‘Vier Jeugmaand’
Tema: “‘n Parlement watomgee en wat jeugontwikkeling bevorder om ekonomiese vryheid te bewerkstellig’’.
“Our history has always forced our young people to take responsibility from an early age. They became freedom fighters when they should have been playing at school. Now the youth of South Africa face major challenges because of the years of deprivation, violence and interrupted education. Great courage and commitment will be needed to overcome the obstacles and for young people to fully enjoy the benefits that our fledgling democracy holds for them.” (Nelson Mandela, 15 June 1997)
Die belangrikheid van 16 Junie
16 Junie is na 1994 tot openbare vakansiedag deur die demokratiese regering van Suid-Afrika verklaar. Hiermee word die jeugopstand wat in Junie 1976 plaasgevind het, gedenk. Die hele maand word gewy aan die stryd van die jongmense van Suid-Afrika teen die apartheidsregime.
Dit gedenk die hoogtepunt van verset deur die jeug van Suid-Afrika, wat in 1976 begin het en tot die aanbreek van demokrasie in 1994 geduur het.
Hierdie stryd deur die jongmense van Suid-Afrika lei tot die ontwikkeling van ‘n onderwysstelsel wat menswaardigheid, kulturele diversiteit, en vryheid van keuse respekteer, en daarna strewe om gelyke toegang te verseker.
Die jongmense van die sewentigerjare het grootliks daartoe bygedra om gestalte aan die toekoms van ons land te gee.
Hulle gaan voort om ‘n belangrike rol in die gemeenskap te speel, en die demokratiese regering is verbind tot die ontwikkeling van die jeug, as toekomstige leiers en die bewaarders van ons duur verworwe vryheid.
Uitdagings waarvoor die Jeug te staan kom
Die jeug word vandag voor baie uitdagings gestel wat insluit:
hoë werkloosheid
armoede
misdaad
siektes en besmettings
gebrek aan vaardighede
gebrek aan toegang tot basiese dienste
Die uitwerking van MIV/Vigs het die jeug swaar getref. Huishoudings met jongmense en kinders aan die hoof neem toe weens ouersterftes as gevolg van MIV/Vigs-verwante opportunistiese siektes, soos tuberkulose.
Beskikbare geleenthede vir die Jeug
In sy Staatsrede, het president Jacob Zuma 2011 tot ‘n jaar van werkskepping verklaar. Hy het gesê dat inisiatiewe vir werkskepping daarop gemik moet wees om jeugontwikkeling te bevorder.
Om te help om werkloosheid aan te pak, subsidieer die regering die koste verbonde aan die huur van jongmense ten einde werkgewers in die privaatsektor aan te moedig om mense sonder ervaring in diens te neem.
Sake soos onderwys, vaardighede en kleinsake-ontwikkeling vir die jeug was ‘n duidelike kenmerk van die begrotingsrede van die Minister van Finansies Pravin Gordhan, vir die boekjaar 2011/12.
Die Minister van Finansies het aangedui dat finansiële bystand aan studente versnel sal word om meer jongmense toegang tot verdere onderwys- en opleidingskolleges te gee vir die ontwikkeling van vaardighede. ‘n Groter bedrag geld is gestort in die Nasionale Vaardigheidsfonds, wat opleiding vir werksoekers finansier.
	Ander regeringsprogramme sluit in:
Die program van die nasionale landelike jeugdienskorps, wat deur die departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming begin is om jongmense te help om nuwe vaardighede te ontwikkel wat hul gemeenskappe tot voordeel kan strek
Die nasionale opleidingsprogram vir jong sjefs, wat deur die departement van Toerisme begin is om vaardighede, kennis en ervaring aan jongmense oor te dra sodat hulle volhoubare werksgeleenthede in die gasvryheidsbedryf en toerismenywerheid kan kry
Die ontwikkelingsprogram vir vakleerlinge, wat deur die nasionale Departement van Openbare Werke begin is om noodsaaklike vaardighede te ontwikkel vir jongmense in die bou-ondernemingsektor
Die demokratiese regering het strukture soos die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NJOA) in werking gestel, wat deur die wet verplig word om alle sake betreffende die jeug te hanteer, van beleid tot ontwikkeling.
Die NJOA is die struktuur wat deur die regering tot stand gebring is om regstreeks te reageer op ekonomiese uitdagings waarvoor jongmense te staan kom, en as ‘n agentskap wat ontwikkeling finansier, is dit daarop ingestel om ‘n platform vir werkskepping, vaardigheidsontwikkeling, en vaardigheidsoordrag vir die jeug van Suid-Afrika tot stand te bring.
Die Rol van die Parlement in Jeugontwikkeling
Ten einde die tema te bevorder van “ ‘n Parlement wat omgee en jeugontwikkeling bevorder om ekonomiese vryheid te bewerkstellig”, het die Parlement verskillende platforms in werking gestel om sake wat die jeug raak, te hanteer.
Die Parlement beskik oor die volgende komitees om jeugsake te hanteer:
Die Portefeuljekomitee oor Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede
Die Gekose Komitee oor Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede.
Hierdie Komitees is verantwoordelik vir toesighouding oor jeugsake en moet wetgewing wat jongmense raak, hanteer.
Die Parlement het verskillende inisiatiewe wat sekere sektore teiken, byvoorbeeld die Jeugparlement (wat gedurende Jeugmaand gehou word) waar sake wat betrekking het op die jeug bespreek word. Deelname word beperk tot jongmense, en werksaamhede daarvolgens geskeduleer.
Die Grondwet verplig die Parlement om die publiek by sy bedrywighede en prosesse te betrek; daarom word die jeug as deel van die gemeenskap gereeld uitgenooi om aan die Parlement se inisiatiewe deel te neem, soos openbare verhore, die Staatsrede en ander uitreikprogramme en programme vir openbare deelname.
Hulle kan ook hul standpunte deur middel van mondelinge en geskrewe voorleggings stel.
Die jeug maak ook deel uit van die die publiek wat komiteevergaderings kan bywoon, waar die meeste van die Parlement se werksaamhede plaasvind, en jongmense kan sittings bywoon ten einde waar te neem, en hulself te verryk en te bemagtig.
“Die Jeugparlement: die toekoms in ons Hande
