ONS PARLEMENT

- SAKGIDS



INHOUD

Hoofstuk 1

Die Parlement in ons demokrasie

Die Parlement sedert 1994

Embleme en simbole



Hoofstuk 2

Die Parlement in aksie

Die Parlement se mandaat en werksaamhede

Die Nasionale Vergadering

Die Nasionale Raad van Provinsies

Voorsittende Beamptes van die Parlement

Die Parlementêre terrein en die mense wat daar werk



Hoofstuk 3

Hoe wette gemaak word



Hoofstuk 4

Deelname van die publiek

Vind meer uit oor die Parlement



Hoofstuk 5

Etiek en die Parlement



Hoofstuk 6

Belangrike jaarlikse gebeurtenisse

Die Staatsrede

Die Begrotingsrede

Die Mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring



Hoofstuk 7

Kontakbesonderhede vir die Parlement

Algemene navrae

Komitees van die Nasionale Vergadering

Komitees van die Nasionale Raad van Provinsies

Gesamentlike Komitees

Kantoor van die Registrateur van Lede se Belange

Kantore vir Parlementêre Demokrasie

Parlementêre Kommunikasiedienste

Parlementêre Toere

Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel



HOOFSTUK 1

Die Parlement in ons demokrasie



Wat is die verskil tussen die Parlement en die regering?

Die Parlement is die wetmakende (wetgewende) vertakking van die Suid-Afrikaanse staat. 'n Verdere vertakking van die staat is die Regbank of howestelsel, wat die wette vertolk en toepas. Die Regering, onder leiding van die Uitvoerende Gesag, naamlik die President, Adjunkpresident en Kabinetsministers, is vir die toepassing van wette en programme verantwoordelik.

PCS DIAGRAM ADAPTED COMES HERE (please translate PARLEMENT, MENSE, REGBANK, UITVOERENDE GESAG)



Die Parlement se spesifieke rol, as die wetgewende vertakking van die staat, is om wette goed te keur en om die Uitvoerende Gesag verantwoordelik te hou vir die toepassing van dié wette, wat gemik is op doeltreffende en doelmatige dienslewering aan die mense van Suid-Afrika. 



Die Parlement is die belangrikste forum waar die publiek sake van nasionale belang kan bespreek, byvoorbeeld misdaad of 'n ekonomiese insinking. Dit is waar nuwe wette goedgekeur word en bestaande wette gewysig word. Die Parlement moet ook toesig hou oor die wyse waarop die regering die wette van die land in werking stel.



Die Parlement sedert 1994

Die eerste demokratiese Parlement van Suid-Afrika, van 1994 tot 1999, se grootste uitdaging was die noodsaaklikheid om ongeëwenaarde en wesenlike verandering teweeg te bring. Soos bepaal word in ons nuwe Grondwet, moes hy nuwe politieke en administratiewe instellings tot stand bring met nuwe reëls, prosedures, meganismes en die vermoë om nie alleen al die mense van Suid-Afrika te dien nie, maar ook om hulle by sy werksaamhede te betrek. Die oorweging en goedkeuring van nuwe wette wat ten doel het om uitvoering te gee aan die Grondwet en die ideale van ons nuwe demokrasie, soos vervat in die Handves van Regte, het heelwat tyd en energie in beslag geneem.



Gedurende die tweede demokratiese Parlement, van 1999 tot 2004, was die noodsaaklikheid om wette te maak nie so dringend nie, en die Parlement kon meer tyd bestee aan die monitering van die Uitvoerende Gesag – die President, Adjunkpresident, Kabinetsministers en hul staatsdepartemente – en aan die evaluering van dienslewering en wetstoepassing.



Gedurende die derde demokratiese Parlement, van 2004 tot 2009, is groter klem geplaas op die verdieping van die instelling se toesighoudingsfunksie en die aanmoediging van deelname deur die publiek aan die werksaamhede van die Parlement. 



Die vierde demokratiese Parlement, tot stand gebring ná die algemene verkiesing in 2009, het 'n aantal nuwe terreine geïdentifiseer wat aandag vereis. 



