FAKULTEIT VAALDRIEHOEK
Die Fakulteit Vaaldriehoek bestaan uit ses Skole wat n verskeidenheid van onderrigprogramme aanbied.
Skool vir Tale
Skool vir Basiese Weten-skappe
Skool vir Ekono-miese Weten-skappe
Skool vir Gedrags-wetens-kappe
Skool vir Modelle-rings-weten-skappe
Skool vir Opvoed-kundige weten-skappe







SKOOL VIR TALE
Doel van programme
Die Skool vir Tale se voor- en nagraadse onderrigprogramme is ontwerp om studente bewus te maak van taal- en letterkunde-ontwikkeling, asook sake uit die verlede wat n invloed op die hede uitoefen.Die programme maak voorsiening daarvoor dat n student in Tale en/of Vertaalkunde kan spesialiseer.Die volgende vakke word aangebied:  Afrikaans en Nederlands, Engels, Sesotho en Vertaalkunde.
Toelatingsvereistes
Taalvaardigheid is uiters belangrik en n plasingstoets kan in sommige gevalle vereis word.  
Daar word van studente verwag om die taal wat bestudeer word op eerstetaalvlak te ken. Die voorvereistes vir die neem van Afrikaans en Nederlands, Engels, Sesotho en/of Vertaalkunde is n D-simbool op HG of n C-simbool op SG in matriek vir elke betrokke taal. Die Skool vir Tale behou die reg voor om aansoeke te keur.
Beroepsmoontlikhede
Gegradueerdes kan n wye verskeidenheid van beroepe volg, soos in die Taalpraktyk (vertaler, teksversorger, kopieskrywer, subtitelsksrywer), Onderwys, Joernalistiek, Publieke Administrasie en Diplomatieke Diens.
Navorsingsmoontlikhede
Voortgesette studies is moontlik in al die vakke, met spesifieke fokus op literre, linguistiese of taalpraktyktemas. Nagraadse studie is tot op n doktorale vlak moontlik.
Beskikbare kundigheid
Nie-formele opleidingsprogramme (sertifikate/kort kursusse)
Taalverwerwing vir nie-moedertaalspekers in Sesotho, Afrikaans en Engels 
Indiensopleiding vir onderwysers
Werkwinkels in kreatiewe skryfwerk en biblioterapie

Konsultasiedienste
Vertalings- en teksversorgingsdiens
Taalbeplanning
Terapeutiese gebruik van narratiewe, metafoor en posie
Taal in organisasie-ontwikkeling
Ondersteuningsprogramme vir die bre gemeenskap
Gemeenskapsontwikkelingsprogramme
Taalsteundienste
Opvoedkundige steundienste



SKOOL VIR BASIESE WETENSKAPPE
Akademiese programme
Die Skool vir Basiese Wetenskappe (SBW) bestaan uit n aantal basiese dissiplines wat belangrik is vir die wyse waarop ons studente oor wetenskap, godsdiens en die samelewing dink. Die vakke wat in die SBW saam gegroepeer is, sluit Filosofie, Bybelkunde, Geskiedenis en Openbare Bestuur en Administrasie in.

Die kursusse in Filosofie is n verlengstuk van die Christelike karakter van die PUK. Die personeel en studente aan die Universiteit is trots op die Christelike karakter waarmee die PUK in die gemeenskap vereenselwig word. Filosofiese onderrig het ook betrekking op die wyse waarop studente van n verskeidenheid wetenskappe met die onderskeie dissiplines omgaan. Studente word aangemoedig om krities te dink en die verbande van die onderlinge wetenskapsrigtings te verstaan.

Bybelkunde het met die wetenskaplike bestudering van die Bybel te doen - dit gaan dus om meer as net Bybelstudie of Bybelkennis. Op nagraadse vlak verskuif die fokus in Bybelkunde na die praktiese bedieningsituasie asook gespesialiseerde studie in Bybelinterpretasie. Gevorderde onderrig word dan op verskeie terreine (insluitend teologiese etiek, dogmatiek, pastoraat en sending) aangebied. 

Geskiedenis het te doen met die bestudering van die menslike verlede. Op voorgraadse vlak word die aandag toegespits op die wreldgeskiedenis, Afrikageskiedenis en Suid-Afrikaanse geskiedenis  - van die vroegste tye tot vandag. Op nagraadse vlak word gekonsentreer op temas in die omgewingsgeskiedenis en historiese samelewingsdinamika in streeks- en nasionale verband.

