGESIEN die Grondwet die plaaslike regering gelas om ontwikkelend op te tree en die diensleweringprioriteite van die Republiek van Suid-Afrika aan te pak en die ekonomiese en finansiële lewensvatbaarheid van die breër gemeenskap te bevorder;
EN AANGESIEN daar 'n behoefte bestaan om die plaaslike regering toegang tot 'n toereikende en florerende bron van inkomste te gee om sy ontwikkelingsverantwoordelikhede na te kom;
EN AANGESIEN dit uiters belangrik is dat munisipaliteite hul grondwetlike oogmerke bereik en die diskriminerende wette van die verlede uitwis;
EN AANGESIEN dit noodsaaklik is dat munisipaliteite hul mag in 'n oop en demokratiese gemeenskap uitoefen met die nodige inagneming van goeie korporatiewe bestuur, die beginsels van aanspreeklikheid en deursigtigheid, en die Batho Pele-beginsels;
SAL DIE STAD TSHWANE DIE TSHWANE-MARKVERORDENING VERVAT IN HIERDIE DOKUMENT, UITVAARDIG.
UITEENSETTING VAN DIE VERORDENING Afdeling
Definisies
Geslag
Markdae en -ure
Risiko van wins en verlies
Beheer en risiko van 'n landbouproduk
Pak, stapel en uitstal van 'n landbouproduk
Koelbewaring en rypmaking
Berging
Landbouprodukte ongeskik vir menslike gebruik
Markagente en hul werknemers
Outomatiese verstryking van 'n markagent se lisensie
Verkoopspersone
Markagente en vloerverkope
Beskermende en korporatiewe klere
Markagente se naamborde
Vloerverkope
Betaling
Kommissie op verkope
Afhaal en verwydering van landbouprodukte
Versuim van koper
Dispuut tussen koper en markagent
Verpligtinge van 'n markagent
Karweiers
Stootkarretjies
Terugtrek van 'n karweier se permit
Aanspreeklikheid van karweiers
Private stootkarretjies en trollies
Voertuie, motorfietse en trapfietse
Klein- en groothandelaars
Besendings direk aan groothandelaars
Magte van Stadsbestuurder
Verkope aan werknemers van die Stad Tshwane
Fooie
Kwytskelding van aanspreeklikheid
Oortredings en boetes
Herroeping van die Pretoria Munisipale Markverordening
Woordomskrywings
In hierdie verordening, tensy dit uit die samehang anders blyk, beteken -
aangewese gebied" die kontrolepunt soos van tyd tot tyd deur die Stadsbestuurder bepaal waar die afsender sal verklaar of 'n landbouproduk by die Tshwane-mark afgelewer kan word;
afsender" die hoofpersoon of eienaar wat, ten tye van aflewering aan die markagent, die risiko van wins of verlies van 'n landbouproduk dra;
bank" 'n openbare maatskappy geregistreer as a bank ooreenkomstig die Wet op Banke, 1990 (Wet 94 van 1990);
direkte verkope" die verkoop van 'n landbouproduk wat tussen die afsender van die landbouproduk en 'n groot- of kleinhandelaar op die mark se perseel plaasvind;
fooie" die koste, bedrag of tarief wat die Stad Tshwane ingevolge die Wet op Munisipale Stelsels vir 'n munisipale funksie of diens hef;
getrouheidsfondssertifikaat" die getrouheidsfondssertifikaat wat ooreenkomstig artikel 16 van die Wet uitgereik is;
Grondwet" die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;
groothandelaar" 'n persoon, behalwe 'n markagent, wat 'n diensvlak- of enige ander ooreenkoms met die Stad Tshwane het wat die persoon toelaat om 'n groothandelsonderneming op die markperseel te bedryf, mits hy nie goedere oor die toonbank aan die algemene publiek verkoop nie;
karweier se permit" 'n permit deur die Stadsbestuurder ooreenkomstig artikel 25 van die Wet uitgereik;
karweier" iemand in eie diens wat gehuur word om 'n landbouproduk by die mark te karwei;
kleinhandelaar" 'n persoon, bo en behalwe 'n markagent, wat 'n diensvlak- of ander ooreenkoms met die Stad Tshwane het om 'n sake-onderneming op die markperseel te bedryf;
koper" enige persoon wat die houer is van 'n koperskaart wat deur die markadministrasie uitgereik is en 'n landbouproduk by die mark koop;
kredietfasiliteit" 'n rekening wat deur die Stadsbestuurder goedgekeur is en die rekeninghouer toelaat om 'n landbouproduk op krediet by die mark te koop;
landbouproduk" die items soos in Deel A van Skedule 1 gespesifiseer, of enige item wat ooreenkomstig artikel 1 van die Wet daarby gevoeg word;
markadministrasie" die behoorlik aangestelde bestuurspan wat die mark namens die Stad Tshwane bestuur;
markagent" 'n agent soos omskryf in artikel 1 van die Wet wat deur die Stad Tshwane toegelaat word om op die markvloer van die Tshwane-mark sake te doen;
markagentlisensie" 'n markagent se lisensie wat ingevolge artikel 11 van die verordening uitgereik is;
markperseel" die vaste eiendom geleë te DF Malan-rylaan, Pretoria-Wes, insluitend enige ander eiendom of perseel wat deur die Stad Tshwane vir die bedryf van 'n varsproduktemark of enige ander bykomende onderneming(s) geoormerk is;
markproduk" -
met betrekking tot markagente, 'n landbouproduk; en met betrekking tot groot- en kleinhandelaars, 'n landbouproduk en enige item of produk wat skriftelik deur die Stadsbestuurder goedgekeur is en op die markperseel te koop aangebied word;
marksaal" 'n area op die markperseel wat vir die uitstal en verkoop van 'n landbouproduk toegesê is;
markvloer" die vloerarea van 'n marksaal op die perseel van die mark wat uitsluitlik vir handeldrywing deur markagente gebruik word;
operasionele eenheid" 'n meganiese voertuig of toestel wat battery-, gas­of petrolaangedrewe is, en die volgende insluit:
a 'n vurkhyser b 'n skoonmaak- of waseenheid of -toestel c 'n instandhoudingseenheid of -toestel persoon" 'n natuurlike persoon en sluit enige regsentiteit in wat deur die wet erken word;
Raad" die Raad van die Stad Tshwane;
