WERKSWINKEL VIR MUSIEKONDERWYSERS

Musiekonderwysers hoef nie juis na uitdagings te gaan soek nie. Die omgewing verander gedurig en veroorsaak heelwat spanning. Wat kan musiekonderwysers doen om suksesvol by die veranderende onderwyslandskap aan te pas? Hoe kan probleme in geleenthede omskep word?

Die Skool vir Musiek op die PUK-kampus van die Noordwes-Universiteit bied aan die einde van Junie 'n werkswinkel oor twee dae aan waartydens musiekonderwysers gestimuleer sal word om nuut te dink oor hulle omstandighede en om alternatiewe oplossings en benaderings vir probleme te oorweeg. Daar sal sessies wees oor Afrikamusiek, tegnologiese hulpmiddels, musiekteorie-onderrig, en musici en beserings. Musiekonderwysers word uitgenooi om veral by 'n spesiale oop gesprek met kollegas gedagtes te wissel oor die uitdagings vir die hedendaagse musiekonderwyser.

Die werkswinkel begin op Donderdag 30 Junie 2005 om 12:00 en duur tot Vrydag 1 Julie 2005 om 13:00 by die Konservatorium van die Noordwes-Universiteit op Potchefstroom. Die kursusfooi beloop R195 en lede van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (SAVMO) kry R50 afslag. Verblyf (bed & ontbyt) kan vir deelnemers gerel word teen 'n billike tarief.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 3 Junie 2005. Vir verdere besonderhede en 'n inskrywingsvorm, skakel gerus vir Jaco van der Merwe by tel. (018) 299-1692/9, faks. (018) 299-1707, e-pos muspjvdm@puk.ac.za, of besoek die webblad by http://www.puk.ac.za/music/.