In Openbare Bestuur en Administrasie word die administratiewe, tegniese en bestuursvaardighede van mense wat in die openbare sektor optree, bestudeer. Op nagraadse vlak word gespesialiseer in die bestuur van verandering in n nuwe demokratiese opset.
Toelatingsvereistes
Matriekvrystelling.
Beroepsmoontlikhede
Studente in die Skool vir Basiese Wetenskappe kan hulself bekwaam as kerkleiers, onderwysers, navorsers in die sosiale en geesteswetenskappe, asook bestuurders en administrateurs in die openbare sektor.
Navorsingsmoontlikhede
Navorsingsopleiding in sosiale en geesteswetenskaplike metodes.
Streekgerigte navorsing.
Beskikbare kundigheid
Etiese grondslae in die nywerheid- en handelslewe
Teologiese dienste
Staatswetenskappe
Nie-formele opleidingsprogramme (sertifikaat- en ander kort kursusse)
Grondslaestudies
Geneologiese studies
Konsultasiedienste
Interdissiplinre sosio-ekonomiese kontraknavorsing 
Etiese grondslae in die handel en nywerheid
Etiese grondslae in samelewingsverband
Bestuur en administrasie in die openbare sektor. 
Ondersteuningsprogramme vir die bre gemeenskap
Teologiese opleiding vir kerkleiers.




SKOOL VIR EKONOMIESE WETENSKAPPE
Akademiese programme
Die Skool vir Ekonomiese Wetenskappe bied aan die student die geleentheid om aspekte van ekonomie en bestuur te studeer wat hom in staat sal stel om sy of haar kennis in die huidige veranderende  omgewing toe te pas.
In die ekonomiese sfeer bied dit insig en begrip van hoe die ekonomiese wreld funksioneer en in die eietydse benadering word daar op die ekonomiese evolusie (nasionaal en internasionaal) gekonsentreer.
In die veld van ondernemingsbestuur kry studente insig in die makro- sowel as die mikro-omgewings. Die doel is om studente te help ontwikkel tot bestuurders wat strategies hul portefeuljes hanteer met die hulpmiddels tot hul beskikking.
In al hierdie rigtings word verdere studies op honneurs-, meesters- en doktorale vlak aangemoedig. Die student word voortdurend onderskraag en gelei tot n volgende vlak van spesialisasie om uiteindelik n deskundige op die hoogste akademiese vlak word.

Rekeningkunde kan as die transaksietaal van die sakewreld beskryf word. Transaksiedata van n besondere onderneming word versamel en geklassifiseer, aan geteken, opgesom, geinterpreteer en beskikbaar gestel in die vorm van finansile state.

Hierdie finansile state, wat die netto inkomste of netto verlies van die onderneming vir n bepaalde tydperk en die stand van die onderneming se bates en laste op n bepaalde datum aandui, dien enersyds as verantwoording teenoor belanghebbendes en andersyds as basis vir ekonomiese besluitneming. Om hierdie rede kan geen onderneming wat finansile transaksies aangaan, sonder Rekeningkunde klaarkom nie.

Bedryfs- en Bestuursrekeningkunde is die wetenskap wat hom besig hou met die aantekening van interne bedryfsgebeure vir interne verslagdoening aan die ondernemingsbestuur sodat doeltreffendheid beoordeel en sinvolle besluite geneem kan word.

In Ouditkunde word die aktiwiteite van n ouditeur in die uitvoering van n oudit van n onderneming bestudeer.  Hierdie aktiwiteite behels:
n ondersoek van ondersteunende bewyse vir transaksies aangegaan en geboekstaaf in die rekenings en rekord van die onderneming; en
n ondersoek van die finansile jaarstate (opgestel vanuit en gebaseer op die rekenings en rekords) sodat hy of sy n mening daaroor in die ouditeursverslag kan uitspreek.
Finansile state deur die ouditeur geattesteer, is hoogs betroubaar as basis vir ekonomiese besluite.

Inkomstebelasting gaan om die bepaling van die belastingsaanspreeklikheid van belastingpligtiges teenoor die staat. In di proses word die belasbare inkomste van die belastingpligtiges bepaal en die belasting betaalbaar bereken volgens die Inkomstebelastingwet en riglyne van toepaslike hofuitsprake. 
Toelatingsvereistes
Matriekvrystelling met ten minste 40% vir Wiskunde en Rekeningkunde HG of 50% vir Wiskunde (SG) en Rekeningkunde (SG). Studente wat nie aan die Rekeningkunde-vereiste voldoen nie, moet in hul eerste jaar n spesiale kursus in Rekeningkunde aan die Universiteit slaag voordat hulle tot die eerste kursus in Rekeningkunde toegelaat word.
Beroepsmoontlikhede
Met n toepaslike B Com-graad is die kandidaat voorberei vir n verskeidenheid van beroepe in die sakewreld en onderwys.  Die graad verleen onder meer toelating tot n beroep as ekonoom, finansile bestuurder, bemarker, rekenmeester, ouditeur, algemene bestuurder en onderwyser.
Navorsingsmoontlikhede
Bate-/Lastebestuur
Finansilesuksesbepaling
Beskikbare kundigheid
Nie-formele opleidingsprogramme (sertifikate/kortkursusse)
Ekonomie vir nie-ekonome
Entrepreneurskap
Konsultasiedienste
Bestuurskonsultasie, marknavorsing, strategiese beplanning, finansile bestuur/vooruitskattings, ondersteuningsprogramme vir die bre gemeenskap en entrepreneurskap-ondersteuning.




