
NWU-dosent ontwikkel virtuele laboratorium vir skole	

POTCHEFSTROOM  Prof. Peet van Schalkwyk, n dosent in meganiese ingenieurswese aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, het n interaktiewe, virtuele laboratorium op CD ontwikkel waarmee wetenskaplike beginsels op n dinamiese wyse aan skoolkinders en studente verduidelik kan word.

Volgens Van Schalkwyk is dit dikwels nie moontlik vir onderwysers om eksperimente in die klaskamer uit te voer om dinamiese beginsels soos impuls, momentum en gravitasie te verduidelik nie. Meestal word dit slegs op n statiese wyse in boeke of op swartborde uiteengesit en word daar dan van leerders verwag om self te visualiseer hoe die eksperimente dinamies sou plaasvind.

Met die interaktiewe animasie-CD kan leerders nou eksperimente op n rekenaarskerm doen. Die kinders neem self aan die eksperiment deel deur op verskeie moontlikhede op die skerm te klik om sodoende die verskillende komponente van die eksperiment te manipuleer. Hulle kan byvoorbeeld aan die spoed en massa verstel om die verloop van die eksperiment te verander.

? Werkkaart, wat uitgedruk kan word, dien as riglyn of padkaart deur die animasie. In die toekoms sal hierdie werkkaart ook in verskillende moeilikheidsgrade beskikbaar gestel word  byvoorbeeld vir horskoolleerders en studente onderskeidelik.

Die CD is tans volledig in Afrikaans en gedeeltelik in Engels beskikbaar. n Voorskou van die animasies is by www.peetvs.co.za beskikbaar.

________________________________________________________________________

Sy kontaknommer is 018-299-1657



Foto 1: 

Prof. Peet van Schalkwyk, n dosent in meganiese ingenieurswese aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, het onlangs n interaktiewe, virtuele laboratorium op CD ontwikkel.

Foto 2:  n Aantal objekte wat op die animasie-CD verskyn.






