HOR ONDERWYS IN VOLHOUBARE SOSIALE ONTWIKKELING ONDER SOEKLIG
Die rol van hor onderwys in volhoubare sosiale ontwikkeling en die belangrikheid van venootskappe in effektiewe volhoubare ontwikkeling is van die onderwerpe wat onder die soeklig kom tydens n simposium oor volhoubare sosiale ontwikkeling.

Die simposium word van 10 tot 11 Februarie 2000 by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys gehou om die terrein van volhoubare sosiale ontwikkeling te verken en om uitdagings en oplossings te identifiseer en ondervinding in volhoubare sosiale ontwikkeling uit te ruil.

Mense wat sal baat vind by die simposium is sosiale wetenskaplikes,  navorsers, administrateurs, regeringsamptenare en beleidmakers en besluitnemers in die regering en privaatsektor.  Bekende plaaslike en internasionale sprekers sal aspekte aanraak wat van belang is vir di onderwerp.

Van die onderwerpe wat tydens die simposium behandel word is beleid en bestuur, menslike hulpbronontwikkeling, kommunikasie en implimentering en konseptuele onderwerpe.  Registrasie is om 08:00 op 10 Februarie.  Vir verdere inligting kontak me Madel de Villiers by (018) 299-2725 of faks (018) 299-2726 of E-pos: aokmdv@puknet.puk.ac.za.