Stad Tshwane" die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit, gestig deur Algemene Kennisgewing 6770 in die Buitengewone Provinsiale Koerant 141 van 1 Oktober 2000 ooreenkomstig die Wet op Munisipale Strukture, en daaropvolgende proklamasies ingevolge daarvan;
Stadsbestuurder" die persoon wat as munisipale bestuurder deur die Stad Tshwane aangestel is, of sy behoorlik gemagtigde benoemde;
verkoopspermit" 'n permit wat ooreenkomstig artikel 13 uitgereik is;
verkoopspersoon" 'n persoon met 'n verkoopspermit wat deur die Stadsbestuurder uitgereik is, en 'n getrouheidsfondssertifikaat wat ooreenkomstig die Wet deur die Raad op Landbouprodukte-agente uitgereik is, en wat op die markvloer sake doen;
verkoopstrokie" 'n strokie wat ooreenkomstig artikel 19 uitgereik is;
vloerverkope" die verkope wat op die vloer van die mark tussen 'n markagent en enige derde party plaasvind;
voertuig" enige meganiese, rybare eenheid of toestel, insluitend maar nie beperk tot 'n trapfiets nie, wat vir die vervoer van mense of goedere bedoel is, en insluitend enige ander eenheid of toestel wat vir operasionele doeleindes by die mark gebruik word, maar 'n operasionele eenheid uitgesluit;
Wet op Munisipale Stelsels" die Plaaslike Regering: Wet op Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000), soos gewysig;
Wet op Munisipale Strukture" die Plaaslike Regering: Wet op Munisipale Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998), soos gewysig; en
Wet" die Wet op Landbouprodukte-agente, 1992 (Wet 12 van 1992), soos gewysig.
Geslag
Enige verwysing na 'n geslag in hierdie verordening sluit die teenoorgestelde geslag en enige ander regspersoon wat deur die wet erken word, in.
Markdae en -tye
Die mark moet op die dae en tye oop wees soos wat die Stadsbestuurder van tyd tot tyd bepaal.
Onderworpe aan onderafdeling , mag daar slegs gedurende die tye wat deur die Stadsbestuurder bepaal is, op die markvloer handel gedryf word.
n Verkooptransaksie op die vloer mag slegs nauurs, soos in onderafdeling genoem, plaasvind indien goedkeuring vooraf van die Stadsbestuurder verkry is.
n Markagent mag 'n landbouproduk op 'n ander manier as op die markvloer verkoop slegs met die vooraf goedkeuring van die Stadsbestuurder, mits die landbouproduk wat so verkoop word eers as voorraad op die markstelsel vasgelê word, waarna 'n behoorlike verkoopstrokie vir die verkooptransaksie deur die betrokke markagent geskep word, en verder, mits die fooie vir die transaksie ooreenkomstig paragraaf 20 hier onder aan die Stad Tshwane betaal is.
Risiko van wins en verlies
Die risiko van wins en verlies verbonde aan 'n landbouproduk wat na die markperseel gebring word, moet te alle tye die alleenverantwoordelikheid van die afsender van die landbouproduk wees. Niks wat in hierdie afdeling gestel word, mag só geïnterpreteer word dat dit die markagente onthef van hul verantwoordelikheid vir die nakoming van hierdie verordening nie, mits die Stadsbestuurder gemagtig is om na goeddunke enige eis minder as R100 000,00 te erken en te betaal; en verder, mits enige eis bo hierdie bedrag vir oorweging na die Raad verwys sal word.
Beheer en risiko van 'n landbouproduk
Enige landbouproduk wat te koop aangebied word, moet, voor dit op die markvloer gebring word, geregistreer word by -
die Stad Tshwane op die wyse en in die formaat soos deur die Stadsbestuurder voorgeskryf; en die markagent aan wie die landbouproduk gelewer word, soos in onderafdeling hier onder beskryf.
n Landbouproduk wat na die markperseel gebring word maar nie op die markvloer te koop is nie, moet as sodanig en ooreenkomstig onderafdeling verklaar en geregistreer word, by gebrek waaraan die markadministrasie die landbouproduk mag wegwys en verhoed dat dit op die markperseel gebring word.
Tesame met die registrasie waarna in onderafdeling verwys is, moet nadere besonderhede van 'n landbouproduk wat deur 'n afsender by die bestemde area afgelewer word, soos van tyd tot tyd deur die markadministrasie verlang, verskaf word.
Wanneer 'n landbouproduk aan 'n markagent afgelewer word, moet die markagent -
by aflewering van die landbouproduk teken om ontvangs daarvan te erken, en ook die datum en tyd van die aflewering aandui;
n besendingsnommer toeken gebaseer op die inligting wat in onderafdeling verlang word, en 'n ontvangsbewys aan die markadministrasie verskaf;
onverwyld al die nodige reëlings tref om die landbouproduk af te laai en in die ruimte of afgekampte area te pak wat vir die landbouproduk aan hom toegeken is; en aanspreeklikheid teenoor die afsender aanvaar vir die hoeveelheid landbouprodukte wat in die vereiste dokumente gespesifiseer is.
Indien enige persoon nalaat of weier om aan die bepalings van onderafdeling of 3 te voldoen, mag die Stadsbestuurder die landbouproduk van die hand wys en verhoed dat dit op die markperseel gebring word.
Die bepalings van onderafdeling en is nie op die landbouproduk waarna in onderafdeling en afdeling 5 verwys is, van toepassing nie.
Verpakking, stapeling en uitstal van landbouprodukte n Markagent moet tot die tevredenheid van die Stadsbestuurder -
alle landbouprodukte wat hy ontvang, behalwe dié wat in die koelbewaringsfasiliteit gehou word soos genoem in afdeling 7, ooglopend op die markvloer uitstal, plaas en stapel sodat dit netjies lyk en bevorderlik vir 'n gesonde en veilige omgewing is;
by die afsluiting van die dag se verkope, al die onverkoopte landbouprodukte herstapel en uitstal soos beskryf in paragraaf (a) hier bo.
