Vier die Jeug van Suid-Afrika

Agtergrond
In 1974 het die apartheidsregering besluit om die rel opnuut in te voer wat dr HF Verwoerd sonder sukses in werking probeer stel het in 1953 toe hy die onderwysportefeulje beklee het. Die regering aan die bewind het die 50/50-rel afgedwing, naamlik dat Afrikaans die medium van onderrig moes wees vir wiskunde en sosiale studie, terwyl wetenskap, houtwerk en kuns en handwerk in Engels onderrig sou word. Die aanvanklike weerstand was van die kant van onderwysers en ouers.

In 1975 het die skoolraad van sewe skole hul personeel opdrag gegee om nie in Afrikaans te onderrig nie, wat tot die afdanking van vyf raadsvoorsitters deur die Bantoe-onderwysdepartement gelei het.

Teen 1976 het afkeer van die Bantoe-onderwysstelsel toegeneem. In die aanloop tot die opstande van 16 Junie, het Soweto-leerlinge die slagspreuke Enter to Learn, Leave to Serve by die ingang van een van die sekondre skole geskryf.

Teen Maart van daardie jaar is Afrikaans as medium van onderrig by sommige skole in die Soweto-omgewing afgedwing, en verset teen die 50/50-rel het begin toeneem. 

Op 17 Mei het sommige skole boikotte gerel en daarop aangedring dat Afrikaans as medium van onderrig afgeskaf word.

In Junie het sommige skole geweier om hul eksamens in sosiale studie in Afrikaans af te l en gedreig om die Junie-eksamens volskaals te boikot.

Op Sondag 13 Junie is n vergadering bel waar besluit is dat n optog op 16 en 17 Junie deur Soweto gehou sal word, wat met n massasaamtrek op Vrydag 18 Junie sou afsluit. By die vergadering op daardie Sondag is n komitee genaamd die Soweto Action Committee (SAC) gestig, wat uit twee lede van elke sekondre skool in Soweto bestaan het. Die komitee is aangestel om die voorgenome vreedsame optog te beplan.
 
Op 13 Junie het die SAC en almal wat die vergadering bygewoon het n eed van geheimhouding afgel sodat die planne nie deur informante in die wiele gery sou word nie. Oor die volgende drie dae het hulle die woord versprei en haastig instruksies uitgestuur oor wat om op die dag te doen. 

Op Woensdagoggend 16 Junie 1976 het skoolleerlinge dwarsdeur Soweto by meer as 12 versamelpunte vir die optog bymekaargekom. Die maarskalke het kartonplakkate met handgeskrewe slagspreuke soos  Down with Afrikaans en Afrikaans is a Tribal language versprei.

 
Die Betekenis van 16 Junie
Di dag herdenk die toppunt van verset deur die jeug van Suid-Afrika wat voor di dag begin het en tot die koms van demokrasie in 1994 voortgeduur het. Die Soweto-opstande, die kookpunt van jeugdige weerstand, het aanleiding gegee tot n landwye reeks protesoptogte wat met geweld deur die apartheidsowerhede onderdruk is. Hope mense het gesterf, honderde is in hegtenis geneem en baie het die land verlaat om hulle by die verbode vryheidsbewegings in ballingskap aan te sluit. Die betekenis van 16 Junie 1976 l opgesluit in die wyse waarop dit menslike opoffering, n verbintenis tot die stryd om vryheid en aktivering van die burgery simboliseer.

Dit het ook aanleiding gegee tot die ontwikkeling van n onderwysstelsel wat menswaardigheid, kultuurverskeidenheid en vryheid van keuse respekteer, en daarna strewe om gelyke toegang te verseker.

Die optrede van die jongmense in die 70s het oneindig baie tot die vorming van die toekoms van ons land bygedra. As toekomstige leiers kon hulle hul lot bepaal en self die weg baan wat hulle wou volg. Deur hul insig, optrede en opofferings het hulle die stryd teen die onderdrukkende regime aangevuur, wat uiteindelik tot demokrasie gelei het.

Jongmense speel steeds n belangrike rol in die samelewing en die demokratiese regering is verbind tot die ontwikkeling van die jeug, wat die toekomstige leiers en bewaarders van ons duur verworwe vryheid is. Die belange van die jeug word nou deur die nuut gestigte Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NJOA) bevorder, wat die Nasionale Jeugkommissie en Umsobomvu-jeugfonds vervang het as die regeringsliggaam wat jeugkwessies behandel.

