BLANKE BOERE EIS OOK GROND
Van die grondeise in die Noordwes Provinsie is n gedeelte afkomstig van blanke boere wat hulle grond vanwe die uitbreiding van Bophuthatswana in die sewentiger jare verloor het.  Uit n projek wat einde verlede jaar deur die Potchefstroomse Universiteit vir die Noordwes Regering begin is, is dit duidelik dat grondeise nie net deur swart stamme ingedien word wat hulle tradisionele grond verloor het nie.

Van die eise word deur blanke boere ingedien en baie van die eise word ook deur Indirs ingedien wat hoofsaaklik hul besighede in stedelike gebiede verloor het.  Die persepsie dat grondeise net deur swart mense ingedien word is dus nie altyd waar nie, het prof Willie van Wyk, direkteur van die Skool vir Sosiale Studies aan die PUK verduidelik.  

Di skool en die navorsingsfokusarea Volhoubare Ontwikkeling aan die PUK werk sedert einde 2001 aan die R450 000.00 projek oor grondeise in die Noordwes Provinsie.  Die werk word namens die Noordwes Provinsie en nasionale Departement Grondsake gedoen en handel oor die grondeise van mense wat grond die afgelope dekades sedert 1913 verloor het en dit nou teruggeis.  Die meeste van die mense het die grond vanwe politieke redes verloor en is as gevolg van wetgewing vanuit hul gebiede verwyder.  Dit het neergekom op die onteiening en gedwonge verskuiwing van mense na voorafgeselekteerde gebiede.  Dit is van toepassing op landelike sowel as stedelike gebiede in die Provinsie.

Die projek is veral van belang om die grondbesettingsfiasko van Zimbabwe hier in Suid-Afrika te vermy.  Met hierdie projek dra die PUK ook by dat die hantering van grondkwessies wetenskaplik hanteer word en dat regverdigheid geskied.

Die PUK onderneem die projek in samewerking met die Universiteit van Noordwes (UNW).  Altesaam 922 grondeise word gevalideer, waarvan 238 reeds afgehandel en aan die Grondeise Kommissie gestuur is vir finale evaluering.  Aan die hand van die werk wat ons doen sal die regering dan elke eis op meriete beoordeel en bepaal of die grond aan die eiser terugbetaal gaan word aldan nie.

Nadat die mense die eise by die regering in Mmabatho of Pretoria ingedien het, gaan haal die Universiteit die eise.  Elke eis word individueel bespreek, ontleed en gevalueer.  Die nasionale argief word in Pretoria besoek om die agtergrond van elke eis vas te stel.  Dit beteken dat die geskiedenis van elke eis nagevors word.  Die Akte kantore in die betrokke gebied word dan besoek om die wetlike dokumentasie soos die Transportaktes te bekom.  Indien nodig word individue opgesoek en onderhoude met hulle gevoer om die presiese omstandighede van onteiening vas te stel.  Verslae oor elke geval word dan deurgestuur na die regering.  Die eise word dan deur die Land Claims Commission (Grondeise Kommissie) afgehandel.

Die span by die PUK bestaan uit prof Willie van Wyk, die projekbestuurder, Herman van der Elst en prof. Elize van Eeden as die projek kordineerders.  Verder word daar van 10 studente, meestal swart, op honneurs- en magistervlak gebruik gemaak om met die veldwerk te help.

Die projek hanteer die dringendheid wat daar bestaan dat mense grond moet kry en stel die onregverdighede van die verlede reg, het prof van Wyk ges.  Vir meer inligting kontak prof van Wyk by (018) 299-1627.