SKOOL VIR GEDRAGSWETENSKAPPE
Akademiese programme
Studente kan inskryf vir n B Com- of B A-graad met twee van die ondergenoemde as hoofvakke: 
Sosiologie
Psigologie
Bedryfsosiologie
Bedryfsielkunde  
Toelatingsvereistes
Vir die B Com-rigting is Wiskunde in graad 12 n voorvereiste.
Beroepsmoontlikhede
Bedryfsielkundige, opleidingspesialis, personeelbeampte/bestuurder, arbeidsverhouding-spesialis, arbeidsverhoudingkonsultant, arbeidsverhoudingonderhandelaar, mannekrag-hulpbronbestuurder, berader, maatskaplike werker, gelyke-geleenthede-spesialis, arbeidsmakelaar, onderwyser, navorser en akademikus.
Navorsingsmoontlikhede
Nagraadse studente kan onder leiding van studieleiers en promotors navorsing vir M en Ph D-studies binne fokusareas doen.
Beskikbare kundigheid
Nie-formele opleidingsprogramme (sertifikate/kort kursusse)
Verskeie kort kursusse en werkwinkels in arbeidsverhoudinge, arbeidsreg en menslike hulpbronbestuur word op n deurlopende basis aangebied.
Konsulatasiedienste
Konsultasiedienste in spesialisrigtings word op versoek aangebied.
Ondersteuningsprogramme vir die bre gemeenskap
Die Skool is betrokke by verskeie ondersteuningsprogramme vir die bre gemeenskap (soos byvoorbeeld menseregte in die algemeen).



SKOOL VIR MODELLERINGSWETENSKAPPE
Akademiese programme
Die Skool bied n B Sc-graad aan met drie wiskundige wetenskappe (Wiskunde, Rekenaarwetenskap en Operasionele Navorsing) as vakke. Hierdie vakke word gentegreer om vir die leerder verskillende tegnieke aan te leer om werklike situasies te modelleer. Die studie kan ook vakke insluit uit Ekonomiese Wetenskappe soos Rekeningkunde, Ekonomie, Bedryfsekonomie of Sielkunde. In alle gevalle is die hooffokus modellering.  n Besondere kenmerk van hierdie studies is die projek wat alle leerders in die laaste jaar van studie moet voltooi. Leerders los werklike probleme op deur teorie wat in een of meer vak geleer is, toe te pas.  Die oplossing word geevalueer deur akademici en persone uit die industrie. Die akademiese program word voortgesit met n nagraadse program tot Ph D-vlak (met die fokus steeds op Modellering). Alle programme word voltyds en deeltyds aangebied.
Toelatingsvereistes
Vir die B Sc-graad moet n voornemende leerder matriekvrystelling behaal het en aan die volgende vereistes voldoen:
Minstens 50% in Wiskunde (HG) of minstens 60% in Wiskunde SG.
'n P-telling van minstens 15 (vir toelating tot die Skool vir Modelleringswetenskappe word die Wiskundepunt se waarde verdubbel).
Voornemende studente wat nie aan bogenoemde vereistes voldoen nie, maar wel in matriekwiskunde geslaag het, kan n spesiale oorbruggingskursus in Wiskunde neem. Op grond van hul prestasie hierin kan hulle tot studie in Wiskunde toegelaat word.
Beroepsmoontlikhede
Ons graduandi volg beroepe soos stelselontleder, programmeerder, finansile wiskundige, projekbestuurder, kwaliteitbestuurder, stelselingenieur, marknavorser, portefeulje bestuurder, data ontginning analis, navorser, datapakhuisadministrateur, risiko analis, statistiese modelleerder, wiskundige modelleerder, onderwyser en  dosent. Die gespesialiseerde kennis en vaardighede van ons afgestudeerde studente is gesog en talle bedryf hul eie suksesvolle konsultasiemaatskappye.
Navorsingsmoontlikhede
Daar is vier velde waarin die skool aktief navorsing doen: 
Intelligente Programagente,
Multimedia-Tegnologie en Kognitiewe Ontwikkeling,
Gemeenskaps-Operasionele Navorsing,
Kwaliteitbestuur.
Beskikbare kundigheid
Konsulatasiedienste
Lede van die skool lewer n konsultasiediens op n beperkte basis.
Ondersteuningsprogramme vir die bre gemeenskap
Die jaarlikse Vaaldriehoek-Rekenaarolimpiade word deur die Skool georganiseer.