Koelbewaring en rypmaking
Die Stad Tshwane mag, na die Stadsbestuurder se goeddunke, -
koelbewaringsfasiliteite en rypmaakkamers op die markperseel vestig, inrig en bedryf; en fooie hef vir die gebruik van die koelbewaringsfasiliteite en rypmaakkamers, soos van tyd tot tyd deur die Raad bepaal.
Enige persoon wat enige koelbewaringsfasiliteit of rypmaakkamer soos omskryf in onderafdeling , of enige ander fasiliteit van die Stad Tshwane op die perseel van die Tshwane-mark, gebruik, doen dit op eie risiko, en die Stad Tshwane is nie vir enige persoonlike verlies of skade, hetsy direk of indirek, aanspreeklik nie, op voorwaarde dat die Stadsbestuurder die reg het om na goeddunke enige eis insake verlies of skade ooreenkomstig afdeling 4 te erken, as die verlies of skade veroorsaak is deur enige -
onderbreking of fout in elektrisiteitstoevoer; of onderbreking of fout in masjinerie of toerusting; of optrede of versuim van 'n werknemer van die Stad Tshwane in die uitvoer van sy pligte.
Berging
Geeneen mag sonder die geskrewe vooraf goedkeuring van die Stadsbestuurder enige landbouproduk, artikel, item of voorwerp van enige aard op of naby die markperseel berg of los nie.
Geeneen mag sonder die geskrewe vooraf goedkeuring van die Stadsbestuurder enige landbouproduk, artikel, item of voorwerp van enige aard in die bergings- of ander fasiliteite wat deur die Stad Tshwane op die markperseel verskaf is, berg nie.
Enige persoon wat nie die bepalings van onderafdeling en nakom nie, ongeag enige ander bepalings in hierdie verordening, is aanspreeklik vir die betaling van bergingskoste aan die Stad Tshwane, soos van tyd tot tyd deur die Raad vasgestel.
Indien die Stadsbestuurder bo redelike twyfel vermoed dat enige landbouprodukte wat op die markperseel gelos is, onopgeëis is, mag hy opdrag gee dat die landbouproduk -
verkoop word indien dit onbeskadig en geskik vir menslike gebruik is; of verwyder en vernietig word indien dit beskadig en ongeskik vir menslike gebruik is.
verkoop word, sal die Stad Tshwane die opbrengs daarvan, minus die fooie wat van tyd tot tyd deur die Raad vasgestel word, aan die persoon wat op die opbrengs geregtig is, oorbetaal, indien sy identiteit bekend is;
verwyder en vernietig word, sal die Stad Tshwane die fooie daarvoor, wat van tyd tot tyd deur die Raad vasgestel word, van die persoon wat vir die onopgeëiste landbouproduk verantwoordelik is, invorder, indien sy identiteit bekend is;
verkoop word en die identiteit van die persoon wat op die opbrengs geregtig is, is onbekend, sal die opbrengs inbetaal word in die trustrekening van die markagent wat in beheer van die produk was net voordat dit onopgeëis geraak het, of, indien dit nie met sekerheid vasgestel kan word wie die markagent was wat in beheer van die produk was net voordat dit onopgeëis geraak het nie, sal die opbrengs inbetaal word in die afsonderlike rekening van die mark, waarna in artikel 79 (a) van die Ordonnansie op Plaaslike Besture, 1939 (Ordonnansie 17 van 1939), verwys word, vir gebruik soos in daardie artikel omskryf word.
Landbouprodukte ongeskik vir menslike gebruik
Indien daar redelike gronde vir die Stadsbestuurder is om aan te neem dat -
enige landbouproduk wat op die markvloer te koop aangebied word, besmet of beskadig of ongeskik vir menslike gebruik is, sal hy onmiddellik die landbouproduk onttrek en vernietig;
n houer moontlik die landbouproduk daarin of enige ander landbouproduk, indien enige, kan besmet, sal hy onmiddellik die houer en landbouproduk onttrek en vernietig.
Markagente en hul werknemers
Geeneen mag 'n onderneming as 'n markagent by die mark bedryf nie, mits hy die houer is van 'n -
Aansoek om 'n markagentlisensie moet op die toepaslike vorm, beskikbaar by die markadministrasie se kantore op die markperseel, gemaak word. Hierdie vorm moet -
vergesel word van al die toepaslike besonderhede en dokumente wat op die vorm vereis word, en ook die aansoekgeld wat die Raad van tyd tot tyd vasstel; en per pos of per hand by die markadministrasie se adres wat op die vorm aangegee word, afgelewer word.
n Markagentlisensie mag deur die Stadsbestuurder aan 'n aansoeker uitgereik word indien -
daar na die Stadsbestuurder se mening genoeg ruimte op die markvloer vir die aansoeker se onderneming is;
die aansoeker die Stadsbestuurder oortuig het dat -
hy fiks, bevoeg en die regte persoon is om 'n markagentonderneming te bedryf, en dat hy aan die bepalings van die Wet en alle ander wetgewing oor markagente voldoen; en ii hy, die aansoeker, of enige een van sy direkteure, lede of vennote, of wat die geval ook al mag wees, geen direkte of indirekte belang het in enige ander onderneming van enige persoon aan wie 'n markagentlisensie uitgereik is nie;
die aansoeker tot die tevredenheid van die Stadsbestuurder, binne die tydperk en vir 'n bedrag wat deur die Stadsbestuurder vasgestel is, 'n waarborg aan die Stad Tshwane verskaf het dat hy voorsiening gemaak het vir die betaling van enige koste, fooie of deposito's van welke aard ook al wat aan die Stad Tshwane betaalbaar mag word, maar -
die Raad mag van tyd tot tyd die bedrag waarvoor die markagent die waarborg moet verskaf, verhoog, in welke geval die Stadsbestuurder die markagent skriftelik van die verhoogde bedrag in kennis sal stel; en ii die markagent moet die bykomende waarborg binne 30 dae van die kennisgewing waarna in subparagraaf (i) verwys is, aan die Stad Tshwane verskaf. Die bykomende waarborg moet die verskil dek tussen die verhoogde bedrag en die bedrag waarvoor die waarborg voorheen gestel is, en moet, tot die Stadsbestuurder se bevrediging, in die vorm van kontant of 'n bankwaarborg of 'n kombinasie van kontant en 'n bankwaarborg wees.
