PUK SE FARMASIE-OPLEIDING WEEREENS DIE BESTE

Die Skool vir Farmasie by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys is vanjaar met 'n diamantpyl vereer vir hul uitstekende opleiding van aptekerstudente. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat di Skool deur Professional Management Review (PMR) aangewys word as die beste instelling vir die opleiding van aptekers.

Die Skool vir Farmasie het met hierdie toekenning al die ander farmasie-opleidingsinstansies in die land die loef afgesteek. Die aptekersopleiding van die onderskeie instellings is beoordeel deur 'n verteenwoordigende steekproef aptekers wat deur PMR - 'n toonaangewende sakepublikasie - in 'n landwye navorsingsprojek betrek is. Daar is onder meer gekyk na dosente se betrokkenheid in navorsings- en ontwikkelingsprogramme in vennootskap met die mediese en ander industrie, die relevansie van hulle navorsingsresultate vir die industrie, die Skool se kennis van die wreldwye mediese omgewing, tegnologiese ontwikkeling en innovasie deur die Skool. Die Skool se status, reputasie en beeld asook die algehele bydrae tot die gesondheid van die publiek is ook beoordeel. 

Volgens prof Chris van Wyk, Direkteur van die Skool vir Farmasie by die PUK, kan hierdie standaarde nie oornag bereik word nie, maar kan die prestasie toegeskryf word aan volgehoue harde werk, toewyding, visie en innovasie deur al die personeel van die Skool oor 'n lang periode. Dus moet die huidige personeel sowel as hul voorgangers krediet kry vir di prestasie.

Die gehalte-opleiding vind ook neerslag in die prestasies van studente aan hierdie Skool. Nicolette Graham was onlangs die nasionale wenner in 'n kompetiese waarin aptekerstudente regoor die land die geleentheid gekry het om hul vaardighede op die gebied van pasintsorg te ontwikkel.  Sy het die Boehringer Ingelheim pasintkompetisie op nasionale vlak gewen tydens die Suid-Afrikaanse Aptekerstudentevereniging se kongres wat in Kaapstad gehou is. Nicolette is as wenner aangewys uit agt Suid-Afrikaanse Farmasieskole wat deelgeneem het en gaan SA eersdaags by die 47ste internasionale kongres vir aptekerstudente in Karo, Egipte, verteenwoordig.

'n Fulbright Studiebeurs is ook aan Tharina Janse van Vuuren toegeken om vir 'n periode van twee jaar aan 'n Amerikaanse Universiteit in Mediese Wetenskappe te studeer. Sy is deur die Universiteit van Kansas aanvaar op grond van haar uitstekende voor- en nagraadse studierekord - sy het die BPharm- en die MSc Farmaseutikagraad met onderskeiding geslaag.

"Studente soos hierdie, maar ook al ons ander studente wat afstudeer, is 'n toonbeeld van uitstekende onderrig en toewyding deur dosente en harde werk van die studente. Studente bly van die beste ambassadeurs vir ons Skool en dra grootliks by tot die beeld van ons Skool, wat onder meer ook deur hierdie meningspeiling beoordeel is, aldus prof. Van Wyk.

Byskrif: Van links na regs is prof. Chris van Wyk, prof. Boeta Koeleman, Dekaan van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, prof. Carools Reinecke, rektor, en mnr. Charl Wepener van Professional Management Review.

