









































KWAZULU-NATAL 

HERROEPINGSWETSONTWERP OP DIE WET OP BESIGHEIDSREHABILITASIETRUSTFONDS, 2008








































WETSONTWERP



Om voorsiening te maak vir die herroeping van die KwaZulu-Natal Wet op Besigheidsrehabilitasietrustfonds, 1998 en die KwaZulu-Natal Wysigingswet op die Besigheidsrehabilitasietrustfonds, 2003; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee verband hou. 



DAAR WORD soos volg deur die Wetgewer van die provinsie KwaZulu-Natal bepaal:–





Herroeping van wette

1. Die KwaZulu-Natal Wet op die Besigheidsrehabilitasietrustfonds, 1998 (Wet No. 13 van 1998), en die KwaZulu-Natal Wysigingswet op die Besigheidsrehabilitasietrustfonds, 2003 (Wet No. 2 van 2003), word hiermee herroep. 





Opheffing van KwaZulu-Natal Besigheidsrehabilitasietrustfonds ingestel ingevolge herroepe KwaZulu-Natal Wet op die Besigheidsrehabilitasietrustfonds, 1998, en oorgangsbepalings wat daarmee verband hou

2.(1) Die KwaZulu-Natal Besigheidsrehabilitasietrustfonds ingestel deur artikel  3(1) van die herroepe KwaZulu-Natal Wet op die Besigheidsrehabilitasietrustfonds, 1998 (Wet 13 van 1998), word hiermee opgehef en ontbind.



(2) Die bates of die opbrengs van daardie bates moet gesedeer word en oorgedra word aan die KwaZulu-Natal provinsiale regering of enige begunstigde soos goedgekeur deur die KwaZulu-Natal provinsiale regering, na betaling van alle laste van die Trust by ontbinding van die Trust. 





Kort titel 

3. Hierdie Wet heet die KwaZulu-Natal Herroepingswetsontwerp op die Wet op Besigheidsrehabilitasietrustfonds, 2008.