Indien die Stadsbestuurder van mening is dat die aansoeker nie aan een of meer van die bepalings in onderafdeling voldoen nie, sal hy weier om 'n markagentlisensie aan die aansoeker uit te reik, en sal hy die aansoeker skriftelik van die weiering in kennis stel. Indien die aansoeker vra dat die rede daarvoor skriftelik aan hom verstrek word, sal die Stadsbestuurder dit binne 30 dae verskaf.
Die Stadsbestuurder mag die markagent se lisensie terugtrek -
i indien sy getrouheidsfondssertifikaat ooreenkomstig artikel 16 van die Wet verval het, of teruggetrek of opgeskort is;
ii indien die markagent 'n maatskappy is waarvan die aandeelhouding verander het of 'n beslote korporasie is waarvan die lidmaatskap verander het of 'n vennootskap is waarvan die vennote verander het, maar die markagent nie vooraf die Stadsbestuurder se geskrewe goedkeuring van die verandering verkry het nie;
iii indien daar nie aan enige een of meer as een van die bepalings van afdeling 152, 24a tot e, 24fii en 24g en onderafdeling 3bii voldoen is nie;
iv indien die markagent sakebetrekkinge gesluit of sakebelange verkry het wat direk of indirek die mark se belange kan skaad, benadeel, belemmer of in gevaar stel;
en indien die Stadsbestuurder besluit om die markagent se markagentlisensie terug te trek, sal hy die markagent skriftelik van sy besluit in kennis stel. 'n Markagent wie se markagentlisensie teruggetrek is, moet, onderhewig aan die bepalings van afdeling 36, onverwyld sy bedrywighede as markagent staak, tensy hy interne appèl ooreenkomstig artikel 62 van die Wet op Munisipale Stelsels aangeteken het, in welke geval hy, onderworpe aan die voorwaardes deur die Stadsbestuurder gestel, met sy bedrywighede kan voortgaan totdat hy van die uitslag van sy appèl verwittig is.
Outomatiese verstryking van 'n markagent se lisensie n Markagent se lisensie is nie onderhandelbaar of oordraagbaar nie en verstryk outomaties en is van geen waarde nie indien -
die markagent 'n natuurlike persoon is en te sterwe gekom het of sy boedel insolvent verklaar is;
die markagent 'n maatskappy of 'n beslote korporasie is wat onder voorwaardelike of finale likwidasie geplaas is.
Verkoopspersone
Geeneen mag 'n onderneming op die markvloer bedryf nie mits hy die houer van 'n verkoopspermit is wat deur die Stadsbestuurder uitgereik is.
n Aansoek om 'n verkoopspermit moet deur die markagent namens die verkoopspersoon gedoen word deur die voorgeskrewe vorm in te vul wat by die markadministrasie se kantoor op die markperseel te kry is. Hierdie vorm moet -
van 'n aansoekfooi wat van tyd tot tyd deur die Raad vasgestel word, asook toepaslike besonderhede en dokumente soos op die vorm aangevra, vergesel wees; en per pos of per hand by die Stadsbestuurder se adres wat op die vorm aangedui is, afgelewer word.
n Verkoopspermit mag slegs aan 'n aansoeker uitgereik word indien hy die Stadsbestuurder oortuig het dat hy -
in diens van 'n gelisensieerde markagent is; en fiks, bevoeg en behoorlik gekwalifiseerd is om 'n onderneming as 'n verkoopspersoon op die markvloer te bedryf.
Indien die Stadsbestuurder van mening is dat 'n aansoeker nie aan een of meer as een van die bepalings van onderafdeling voldoen nie, sal hy weier om 'n verkoopspermit aan die aansoeker uit te reik en sal hy die aansoeker skriftelik van die weiering en van die redes daarvoor in kennis stel.
Terugtrek van 'n verkoopspermit n Verkoopspermit is nie onderhandelbaar of oordraagbaar nie. Die Stadsbestuurder sal die verkoopspermit van 'n verkoopspersoon terugtrek indien -
die verkoopspersoon nie meer in diens van 'n markagent is aan wie 'n markagentlisensie ooreenkomstig afdeling 11 uitgereik is nie;
enige een or meer as een van die bepalings van afdeling 13 (b) nie nagekom is nie;
die verkoopspersoon enige van die bepalings van afdeling 15 , 24(a) tot (e), 24(f)(ii) of 24(g) tot (h) oortree.
Indien die Stadsbestuurder besluit om die verkoopspermit van 'n verkoopspersoon terug te trek, sal hy die markagent skriftelik van sy besluit in kennis stel. 'n Verkoopspersoon wie se verkoopspermit teruggetrek is, moet, onderhewig aan die bepalings van afdeling 36, dadelik sy bedrywighede as 'n verkoopspersoon staak, tensy hy ooreenkomstig artikel 62 van die Wet op Munisipale Stelsels, 2000, intern appèl aangeteken het, in welke geval hy, onderhewig aan die Stadsbestuurder se voorwaardes, met sy onderneming kan voortgaan totdat die uitslag van die appèl bekend gemaak is.
Markagente en vloerverkope n Markagent moet sy onderneming bedryf in ooreenstemming met die bepalings, beginsels en reëls van die Wet, die bepalings van hierdie verordening en enige ander beleide, prosedures en praktyke van die Stad Tshwane wat van tyd tot tyd gewysig kan word soos aangedui in briewe en omsendskrywes van die markadministrasie.
n Markagent sal sy onderneming bedryf -
op die markvloer, onderhewig aan die bepalings van afdeling 3 , mits die landbouproduk wat die markagent verkoop te alle tye op die amptelike stelsel van die markadministrasie vasgelê is; en slegs op 'n kommissie-basis, en hy mag nie by enige direkte verkope betrokke wees nie behalwe as in sy hoedanigheid as markagent.