Dít sluit in die ontwikkeling van meganismes om die Parlement se funksie van toesighouding oor die Uitvoerende Gesag te verskerp, die Parlement se rol in nasiebou uit te brei en te besluit hoe die Parlement 'n kragtiger instelling kan word waar mense in groter mate betrek word. Dit beteken die skep van 'n aktivistiese Parlement, toegespits daarop om dienslewering te verbeter om die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van alle Suid-Afrikaners te verseker. Die Parlement probeer ook vasstel hoe sy rol as een van die belangrikste demokrasie-instellings tot die maksimum versterk kan word. In dié rol hou die Parlement nie alleen die regering verantwoordelik nie, maar is hy ook self verantwoordelik aan alle Suid-Afrikaners om seker te maak dat hul behoeftes uitgespreek word en dat daaraan aandag geskenk word.



Die Money Bills Amendment Procedure and Related Matters Act wat in 2008 goedgekeur is, bepaal die grondslag vir die "aktivistiese" Parlement waarna die Speaker van die Nasionale Vergadering, mnr Max Sisulu, in die bespreking van sy begrotingspos in 2009 verwys het. 



Die Wet stel die Parlement in staat om die begroting in sy geheel, asook die begrotings van spesifieke nasionale departemente, aan te suiwer. Voor die Wet aangeneem is, kon die Parlement die begroting óf goedkeur óf verwerp, maar nie aansuiwerings teweegbring nie. Hierdie nuwe Wet plaas 'n groot verantwoordelikheid op die Parlement. Met dié verantwoordelikheid sal die aard van die verhouding tussen die Parlement as die wetgewer, en die Uitvoerende Gesag as die instelling wat dienslewering moet verseker, nuwe gestalte begin kry. 



Nog 'n saak wat ondersoek sal moet word, is die rol van die Parlement in internasionale verdrae. 'n Meer aktiewe rol in die konsepstadium van internasionale ooreenkomste en verdrae en die rol van die Parlement in die bevordering van die demokrasie moet oorweeg word. Daar moet besin word oor die vraag of die Parlement die wil van die mense van Suid-Afrika ten opsigte van kwessies van internasionale bestuur wat hul lewe raak, wesenlik weerspieël. Die wyse waarop die Parlement in werklikheid toesig hou oor die nakoming van internasionale ooreenkomste en verdrae, moet ook ondersoek word. 



'n Internasionale ooreenkoms is bindend vir die Republiek van Suid-Afrika slegs nadat dit by 'n besluit van beide Huise van die Parlement goedgekeur is. Die uitsonderings is ooreenkomste van tegniese, administratiewe of uitvoerende aard, of dié wat nie bekragtiging of instemming vereis nie. Sodanige ooreenkomste moet slegs binne 'n redelike tydperk in beide Huise van die Parlement ter tafel gelê word.



Embleme en simbole van die Parlement

REPRODUCE ILLUSTRATIONS AND TEXT FROM INSIDE COVER OF FOLDER ENTITLED ESTABLISHMENT OF 4TH DEMOCRATIC PARLIAMENT.



Die Swart Roede

Die Swart Roede is die simbool van gesag van die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Dit word in die seremoniële optog deur die Draer in die Huis ingebring vir die sitting of formele vergadering van die Huis. Dit weerspieël die belangrike rol van die provinsies in die funksionering van die Parlement. Wanneer dit in die regop posisie langs die Voorsittende Beampte se stoel geplaas word, beteken dit die Nasionale Raad van Provinsies is formeel in sitting.

PHOTO OF BLACK ROD



Die Ampstaf van die mense

Die Ampstaf is die simbool van gesag van die Speaker van die Nasionale Vergadering. Die teenwoordigheid van die Ampstaf dui daarop dat die Nasionale Vergadering amptelik in sitting is. Die nuwe Ampstaf is ontwerp om die geskiedenis, tradisies, diversiteit, kulture en tale van Suid-Afrika te weerspieël. Dit gedenk ook die land se natuurskoon, sy plant- en dierelewe en sy ryk mineraalbronne.

PHOTO OF MACE



Die Suid-Afrikaanse vlag

Die nasionale vlag het uiters noukeurig bepaalde dimensies, in sy geheel, asook ten opsigte van elke kleur. Die vlag moet ook op 'n spesifieke wyse aan die vlagpaal vasgebind word. Die vlag het 'n reghoekige vorm, en die lengte daarvan is een en 'n half maal die wydte. Die kleure is swart, goud, groen, wit, brandrissierooi en blou. Dit bestaan uit 'n groen Y-vormige strook wat een vyfde van die wydte van die vlag is. Die middelste bande van die strook begin in die boonste en onderste hoek teen die vlagpaal, "ontmoet" in die middel van die vlag, en strek horisontaal verder tot in die middel van die vrykant. Die groen strook het aan die bokant en onderkant 'n wit rand, tot aan die kant van die vlagpaal waar dit goudkleurig is. Elke rand is een vyftiende van die wydte van die vlag. Die driehoek langs die vlagpaal is swart. Die boonste horisontale strook is brandrissierooi en die onderste horisontale strook is blou. Dié stroke is elk een derde van die wydte van die vlag.

