PROGRAM OM VIGSPASINTE TE HELP OM STRES TE HANTEER

Sielkundiges aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys het 'n streshanteringsprogram ontwerp vir mense wat MIV-positief is.

Die program het 'n beduidende toename in die ses deelnemers se lewensgehalte meegebring.  Dit is gebaseer op Antonovsky se konstruk van "Koherensiesin", wat ten doel het om die mense se vlakke van verstaanbaarheid, beheerbaarheid en betekenisvolheid ten opsigte van hul MIV-positiewe status te verhoog.  Ons wil die program egter nog aanpas en weer evalueer voordat finale uitspraak oor die sukses daarvan gemaak word, het dr. Karel Botha, sielkundige aan die PUK, ges.

Dr. Botha was vir drie jaar saam met nagraadse studente betrokke by die sielkundige evaluering en hantering van mense uit verskillende bevolkingsgroepe wat met MIV/Vigs gediagnoseer is.  Op grond van dr. Botha se ervaringe met Vigspasinte by die Aids Training and Info Centre in Vanderbijlpark en navorsing wat later gepubliseer is onder die titel Posttraumatic stress disorder and illness behavior in HIV+ patients, het hy bevind dat 'n groot aantal mense wat MIV/Vigs onder lede het, ook simptome van post-traumatiese stres ervaar.  Hulle toon voorts 'n fobiese preokkupasie met fisieke simptome en ervaar daarom interpersoonlike vervreemding.

Baie MIV-positiewe persone gaan doelbewus voort met onveilige seks om ander mense te besmet.  Hulle ervaar geweldig baie stres en blameer gewoonlik iemand anders, of ontken aanvanklik dat hulle MIV-positief is, aldus dr. Botha. Vir meer inligting kotak dr. Botha by (018) 299-1735.

*************