Met die bedryf van sy onderneming mag 'n markagent slegs verkoopspersone toelaat om op die markvloer te verkoop.
Beskermende en korporatiewe klere n Markagent moet -
onderhewig aan die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993), die vereiste beskermende klere aan sy werknemers voorsien; en seker maak dat die beskermende klere voldoen aan die tersaaklike beleid van die Stad Tshwane.
Die markagent sal geeneen van sy werknemers toelaat om by die Tshwane­mark te werk tensy hulle die beskermende klere dra wat in onderafdeling beskryf word nie.
Markagente se naamborde n Markagent moet op eie koste -
n naambord op die deur van sy kantoor aanbring. Die naambord moet deur die Stadsbestuurder goedgekeur word en die naam van die markagent se onderneming moet daarop wees;
die naambord in 'n goeie toestand in stand hou; en die naam van sy onderneming in die marksaal vertoon nadat skriftelike goedkeuring daarvoor van die Stadsbestuurder verkry is.
Vloerverkope
Die partye betrokke by 'n verkooptransaksie moet die koper en die afsender van die betrokke markagent wees; die Stad Tshwane sal aan geen vloerverkope deelneem of enigsins aanspreeklik gehou word vir die behoorlike voldoening aan die bepalings en voorwaardes van die vloerverkope nie.
Indien 'n landbouproduk op die markvloer verkoop word -
volgens gewig, moet dit die netto gewig van die landbouproduk wees, en dit is die betrokke markagent se verantwoordelikheid om toe te sien dat, alvorens die landbouproduk te koop aangebied word, die korrekte netto gewig van die landbouproduk vertoon word -
op die landbouproduk; en ii op die houer as die landbouproduk in 'n houer is; en volgens 'n monster, moet die kwaliteit van die grootste gedeelte van die landbouproduk met die kwaliteit van die monster van die landbouproduk wat vertoon word, ooreenkom, en dit is die verantwoordelikheid van die betrokke markagent om seker te maak dat die kwaliteit van enige monster van die landbouproduk wat vertoon word, dieselfde is as dié van die grootste gedeelte van die landbouproduk.
Die Stadsbestuurder is geregtig daarop maar nie verplig nie om -
maatreëls te neem wat hy nodig mag ag om seker te maak dat die bepalings van hierdie afdeling of enige ander bepalings van hierdie verordening nagekom word; en n verbod in te stel dat 'n landbouproduk te koop aangebied word indien enige van die bepalings van hierdie verordening nie nagekom word nie.
n Landbouproduk op die markvloer mag slegs aan 'n koper verkoop word wat 'n geldige koperskaart het wat deur die markadministrasie uitgereik is.
Wanneer 'n kooptransaksie op die vloer plaasvind, moet die koper onmiddellik sy koperskaart aan die betrokke markagent toon en die markagent moet die besonderhede van die transaksie aanteken ooreenkomstig die vereistes wat die Stadsbestuurder van tyd tot tyd neerlê.
Betaling
Die koper van enige landbouproduk moet dadelik nadat die transaksie beklink is, die koopprys in kontant aan die Stad Tshwane betaal ooreenkomstig die vereistes van die Stad Tshwane.
Indien die koper van 'n landbouproduk ingevolge die finansiële regulasies of ander rekenkundige beleide of praktyke van die Stad Tshwane die houer van 'n kredietfasiliteit is, kan die koopprys aan die Stad Tshwane betaal word deur middel van en by voorlegging van die koperskaart waarna in afdeling 18 en verwys is.
a Die Stadsbestuurder kan 'n kredietfasiliteit aan 'n koper toestaan op voorwaarde dat die koper op sy eie koste 'n bank- of kontantwaarborg kry vir die bedrag wat die Stadsbestuurder bepaal, en die koopprys betaal -
voor 11:45 op die dag na die aankope;
ii voor 11:45 op die daaropvolgende Dinsdag as die aankope op die Saterdag plaasgevind het; of iii voor 11:45 op die volgende werksdag as die aankope op 'n dag voor 'n openbare vakansiedag plaasgevind het.
b Ondanks die bepalings van onderafdeling 3a, mag die Stadsbestuurder telkens uitstel vir die betaling van die koopprys aan die koper toestaan indien die koper skriftelik daarvoor aansoek doen en mits die uitstel onderworpe is aan die bepalings en voorwaardes wat in die kredietbeheerbeleid van die Stad Tshwane neergelê is.
Nadat betaling van die koopprys van 'n landbouproduk plaasgevind het, of krediet vir die betaling van die koopprys toegestaan is, moet die Stad Tshwane 'n koopstrokie aan die koper uitreik. Besonderhede en inligting soos van tyd tot tyd deur die Stadsbestuurder bepaal, moet op die koopstrokie aangedui word.
Indien die Stad Tshwane krediet aan 'n koper toestaan vir die aankoop van 'n landbouproduk, sal die Stad Tshwane, gelyktydig met die betaling waarna in afdeling 20 hier onder verwys word, 'n bedrag gelykstaande aan die bedrag waarvoor krediet toegestaan is, inbetaal in die trustrekening van die markagent wat vir die verkoping verantwoordelik was, en die Stad Tshwane sal geregtig wees op die onmiddellike invordering van die bedrag wat uit die waarborg betaal is wat aan die Stadsbestuurder ooreenkomstig onderafdeling van afdeling 19 verskaf is.
Kommissie op verkope
Die afsender moet aan die Stad Tshwane die fooi wat die Raad van tyd tot tyd sal bepaal, vir elke vloerverkooptransaksie wat hy aangaan, betaal,.