SKOOL VIR OPVOEDKUNDIGE WETENSKAPPE
Akademiese programme
Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS voorheen HOD Nagraads)
Nagraadse Onderwyssertifikaat in Voorligting (NGOS voorheen HOD Voorligting)
Hor Onderwysdiploma Sekondr (HOD Sek.)
Honneurs Baccalaureus Educationis (Hons B Ed, voorheen B Ed)
Magister Educationis (M Ed)
Philosophiae Doctor (D Phil)
Toelatingsvereistes
NGOS: n B-graad of ander erkende kwalifikasie met 360 krediete op NKR-vlak 5 met 150 krediete in erkende leerareas en/of skoolvakke
NGOS (Voorligting): n B-graad of ander erkende kwalifikasie met 360 krediete op NKR-vlak 5 met 150 krediete in erkende leerareas en/of skoolvakke met Psigologie as driejarige hoofvak.
HOD (Sek.): n Aanvaarbare driejarige onderwysdiploma/sertifikaat gerig op sekondre skoolonderrig of n tweejarige onderwyssertifikaat plus minstens vyf jaar onderwyservaring. Indien Wiskunde gekies word, word matriekwiskunde as verdere vereiste gestel. 
Hons  B Ed: n Goedgekeurde vierjarige onderwyskwalifikasie (bv. n 4-jarige Ed-graad; n B-graad plus n HOD; n 4-jarige HOD; of n driejarige kwalifikasie plus n eenjarige HOD of VDO.
M Ed: n B Ed/Hons. B.Ed. of die status daarvan.
D Phil: M Ed en goedkeuring deur die Fakulteitsraad.
Beroepsmoontlikhede
Beroepsmoontlikhede bestaan in staats- en onafhanklike skole asook by ander opleidingsinrigtings soos universiteite, technikons, tegniese kolleges en opleidingsinstansies in die industrie.
Navorsingsmoontlikhede
By die Vaaldriehoekkampus bestaan navorsingsmoontlikhede in die volgende subdissiplines van die Opvoedkunde (waarin dit ook moontlik is om n M.Ed of D.Phil te verwerf):
Didaktiese Opvoedkunde met insluiting van Kurrikulumkunde, Rekenaar-ondersteunde Onderwys, Onderwysmedia en enkele Vakdidaktieke
Onderwysbestuur met insluiting van Onderwysreg
Psigo-Opvoedkunde met insluiting van Skoolvoorligting of Opvoedkundige Sielkunde
Vergelykende Opvoedkunde
Beskikbare kundigheid
Die Skool vir Opvoedkundige Wetenskappe beskik oor ses senior lektore in die volgende subdissiplines:
Dr Tienie Vermeulen: Didaktiek, Kurrikulumkunde en Kurrikulum 2005
Dr Ester de Waal: Vergelykende Opvoedkunde
Dr Esmarie Strydom: Didaktiek, Rekenaarondersteunde Onderwys, Mediakunde
Dr Linda MacFarlane: Psigo-Opvoedkunde, Opvoedkundige Sielkunde en Voorligting
Dr Joseph Mazibuko: Psigo-Opvoedkunde en Onderwysbestuur
Dr Elda de Waal: Onderwysreg en Onderwysbestuur
Nie-formele opleidingsprogramme (sertifikaat- en ander kort kursusse)
Personeel van die Skool het die afgelope twee jaar die volgende kort sertifikaatkursusse vir die Gautengse en Vrystaatse Onderwysdepartemente aangebied:
Graad 12-onderwysers in die sogenaamde horisiko-vakke: Wiskunde, Natuur- en Skeikunde, Biologie, Rekeningkunde, Ekonomie, Engels en Aardrykskunde.
Bestuurskursus vir pas aangestelde skoolhoofde en adjunk-hoofde
Kurrikulum 2005-opleiding vir Graad 7-onderwysers
Vakdidaktiek vir Afrikaans Tweede Taal-onderwysers
Konsultasiedienste
Die volgende kundighede is vir konsultasiedienste beskikbaar: kurrikulering, multikulturele onderwys, onderwysbestuur en reg, sielkundige, gedrags-, emosionele en leerprobleme, inligtingstegnologie en rekenaar-ondersteunde onderwys. 
Ondersteuningsprogramme vir die bre gemeenskap
Personeel tree dikwels op versoek as sprekers op by vergaderings van onderwyserverenigings en ouerkomitees.Hulle word ook deur individuele ouers en die media geraadpleeg oor onder meer die volgende sake : kurrikulering; multikulturele onderwys; onderwysbestuur; onderwysreg, sielkundige, gedrags-, onderrig- leer- en emosionele probleme asook rekenaarondersteunde onderwys.