Uitdagings vir die Jeug
Baie uitdagings staar die jeug van vandag in die gesig, en dit sluit in n ho persentasie werkloosheid, armoede en misdaad. Werkloosheid strek oor n wye spektrum van jeugdiges, van matrikulante tot diegene wat aan tersire instellings gradueer.

Die jeug van Suid-Afrika moet ook die uitdagings trotseer wat seksueel oordraagbare siektes en infeksies, insluitend MIV/Vigs, inhou.

Huishoudings waar jeugdiges of kinders die leiding moet neem, word al meer aangetref weens die dood van ouers as gevolg van MIV/Vigs-verwante opportunistiese siektes, soos TB.

Die belangrikste uitdaging vir di land is om jongmense bewus te maak van hul identiteit, te sorg dat hulle kennis dra van hul geskiedenis en hulle aan te moedig om patrioties te wees. Te oordeel na die belangstelling wat jongmense in die vierde demokratiese verkiesing getoon het, is dit n stryd wat gewen word.

Geleenthede vir die Jeug
Die demokratiese regering het strukture in werking gestel soos die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NJOA) wat die opdrag het om alle jeugkwessies te hanteer, van beleid tot ontwikkeling. Die Minister in die Presidensie is vir di agentskap verantwoordelik. Die NJOA is die liggaam wat deur die regering gestig is om direk aandag te skenk aan die ekonomiese uitdagings wat die jongmense in die gesig staar, en as n ontwikkelingsfinansieringsagentskap is dit ook gerig op die skep van n forum vir werkskepping, vaardigheidsontwikkeling en die oordrag van vaardighede vir die Suid-Afrikaanse jeug.
 
Aandag aan en klem op onderwys word weerspiel deur die feit dat Basiese Onderwys en Verdere Onderwys afsonderlike ministers het om te verseker dat hul portefeuljes die nodige aandag ontvang.


Die Rol van die Parlement in Jeugontwikkeling
Die Parlement het komitees soos die Portefeuljekomitee oor Vroue, die Jeug, Kinders en Mense met Gestremdhede en die Gekose Komitee oor Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede wat hulle vir jeugkwessies beywer. Di komitees is verantwoordelik vir toesighouding oor jeugkwessies, en moet wetgewing hanteer wat jongmense raak.  

Die Parlement het in sy oorkoepelende taak om wette te maak baie wette aangeneem soos die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003, die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998, en die Wet op Gelyke Indiensneming.

In sy toesighoudingsrol hou die Parlement toesig oor die inwerkingstelling van bepaalde wetgewing, met inbegrip van dt wat op die land se jeug van toepassing is.

Hoe Suid-Afrika se Jeug by die Parlement betrokke kan raak
Ten einde die Parlement meer toeganklik te maak, is daar n program bekend as Members Interface, waartydens jongmense met n individuele Parlementslid kan skakel oor kwessies wat vir hulle belangrik is. Hulle kan ook hul stem laat hoor deur mondelinge of geskrewe voorleggings te doen.

Die jeug is ook deel van die publiek wat komiteevergaderings kan bywoon, waar die meeste van die Parlement se werk plaasvind, en hulle kan sittings bywoon om waar te neem en hulself te verryk en te bemagtig.

Die Parlement het verskeie inisiatiewe wat op verskillende sektore gerig is, byvoorbeeld die Jeugparlement (wat gedurende die Jeugmaand aangebied word), waartydens kwessies wat vir die jeug ter sake is, bespreek word. Deelname word tot jongmense beperk en die verrigtinge word aan hulle gewy.

Die Grondwet verplig die Parlement om die publiek by sy bedrywighede en prosesse te betrek, daarom word die jeug, as deel van die samelewing, dikwels uitgenooi om deel te neem aan die Parlementre inisiatiewe, soos openbare verhore, die staatsrede en ander programme gemik op uitreiking en openbare deelname.

Produced by the Public Education Office
Parliamentary Communication Services
INSPIRED BY PEOPLE


www.parliament.gov.za
Posbus 15, Kaapstad, 8000
Telefoon:	(021) 403 3341
Faksimilee:	(021) 403 3303

Di pamflet is in al die amptelike tale van Suid-Afrika beskikbaar.