Die Stad Tshwane sal binne twee werksdae na die dag wat die vloerverkooptransaksie plaasgevind het, die fooi waarna in onderafdeling verwys is, van die opbrengs van die koopprys van elke vloerverkoping aftrek, en sal die saldo van die opbrengs op daardie transaksie aan die markagent betaal wat die verkooptransaksie beklink het.
Afhaal en verwydering van 'n landbouproduk n Koper moet, onderhewig aan die bepalings van onderafdeling , binne 'n redelike tyd na die afhandeling van die koop van 'n landbouproduk, al die landbouprodukte wat hy aangekoop het, afhaal en verwyder of laat afhaal en verwyder, maar die Stadsbestuurder mag, indien hy dit goed dink, uitsteltyd vir die afhaal en verwydering van 'n landbouproduk aan die koper toestaan.
n Koper of sy verteenwoordiger mag nie enige landbouproduk van die markvloer verwyder nie, tensy -
hy in besit is van 'n geldige verkoopstrokie vir 'n landbouproduk kyk afdeling 194; of toestemming vir die verwydering van die landbouproduk deur die Stadsbestuurder verleen is.
Versuim van koper
Indien 'n koper nie 'n koperskaart kan aanbied of die koopprys vir die aangekoopte landbouproduk kan betaal nie, kan die Stadsbestuurder opdrag gee dat die landbouproduk herverkoop kan word op 'n manier wat volgens hom gepas en raadsaam sal wees.
n Koper (soos dié van wie in onderafdeling gepraat is) is aanspreeklik vir die betaling van enige vergoeding aan die Stad Tshwane vir die verlies van fooie wat deur die herverkoop van die landbouproduk gely is, en die Stadsbestuurder het die reg om die koperskaart van die koper op te skort totdat die koste van die koper verhaal is.
Dispuut tussen die koper en die markagent
In die geval van 'n dispuut van welke aard ook al tussen 'n koper en 'n markagent oor die verkoop of verwydering van 'n produk, kan enige van die partye in die dispuut die dispuut na die Stadsbestuurder verwys, wat sal poog om dit op te klaar. Indien enige van die partye nie met die aanbeveling van die Stadsbestuurder tevrede is nie, kan daardie party sy aanspraak teen die ander party in die hof afdwingbaar laat verklaar.
Verpligtinge van 'n markagent n Markagent moet die volgende verpligtinge nakom:
Die markagent mag nie kontant of enige ander vorm van betaling van 'n koper ontvang nie.
Die markagent mag nie 'n koper toelaat om enige landbouproduk wat aangekoop is van die markvloer te verwyder nie, tensy die koper ooreenkomstig afdeling 19 in besit van 'n koopstrokie vir die landbouproduk is.
Die markagent mag nie enige landbouproduk in 'n houer verkoop wat nie aan die spesifikasies voldoen wat deur die Stadsbestuurder voorgeskryf is nie.
Die landbouproduk wat die markagent voorsien, moet wat kwantiteit, gewig, kwaliteit, graad, variëteit en verpakking betref, ooreenstem met die produk wat die koper gekoop het.
Die markagent het 'n verpligting teenoor 'n koper indien -
die kwantiteit, gewig, kwaliteit, graad, variëteit en verpakking van die landbouproduk wat die markagent voorsien nie ooreenstem met die produk wat die koper gekoop het nie; of ii n landbouproduk aan die hand van 'n monster gekoop is, en die landbouproduk wat deur die markagent voorsien word, wesenlik van die monster verskil.
Die markagent mag geen landbouproduk op die markvloer koop of toelaat dat sy werknemers dit koop met die doel om daardie landbouproduk op sy rekening te herverkoop of daarin handel te dryf nie.
Die markagent of enige van sy werknemers mag vir eie gebruik of verbruik enige landbouproduk op die markvloer koop teen 'n prys wat nie laer is nie as die prys waarteen die landbouproduk op dieselfde dag op die markvloer verkoop is.
Die markagent moet seker maak dat sy verkoopspersoneel die bepalings van hierdie afdeling en afdeling 15 nakom.
Karweiers
Geeneen mag as 'n karweier op die markperseel optree tensy hy by die Stadsbestuurder as 'n karweier geregistreer is en 'n karweierspermit het nie.
n Karweierspermit mag slegs na voorlegging van 'n bewys van identiteit en die betaling van 'n terugbetaalbare deposito aan die Stadsbestuurder, soos van tyd tot tyd deur die Raad bepaal, uitgereik word.
n Karweier moet te alle tye die behoorlike identifikasie en die klere dra wat deur die Stadsbestuurder aan geregistreerde karweiers uitgereik word en moet homself en sy klere skoon en netjies hou.
n Karweier mag nie -
wanneer hy nie karweidienste lewer nie, enige deel van die markperseel betree nie, behalwe die lokaal of ander area wat die Stadsbestuurder vir die karweiers opsy gesit het; en klante lok deur te skree of aan te hou om 'n koper of voornemende koper agterna te loop nie.
Stootkarretjies
Die Stad Tshwane mag slegs 'n stootkarretjie aan 'n karweier uitreik indien hy -
die kleredrag dra waarna in afdeling 25 verwys is;
n geldige karweierspermit het; en die terugbetaalbare deposito vir die verkryging van die stootkarretjie aan die markadministrasie betaal het, waarvan 'n gedeelte, soos bepaal deur die Raad, as gebruiksfooi afgetrek sal word.
a 'n Karweier moet te alle tye die kwitansie van die deposito waarna in onderafdeling 1c verwys is, by hom hê en moet op versoek van die Stadsbestuurder die kwitansie voorlê.
n Karweier mag nie meer as twee stootkarretjies op 'n slag trek nie.
n Karweier mag slegs 'n stootkarretjie gebruik wat deur die Stad Tshwane uitgereik is.
n Karweier is verantwoordelik vir die veilige gebruik van die stootkarretjie wat aan hom uitgereik is.
n Karweier moet seker maak dat die stootkarretjie wat aan hom uitgereik is, só gebruik word dat opsetlike en nalatige skade vermy word.
n Karweier mag nie 'n stootkarretjie aan 'n derde party onderverhuur nie.