DIAGRAM OF THE FLAG FROM THE CONSTITUTION





HOOFSTUK 2

Die Parlement in aksie



Die Parlement se mandaat en werksaamhede

Ingevolge die Grondwet, die hoogste Wet van die Republiek van Suid-Afrika, moet die Parlement die mense van Suid-Afrika verteenwoordig, regering deur die mense verseker en seker maak dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer verteenwoordig word.



Sodanige vereistes en verpligtinge word deur die Parlement uitgevoer deur wette te bekragtig, toesig oor regeringsaktiwiteite uit te oefen, openbare deelname te fasiliteer, samewerkende regering  te fasiliteer asook deur internasionale deelname van die Parlement.



Daarbenewens het die Parlement ‘n plig om die waardes van menslike nederigheid, gelykheid, nie-rassigheid, nie-seksisme, die oppergesag van die Grondwet en alle volwassenes se reg om te stem en om tot ‘n openbare amp in ‘n veelpartystelselsel verkies te word, te bevorder.



Die Grondwet bepaal ook die werksaamhede van die Parlement en hoe Lede tot die Parlement verkies word. 



Die Parlement bestaan uit twee Huise – die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies. 



Die Nasionale Vergadering verteenwoordig die mense en verseker dat die mense regeer. Hy doen dit deur die President van die Republiek van Suid-Afrika te kies, deur ‘n nasionale forum vir die openbare oorweging van sake te voorsien, deur wetgewing aan te neem en deur toesig te hou oor die werksaamhede van die ministeries en staatsdepartemente.



Die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig die provinsies ten einde te verseker dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer in ag geneem word. Hy doen dit deur aan die nasionale wetgewende proses deel te neem en deur ‘n forum te voorsien vir die openbare oorweging van sake wat die provinsies raak.

 

Die Parlement se werksaamhede vind tydens volle sittings plaas wanneer Lede van ‘n Huis in ‘n groep byeenkom – in gesamentlike sittings, wanneer beide Huise as ‘n groep byeenkom en in Komitees, wanneer kleiner groepe Lede vir breedvoeriger bespreking byeenkom. 



In ons huidige verkiesingstelsel word Lede van die Parlement (LP’s) nie direk deur kiesers verkies nie. Suid-Afrikaners stem vir politieke partye wat aan die algemene verkiesing deelneem, en dié partye stel dan ‘n lys kandidate vir die Parlement op. LP’s kom na die Parlement indien hulle name bo-aan dié lys verskyn. Suid-Afrikaanse burgers stem vir die party wat hulle belange ten beste verteenwoordig.

 

Die stelsel van proporsionele verteenwoordiging maak dit moontlik vir kleiner partye om setels in die Parlement te bekom. Van die 400 setels in die Nasionale Vergadering bekom ‘n party een setel vir elke 0.25%  van die stemme wat hy in ‘n algemene verkiesing verwerf. 



Tydens die algemene verkiesing in April 2009 het dertien politieke partye setels in die Nasionale Vergadering gewen:

African National Congress (ANC) – 264 setels

Demokratiese Alliansie (DA) – 67 setels

Congress of the People (COPE) – 30 setels

Inkatha-Vryheidsparty (IFP) – 18 setels

Onafhanklike Demokrate (OD) – vier setels

Vryheidsfront Plus (FF+) – vier setels

United Democratic Movement (UDM) – vier setels

African Christian Democratic Party (ACDP) – drie setels

United Christian Democratic Party (UCDP) – twee setels

African People’s Convention (APC) – een setel

Azanian People’s Organisation (AZAPO) – een setel

Minority Front (MF) – een setel

Pan Africanist Congress (PAC) – een setel



Die Nasionale Vergadering

Die Hoofregter tree as voorsitter op by die verkiesing van die Speaker van die Nasionale Vergadering en die President van die Republiek van Suid-Afrika. 



