JONG ENTREPRENEURS OPGELEI

Baie jong mense droom daarvan om eendag n eie besigheid te besit, maar bittermin se drome word waar, weens 'n gebrek aan kapitaal, kundigheid of beide.  Daarom is die entrepreneursopleidingsprogram, Shell Livewire, begin om entrepreneurskap en werkskepping onder jong mense te stimuleer.  Die program strek oor vyf dae en kursusgangers kry teoretiese en praktiese opleiding oor hoe om 'n besigheid te bestuur.  Daar word ook onder meer gekyk na produkontwikkeling, verkope en bemarking, basiese boekhouding en administrasie en bestuur.  Aan die einde van die werkswinkel word daar aandag geskenk aan die implementering van 'n besigheidsplan.  Na afloop van die werkswinkel word kursusgangers aan plaaslike besighede voorgestel waarmee hulle kan onderhandel vir finansiering en marknavorsing.

Die werkswinkel vir die Noordwes Provinsie word by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hor Onderwys aangebied.  Die sub-program Entrepreneurskap in die navorsingsfokusarea "Besluitneming en Bestuur vir Ekonomiese Ontwikkeling" het met die Provinsiale Jeugkommissie in premier Popo Molefe se kantoor meegewerk om die Shell Livewire opleidingsprogram op die PUK-kampus aan te bied.  Die Potchefstroomse Ekonomiese Adviesraad, waarvan prof. Wim Naud die voorsitter is, het gerel dat die sowat 25 kursusgangers van regoor die Noordwes provinsie by die Damontspanningsoord gehuisves word.  Van links is prof. Wim Naud, direkteur van die navorsingsfokusarea: Besluitneming en Bestuur vir Ekonomiese Ontwikkeling, mnr. Jonathan Brauns, 'n konsultant vir Shell, en prof. Deon de Klerk, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by die PUK.