Terugtrek van 'n karweier se permit n Karweierspermit is nie onderhandelbaar of oordraagbaar nie. Die Stadsbestuurder mag 'n karweier se permit terugtrek indien die karweier -
versuim om aan een of meer van die bepalings in afdeling 26 (a) en b of afdeling 262 te voldoen;
versuim om die deposito waarna in afdeling 26 (c) verwys is, te betaal; of n stootkarretjie op só 'n manier gebruik dat dit iemand kan beseer of eiendom kan beskadig.
Indien die Stadsbestuurder besluit om die karweier se permit terug te trek, sal hy die karweier skriftelik van sy besluit in kennis stel. 'n Karweier wie se permit teruggetrek is, verbeur die terugbetaalbare deposito waarna in afdeling 25 en 26 (c) verwys is, en hy moet, onderhewig aan die bepalings van afdeling 36, sonder versuim sy bedrywighede as 'n karweier staak, tensy hy interne appèl, soos in artikel 62 van die Wet op Munisipale Stelsels, 2000, voorgeskryf, aangeteken het, in welke geval hy, onderhewig aan die voorwaardes deur die Stadsbestuurder neergelê, sy bedrywighede mag voortsit totdat hy die uitslag van die appèl weet.
Aanspreeklikheid van karweiers n Karweier lewer sy karweidienste op eie risiko, en die Stad Tshwane is nie vir enige verlies van of skade aan 'n persoon of eiendom wat uit die karweidienste voortspruit, teenoor die karweier aanspreeklik nie.
Die Stad Tshwane is nie teenoor enige persoon vir enige verlies van of skade aan 'n persoon of eiendom wat deur 'n karweier in die uitvoering van sy karweidienste veroorsaak word, aanspreeklik nie.
Private stootkarretjies en trollies
Enigeen kan skriftelik by die Stadsbestuurder aansoek doen om 'n private stootkarretjie op die markperseel te gebruik, en goedkeuring daarvan sal nie onredelik teruggehou of vertraag word nie. Die Stadsbestuurder sal die aansoeker skriftelik van sy besluit in kennis stel, en indien goedkeuring verleen word, moet die persoon dié skriftelike goedkeuring by hom hê as hy op die markperseel is.
Voertuie, motorfietse en trapfietse
Buiten operasionele eenhede, mag geeneen 'n onderneming met 'n voertuig op die markvloer bedryf nie, mits hy weens gesondheidsredes of 'n gestremdheid nie sonder 'n voertuig kan rondbeweeg nie.
Geeneen mag 'n onderneming met 'n voertuig bedryf sonder die vooraf skriftelike goedkeuring van die Stadsbestuurder nie en onderhewig aan die voorwaardes wat deur die Stadsbestuurder neergelê is.
n Persoon wat goedkeuring ontvang kyk onderafdeling 2, moet streng by die voorwaardes, indien enige, hou, by gebreke waaraan die Stadsbestuurder die reg het om die goedkeuring terug te trek.
Geeneen mag -
enige kantoor, area, stalletjie of ander plek op die markperseel beset of daarvandaan handeldryf nie, tensy hy -
vooraf geskrewe goedkeuring, ooreenkomstig die goedgekeurde beleid van die Stad Tshwane, van die Stadsbestuurder verkry het; en ii vooruit enige huurgeld of fooi regmatig betaalbaar vir die kantoor, area, stalletjie of ander plek op die markperseel betaal het;
enige landbouproduk koop of verkoop nie, behalwe waarvoor voorsiening in dié verordening gemaak is;
n vuur op die markperseel aansteek sonder die goedkeuring van die Stadsbestuurder nie;
op enige landbouproduk op die markperseel staan of sit of daarteen leun nie;
n voorwerp na enige persoon of eiendom op die markperseel gooi nie;
met enige landbouproduk of houer, of enige etiket daarop, peuter of die etiket verwyder nie;
n blokkasie in of skade aan die riool- of stormwaterstelsel van die markperseel veroorsaak nie;
in enige ander area op die markperseel as dié wat daarvoor aangewys is, landbouprodukte was, skil, verpak, sorteer, gradeer of skoonmaak nie, tensy skriftelike goedkeuring daarvoor vooraf van die Stadsbestuurder bekom is;
met enigeen op die markperseel inmeng of enigeen molesteer nie;
met die aktiwiteite of die onderneming van enigeen op die markperseel inmeng of 'n steurnis vir enigeen wees nie;
na sluitingstyd die markperseel binnegaan of daar agterbly sonder die skriftelike goedkeuring van die Stadsbestuurder nie;
versuim of weier om 'n opdrag van die Stadsbestuurder om 'n item van die markperseel te verwyder of na 'n ander area op die markperseel te verskuif, uit te voer nie;
op die markperseel spoeg of rondhang, of dreigemente en onwelvoeglike, beledigende of aanstootlike taal gebruik of 'n steurnis veroorsaak nie;
op die markperseel onder die invloed van alkoholiese drank of 'n middel met 'n bedwelmende uitwerking wees of alkoholiese drank gebruik nie, behalwe op 'n perseel wat gelisensieer is om drank te verkoop;
enige eiendom of gebou op die markperseel beskadig of ontsier nie;
enige skille, groenteblare, vullis of ander afval op die markperseel stort nie, behalwe in die houers wat vir dié doel voorsien is;
met enige werknemer van die Stad Tshwane inmeng of hom verhinder om sy pligte uit te voer nie;
op die markperseel smous, ware verkwansel of bedel nie;
vullis, afval of afgekeurde landbouprodukte van die markperseel verwyder sonder die vooraf skriftelike goedkeuring van die Stadsbestuurder nie;
op die markperseel kos kook of drankies voorberei nie, behalwe in die areas wat daarvoor opsygesit is; en enige dier op die markperseel bring sonder die vooraf skriftelike goedkeuring van die Stadsbestuurder nie.