Die eerste sitting van die Nasionale Vergadering is ‘n formele byeenkoms waar dié Huis van die Parlement amptelik ingestel word.



Die lys van 400 Lede van die Nasionale Vergadering word opgestel uit die kandidaatlyste van die politieke partye wat tydens die algemene verkiesing in April 2009 genoeg stemme gekry het om setels in die Nasionale Vergadering te verseker.



Die 400 Lede word deur die Hoofregter in groepe van 10 ingesweer. Daarna versoek die Hoofregter dat kandidate vir die pos van Speaker van die Nasionale Vergadering benoem word. Indien daar meer as een benoeming vir die pos van Speaker van die Nasionale Vergadering is, word ‘n geheime stemming gehou.



Sodra die Speaker verkies is, word benoemings vir die pos van Adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering aangevra. Die nuutverkose Speaker tree as voorsitter op. Indien daar meer as een benoeming vir die pos van Adjunkspeaker is, word ‘n geheime stemming gehou.



Sodra die Adjunkspeaker verkies is, word benoemings vir die pos van die President van die Republiek van Suid-Afrika aangevra. Indien daar meer as een benoeming is, word ‘n geheime stemming gehou.



Sodra die President verkies is, hou hy/sy op om ‘n Lid van die Parlement te wees.

 

Na die verkiesing van die President kry elke politieke party ‘n spreekbeurt. Daarna kry die President die geleentheid om te reageer.

 

Die Nasionale Raad van Provinsies

Die Nasionale Raad van Provinsies bestaan uit 90 Lede, waarvan 54 permanente afgevaardigdes is. Ná die algemene verkiesing word dié permanente Lede by die eerste sitting van die Nasionale Raad van Provinsies ingesweer. 



Die 54 permanente Lede bestaan uit ses permanente afgevaardigdes van elk van die nege provinsies. 



Die Hoofregter tree as voorsitter op by die inswering van die permanente afgevaardigdes van die Nasionale Raad van Provinsies en by die verkiesing van die Voorsitter van die Raad.



Die behoorlik verkose Voorsitter lei die verkiesing van die twee Adjunkvoorsitters.



Voorsittende beamptes van die Parlement

Photos and biogs from website





Die Parlementêre terrein en die mense wat daar werk

Die Lede van die Parlement (LP’s) is die belangrikste persone in die Parlement. Maar daar is ook ander persone wat die werksaamhede van Lede van die Parlement steun. 



Die Parlement stel sy eie veiligheidspersoneel aan – die Parlementêre Beskermingsdienste. Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ook op die terrein gevestig. 



Daar is 'n administrasie, bestaande uit sowat 1 200 personeel, wat verskeie dienste verskaf – regsdienste, kommunikasiedienste, navorsing, sekretariële dienste, organisering, logistieke dienste, spyseniering, boodskapper- en skoonmaakdienste, en dies meer. 



Die President en die Adjunkpresident het kantore en personeel  in Tuynhuys. Die Adjunkpresident, in sy hoedanigheid van Leier van Regeringswerksaamhede in die Parlement, het ook ‘n kantoor en personeel in die Parlement.



Daar is ook lede van die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel op die terrein wat nou saamwerk met die Parlementêre Kommunikasiedienste vir belangrike gebeurtenisse soos die Staatsrede,  Begrotingsrede en die Mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring, wanneer die Parlement as gasheer optree. Dié gebeurtenisse lok aansienlike mediabelangstelling en vereis die samewerking van die twee vertakkings van die staat om die doeltreffende bestuur daarvan te verseker. Tydens die Staatsrede word toegang tot die Parlementêre terrein aan sowat 500 lede van die media verskaf.

 

Alle belangrike plaaslike en buitelandse maatskappye in die gedrukte en elektroniese media het kantore op die Parlementêre terrein. Dit bied aan die media geredelik toegang vir die monitering van en verslaggewing oor die werksaamhede van die Parlement.

 

Die media word deur die Parlement aangemoedig om by die Parlementêre Persgaleryvereniging aan te sluit en om aansoek te doen om 'n permit ten einde toegang tot die openbare Parlementêre terrein te verkry. Dit dra by tot begrip vir die werksaamhede van die Parlement en die Parlement se verantwoordelikheid teenoor die publiek.



