(;tezd(Le '.
T~o Tone Farming
C .N. Barends
I(JIv
d~rtb.
<"
Uitvlugtpla as
De Wet
P.o. Box. 65
6853
21 Januarie 2010
Agbare Mi nister Ti na Joemat Pietersen
Insake : Produksie kapitaal
Two Tone Farming is 'n grondhervormingsprojek gebaseer in die De Doorns
(Hexvallei) omgewing in die Wes Kaap wat bestuur was d eur Mnre C.N. Barends
en Douglas Claassen wat ook die direkteure is van die maatskappy wat in 2005
geregistreer was.
Two Tone Farming is 'n uitvoertafeldruif plaas wat tafeldruiwe uitvoer vir die
oorsese markte. Ons uitvoeragent was SAFE (South African Fruit Exporters) wie
vir ons die uitvoere en bemarking hanteer het in die buiteland. In die eerste jaar
(2005) het dit baie goed gegaan en ons het 'n totaal kartonne van + - 100 000
geproduseer. SAFE het ons minimum R30 per karton belowe, sou ons vir hulle 100
000 kartonne produseer, wat ons toe wei gedoen het.
Na die oes seisoen het SAFE ons egter weegedeel dat hulle nie verder met ons
gaan besigheid doen nie en die vyf jaar kontrak wat ons met hulle het , nie verder
gaan na kom nie. Die rede vir dit was onduidelik en ons moes toe na ander
uitvoerders gaan vir produksie kapitaal om die volgende oes voor te berei. Met die
taak was ons egter onsuksesvol aile deure het vir toe gegaan so ver ons gegaan
het.
Terwyl 90% van die boere in die Hexvallei hulle produksie kapitaal van die
uitvoerders kry , was ons egter van al die uitvoerders meegedeel dat hulle ons nie
kan help nie, kwansuis, omdat ons met SAFE besigheid gedoen het en ons terug
na SAFE toe moet gaan , maar SAFE wou egter nie met ons besigheid doen nie.
Ek het toe SAFE se 'baas' Mnr. Anton de Vries gebel en 'n afspraak met hom
gemaak, wat hy toe aan my toegestaan het. Tydens die geprek het Mnr. De Vries
aan my genoem en herken dat van die produsente nie gelukkig is met hom wat vir
ons produksie kapitaal voorsien nie en dat hulle nie langer druiwe aan hom
maatskppy sal gee indien hy ons verder sou help.
Ek het hom gevra wat die probleem dan is en hy het gese ek moet ontslae raak .
van my venoot en dat die boere nie gelukkig is met hom in die bedryf nie omdat
hy nie boer is nie en die boerdery in onguns bring (5005 hulle dit genoem het). Hy
en sy maatskappy saam met die boere is bereid om my nog 'n kans te gee in die
bedryf. Hy het ook aan my genoem dat ek nerens reg sal kom indien ek voort gaan
met my vennoot nie. Na vele gesprekke met baie boere in die vallei is dit aan my
bevestig dat daar vir my nog 'n kans is sonder die vennoot. Almal van hulle het
aan my genoem dat hulle 'n brief ter ondersteuning vir my sal gee indien my
vennoot nie meer daar is nie, aangesien hy geen onderviding van boerdery het nie.
Ek het toe met my vennoot (Douglas Claassen) gaan praat en aan hom genoem
wat die probleem is en gevra of hy nie wil onttrek nie, aangesien die plaas nou al
vir twee jaar stil staan en ons by niemand bedryfskapitaal kon kry om met die
boerdery voort te gaan nie. Hy het aan my erken hy is en wil nie boer nie en dat ek
hom moet uitkoop. Hy het aan my genoem dat hy sal gaan as ek hom met
R300 000 uitkoop, sodat hy met 'n transport besigheid kan begin. Pogings van my
om die R300 000 te bekom was egter onsuksesvol , aangesien die plaas vir + -
twee jaar geen inkomste gegenereer het en nie in "n finansiele posisie is om enige
lenings of skulde aan te gaan nie en dat Douglas nie geregtig is op enige
uitbetalings nie aangesien die plaas in "n finansiele krisis is.
Ek was en is steeds bereid en gewillig om met die boerdery voort te gaan met
finansiele ondersteuning van die staat en die boere in die omgewing wat my sal
bystaan met mentorskap en finansiele beplanning. Dis nou vier jaar later en die
plaas staan nogsteeds stil en niemand behalwe ek woon op die plaas en probeer
die fort hou vir die afgelope vyf jaar,waar ek vir +- 120 mense werk verskaf het
,maar asgevolg van my situasie waarin ek is , sit baie van daardie mense vandag
sonder werk.
Ek is tans die Wyksraadslid(A.N.C.) vir die Breedevall ei Munisipaliteit en ook die
Tak voorsitter, maar sal graag wil voort gaan met die boerdery aangesien ek "n
boer in murg en been is met meer as 15 jaar se ondervinding in die tafeldruif
boerdery.Ek bly egter lojaal en lief vir die A.N.C en sal nogsteeds 100% gee ten
spyte my situasie.
Ek sou graag wil he u departemente moet my die geleetheid bied om van hierdie
plaas "n spog plaas te maak deur vir my bedryfskapitaal vir die volgende 3 jaar te
bied en ook my vennoot (Douglas) te onthef wat geen ondervinding van boerdery
het in vergelyking met die 12 jaar waar ek "n produksie bestuurder op "n plaas in
die Hexvallei was voor ek my ei e boerdery begin het nie.Ek stuur ook saam met
hierdie brief 'n uiteensetting van 'n kontantvloei vir die volgende 3 jaar vir die
pia as en ook briewe van boere wat hulle ondersteuning aan my bel owe het.
Ek hoop u Agbare minister kan dit in u hart en ministerie vind om my te help en ek
glo deur u hulp ek ook 'n verskil in my gemeenskap se lewensomstandighede
bring deur middel van werkskepping en bemagtiging van kennis in die boerdery
bedryf .
Ek hoop u sal my aansoek goedgunstig oorweeg en my nog 'n geleentheid gee om
te wys ons "swart opkomende boere" kan doen met die nodige ondersteuning.
By voorbaat dank
C~
Rdl. C.N. Barends
(082 964 3448)