Klein- en groothandelaars
Die Stad Tshwane het die reg om enige deel van die markperseel vir die bedryf van 'n klein- of groothandelonderneming in markproduke uit te hou en mag vir daardie doel 'n ooreenkoms met 'n klein- of groothandelaar aangaan vir die verhuring van 'n tafel, stalletjie of area aan dié handelaar, na gelang van omstandighede, mits die klein- of groothandelaar en sy werknemers, na gelang van omstandighede -
die onderneming slegs in die deel van die markperseel bedryf wat volgens die huurooreenkoms vir dié doel aan hulle toegeken is;
slegs met die markprodukte wat in die huurooreenkoms gespesifiseer is, handel dryf; en nie die reg het om op die markvloer handel te dryf nie.
Besendings direk aan groothandelaars
Onderhewig aan die voorwaardes van afdeling 5 , mag geen groothandelaar 'n landbouproduk op die markperseel verkoop buiten dié wat op die verkopevloer te koop aangebied word nie.
n Groothandelaar mag, met die vooraf skriftelike goedkeuring van die Stadsbestuurder, 'n landbouproduk verkoop wat direk aan hom deur die afsender gestuur is, mits die fooi wat in afdeling 20 voorgeskryf is, gehef kan word, bereken op die gemiddelde markprys vir daardie landbouproduk op daardie dag of soos deur die Stadsbestuurder van tyd tot tyd bepaal.
Magte van die Stadsbestuurder
Die Stadsbestuurder het die reg om -
enige landbouproduk, artikel, item, voorwerp of ding op die markperseel van welke aard ook al, te inspekteer;
te verbied dat enige landbouproduk die markperseel verlaat indien hy 'n redelike vermoede het dat 'n persoon versuim het om aan die bepalings van afdeling 18 of of afdeling 19 te voldoen;
indien hy 'n redelike vermoede het dat 'n landbouproduk wat te koop aangebied word, gesteel is, verbied dat die landbouproduk verkoop word totdat hy tot sy bevrediging die eienaarskap van die landbouproduk vasgestel het;
enige dokumentasie of inligting oor enige aspek van die verkoop van 'n landbouproduk op die markperseel aanvra vir statistiese of ander wettige doeleindes, in welke geval die persoon aan wie die versoek gerig is die dokumentasie en inligting binne 'n redelike tyd aan hom moet voorsien;
enige persoon wat enige landbouproduk, artikel, item, voorwerp of ding na die markperseel gebring het wat ongerief of 'n obstruksie veroorsaak, versoek om die landbouproduk, artikel, item, voorwerp of ding te verwyder;
die skoonmaak, afstroop of skil van 'n landbouproduk op die markperseel of in enige deel van die markperseel te verbied; en enige opdragte wat hy nodig mag ag om die doeltreffende, doelmatige en behoorlike funksionering van die mark en die veiligheid en welstand van almal op die markperseel te verseker, welke opdragte deur 'n kennisgewing of kennisgewings op 'n kennisgewingsbord of -borde op prominente plekke op die markperseel gegee sal word, en deur almal wat die markperseel binnegaan, gehoorsaam en nagekom moet word.
Verkope aan werknemers van die Stad Tshwane
Werknemers van die Stad Tshwane wat by die mark geplaas of op enige manier by die mark betrokke is, mag enige landbouproduk koop, mits dit vir persoonlike gebruik of verbruik is, op voorwaarde dat die koopprys van die landbouproduk wat vir persoonlike gebruik of verbruik gekoop is, nie laer is as die prys waarteen die landbouproduk dieselfde dag op die markvloer verkoop is nie.
Fooie
Die fooie wat aan die Stad Tshwane ooreenkomstig hierdie verordening betaalbaar is, is die fooie wat van tyd tot tyd deur die Stad Tshwane bepaal sal word.
Enigeen wat benadeel is deur enige besluit van die Stadsbestuurder wat ooreenkomstig dié verordening gemaak is, mag ingevolge die bepalings van artikel 62 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000, teen dié besluit appèl aanteken, welke bepalings mutatis mutandis op die appèl van toepassing sal wees.
Hangende die uitslag van die appèl waarna in onderafdeling verwys is, het -
n markagent waarna in afdeling 11 (b) verwys is, die reg om met sy onderneming as 'n markagent voort te gaan;
n verkoopspersoon waarna in afdeling 14 verwys is, die reg om met sy onderneming as 'n verkoopspersoon voort te gaan; en n karweier waarna in afdeling 27 verwys is, die reg om met sy onderneming as 'n karweier voort te gaan.
Vrywaring van aanspreeklikheid
Enigeen wat die markperseel betree, doen dit op eie risiko, en die Stad Tshwane of enige van sy werknemers is nie vir enige verlies van of skade aan 'n persoon of sy eiendom, voortspruitend uit enige optrede of versuim deur die Stad Tshwane of sy werknemers in die uitvoering van hul pligte, aanspreeklik nie, tensy hulle nalatig opgetree het.
Oortredings en boetes
Enigeen wat -
versuim om aan die bepalings, voorwaardes, beperkings of aanwysings van 'n lisensie, permit, goedkeuring, toestemming of magtiging wat aan hom uitgereik is of ingevolge dié verordening toegestaan is, te voldoen, of strydig daarmee optree;
versuim om enige bepaling, aanwysing of vereiste wat ingevolge hierdie verordening neergelê, uitgereik of opgelê is, na te kom, of wat dit oortree; of versuim om enige bepaling van dié verordening na te kom, of wat dit oortree, is aan 'n oortreding skuldig.
Enigeen wat aan 'n oortreding ingevolge dié verordening skuldig bevind word, kan tot 'n maksimum van drie jaar tronkstraf gevonnis word of 'n boete van R60 000 opgelê word, of albei, soos deur 'n hof ingevolge die Wet op die Aanpassing van Boetes, 1991 Wet 101 van 1991, bepaal.
Herroeping van die Pretoria Munisipale Markverordening
Die Pretoria Munisipale Markverordening wat kragtens Administrateurskennisgewing 208 van 24 Maart 1965, soos gewysig, gepubliseer is, word hiermee herroep.
