Absa teken twee kontrakte met NWU se sentrum vir BWI

Absa het op 13 Februarie twee kontrakte met die sentrum vir bedryfswiskunde en informatika (BWI) van die NWU se PUK-kampus onderteken. Die eerste kontrak wat onderteken is deur mnr. Lawrence Mlotshwa namens Absa en prof. Annette Combrink namens NWU, behels n beurskontrak ter waarde van R1,475 miljoen per jaar vir 5 jaar. Hierdie fondse sal gebruik word om beurse vir voornemende en huidige BWI-studente te befonds. 

Mnr. Lawrence Mlotshwa, direkteur van organisasie-ontwikkelings van Absa, s BWI-opleiding is van strategiese belang vir Absa en die finansile industrie in die geheel. Die BWI-studente ontvang uitstekende opleiding wat weerspiel word deur die gehalte werk wat die studente in Absa en deesdae in Barclays verrig. Deur die hernuwing en uitbreiding van die bestaande kontrak verseker ons n konstante talentstroom van hoogs opgeleide mannekrag wat tot voordeel van die hele Suid-Afrika strek. 

Die tweede kontrak behels ondersteuning van R2 miljoen per jaar vir vyf jaar vir die operasionele ondersteuning van die sentrum vir BWI. Van die sentrum sal verwag word om in samewerking met Absa, gerigte navorsing op finansile risikobestuursprobleme te doen. 

Dr. Neels Erasmus, hoofbestuurder van risiko-ondersteuning by Absa, s Absa het in 1998 saam met die destydse PU vir CHO die sentrum vir BWI gestig om finansile risikobestuurskundigheid te vestig. Die investering was n reuse sukses soos deur die gehalte van die afgestudeerde studente weerspiel word, asook die prestasies van die navorsingsprogram in risikobestuur en in risiko-analise. Met die ondertekening van hierdie kontrak beoog Absa (en Barclays) om praktiese industriegerigte navorsing op risiko-analise verder tot voordeel van Absa en die finansile industrie in die geheel te ondersteun en uit te bou.

Prof. Riaan de Jongh (direkteur van die sentrum vir BWI) s hulle is verheug dat Absa weereens die sentrum vir BWI ondersteun. Sonder die ondersteuning van Absa en ander industrie vennote soos SAS kan die sentrum nie in sy huidige vorm bly voortbestaan nie. Die bydraes is noodsaaklik om topgehalte opleiding en navorsing te bly verseker. 

Die sentrum vir BWI het die afgelope jaar vyf jaarkontrakte ter waarde van meer as R22 miljoen onderteken.

FOTO: Voor is prof. Annette Combrink (rektor van die PUK-kampus van die NWU) en mnr. Lawrence Mlotshwa (direkteur van organisasie-ontwikkelings, Absa) Agter is dr. Neels Erasmus (hoofbestuurder ERM risiko-ondersteuning, Absa), mnr. Thomas Mashaba (direkteur van werknemersverhoudinge, Absa), prof. Riaan de Jongh (direkteur van die sentrum vir BWI) en mnr. Thys Cronj (finansile bestuurder van die sentrum vir BWI).


