TWEE WEN BEURSE IN SURVIVOR GAME

Die wenners van die twee studiebeurse in die Survivor Game om aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys te studeer was Hesti Grove van Horskool Wesvalia in Klerksdorp en Nicus Venter van die Horskool Ferdinand Postma in Potchefstroom.  Die Survivor Game vir graad 11 leerlinge is onlangs aan die oewer van die Vaalrivier gehou waar 22 graad elf-leerders uit die Noordwes Provinsie en Vaaldriehoek byeengekom het.  Die prysgeld was twee studiebeurse van R10 000 elk om aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by die PUK te studeer.

Die leerders se fisiese sowel as intellektuele vermons is by Donkervliet naby Parys op die proef gestel.  Die deelnemers is getoets aan fisiese, logika- en kreatiwiteitsaktiwiteite.  Van die aktiwiteite het onder meer vlotbou, 'n hindernisbaan, skattejag, vlierbou en 'n geheue- en psigespel ingesluit.  Die spanne moes ook hulle eie kampe bou en etes voorberei.

Slegs leerders wat n belangstelling het om in ekonomiese en bestuurswetenskappe te studeer het aan die kompetisie deelgeneem.  Volgens prof. Deon de Klerk, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetensappe aan die PUK het die Survivor Game nie net die geleentheid aan twee leerders geskep om 'n beurs te wen nie, maar ook om leierseienskappe van topleerders op 'n unieke manier uit te bou.  Dit het ook die geleentheid aan leerders geskep om te bewys dat ons innoverend oor leierskap dink.

FOTO: Van die leerlinge wat aan die Survivor Game deelgeneem het is agter van links Claus Kempen van Horskool Transvalia, Rol van der Merwe van die Hor Volkskool Potchefstroom en Ayanda Mbongo van Vaal High.  Voor sit Alewyn Burger van Horskool Westvalia in Klerksdorp en Chantelle Cox van die Horskool Gimnasium in Potchefstroom.


***


