PUK-KANSELIERSTRUSTPRYS VIR KOMPOSISIE

Die sluitingsdatum vir die PUK-Kanselierstrustprys vir Komposisie is met twee maande uitgestel na 30 Junie 1999. Verder word opnames van die werke wat ingeskryf word nie meer vereis nie.

Die PUK-Kanselierstrust is in 1998 in die lewe geroep en het as primre doel die bevordering van Afrikaans. Een van die wyses waarop hierdie doelwit bereik kan word, is die bevordering van Afrikaanse musiek. Met die oog hierop is die PUK-Kanselierstrustprys van R10,000 vir komposisie tot stand gebring wat jaarliks toegeken sal word.

In 1999 is die kompetisie vir 'n groep werke vir gemengde koor a cappella. Elke inskrywing moet uit ten minste drie koorwerke bestaan, met 'n minimum totale tydsduur van 10 minute. Die teks vir die werke moet in Afrikaans wees. Daar is geen beperking op die aantal inskrywings per kandidaat nie.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie 1999. Slegs komponiste wat 40 jaar en jonger is op die sluitingsdatum mag deelneem. Slegs werke wat sedert 1 Januarie 1998 gekomponeer is, sal oorweeg word. Indien moontlik, sal die oorhandiging van die prys en 'n uitvoering van die werk plaasvind tydens die Aardklop-Kunstefees gedurende September 1999 in Potchefstroom.

Die administrasie van die prys word behartig deur die Inligtingsentrum vir Suider-Afrikaanse Musiek (ISAM) aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys. Vir verdere besonderhede en inskrywingsvorms, skakel Jaco van der Merwe by tel. (018) 299-1699, faks (018) 299-1707, ePos <muspjvdm@puknet.puk.ac.za> of besoek die PUK-Kanselierstrustprys webbladsy by <http://www.puk.ac.za/musdocs/isam/>.
