
PUK KRY GROOT STEUN VIR ONTWIKKELING VAN RUGBYSPELERS
Potchefstroom - Die Potchefstroom Universiteit (Puk) het 'n groot finansile inspuiting van Pamodzi Investment Holdings deur hulle filiaal Prestasi Makelaars gekry.

Die rektor van die Puk, dr Theuns Eloff, het tydens die oorhandiging van die borgskap ges die geld sal die Puk in staat stel om meer studente vanuit die voorheen agtergeblewe gebiede as studente aan die Puk in te skryf en om hulle ook finansiel te ondersteun.. Hierdie projek gaan spesifiek oor mansstudente en veral mans wat die potensiaal het om ook as rugbyspelers te ontwikkel.

Talentvolle spelers sal van oral, maar veral vanuit die Noordwes provinsie geidentifiseer word en as studente hetsy by die Puk of by die Potchefstroom kampus van die Vuselela Kollege vir Verdere Onderwys en Opleiding ingeskryf word. Potensile studente wat nog skoolgaan sal by skole in Potchefstroom ingeskryf word.

Die studente sal rugbyopleiding by die Puk se Rugbyinstituut ontvang. Mnr Ndaba Ntsele, Besturende Direkteur van Pamodzi het ges dat sy maatskappy graag betrokke raak in die opheffing van die gemeenskap en ook op hierdie wyse 'n tasbare bydrae tot die ontwikkeling van rugby kan lewer.

Foto:  Dr Theuns Eloff, rektor van die Puk, ontvang die tjek van R5 miljoen van die Besturende Direkteur van Pamodzi, mnr Ndaba Ntsele. Ook op die foto is die Direkteur van die Puk Rugbyinstituut, Andr Markgraaff en die Besturende Direkteur van Prestasi Makelaars, mnr Giel Muller.

Opgestel deur Piet de Jager
082 733 4303