Daar is 'n persgalery in beide die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies waar geakkrediteerde media vrye toegang tot alle sittings het – behalwe die Staatsrede, wanneer daar ‘n tekort aan ruimte is. By dié geleentheid is daar oor ‘n stelsel van gelyke toegang vir die media ooreengekom. 



Die Slawehuis

Dié gebou is nie op die Parlementêre terrein geleë nie, maar dit maak deel uit van die optog wat by geleentheid van die Staatsrede deur die President onderneem word. Die Slawehuis is deel van die Iziko Museums in Kaapstad en word as ‘n plek van herinnering en vir die herdenking van slawerny in Suid-Afrika beskou. Die Slawehuis dateer van 1679 en is die tweede oudste koloniale gebou in Kaapstad. Dit het voorheen as huisvesting vir die slawe van die Hollandse Oos-Indiese Maatskappy gedien. Maar oor die eeue heen het dit as een van die vernaamste staatsgeboue in Kaapstad as ‘n poskantoor, ‘n hospitaal, ‘n openbare biblioteek en die setel van die Hooggeregshof gedien. 



Van 1827 tot 1833 was dit die setel van die Britse Adviesraad. In 1834 het ‘n nuwe grondwet van die Engelse in die Kaap van krag geword en is twee rade ingestel: ‘n Uitvoerende Raad en ‘n Wetgewende Raad. Die Wetgewende Raad het in die Slawehuis byeengekom. Lede van die publiek en verslaggewers is vir die eerste keer toegelaat om die sittings van die nuwe Raad by te woon. In die verlede het alle werksaamhede agter geslote deure geskied. 



In 1853 is die eerste Kaapse Parlement, bestaande uit twee kamers, ingestel. Die nuwe Wetgewende Raad van 15 lede was die eerste koloniale “Hoërhuis” waartoe alle lede verkies is. Hulle het deurentyd in die argiefkamer in dié gebou byeengekom, totdat  hulle in 1884  na ‘n nuwe Parlementêre gebou kon verhuis. 



Die gebou van die Nasionale Raad van Provinsies

Die oudste gebou van die Parlement, wat vandag as die Nasionale Raad van Provinsies bekend staan, is in 1885 voltooi. Die oorspronklike gebou is deur Charles Freeman ontwerp. Verskeie finansiële en bouprobleme is ondervind en die projek is hertoegewys aan die Skotse argitek, Henry Greaves, wat pas by die Departement van Openbare Werke begin werk het. Die gebou is binne10 jaar voltooi, van 1875 tot 1885, teen 'n bedrag van £220 000 – vyf keer meer as die aanvanklike begroting van £40 000. 



Die gebou is van 1885 tot 1910 vir die twee Huise van die Kaapse Parlement gebruik: die Kaapse Wetgewende Raad (die Hoërhuis, na aanleiding van die Westminster-parlementêre stelsel, en die Kaapse Wetgewende Vergadering, of die Laerhuis).



Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 is die Kaapse Parlement afgeskaf. Die raadsaal van die ou Kaapse Wetgewende Vergadering het die Senaat geword, eers van die Unie van Suid-Afrika van 1910 tot 1961, en daarná van die Republiek van Suid-Afrika tot 1980, toe die Senaat afgeskaf is. Die raadsaal is weer van 1983 tot 1992 gebruik vir volle sittings van die Raad van Verteenwoordigers, bestaande uit die sogenaamde kleurlinglede wat ingevolge die Grondwet van 1983 deel van die Driekamerparlement was. 



Die Senaat is weer in 1994 as een van die twee Huise van die eerste demokratiese Parlement van Suid-Afrika ingestel. In 1997 is die Senaat deur die Nasionale Raad van Provinsies vervang. 



Die Raadsaal is in 2001 aansienlik uitgebrei, toe die ontwerp van die rye sitplekke van 'n reghoekige formaat na ‘n halfsirkel verander is. Dié Raadsaal het nietemin sy oorspronklike diep rooi kleur behou uit die dae toe dit die Hoërhuis van die Kaapse Parlement was, en is op die Hoërhuis van die Westminster-parlement geskoei.  



Die ou Volksraad-gebou

Met die Uniewording van Suid-Afrika in 1910 is ‘n verdere gebou langs die oorspronklike 1885-gebou aangebou en ‘n nuwe raadsaal vir die Unie-Parlement geskep. Dit is vir dié doel gebruik totdat Suid-Afrika in 1910 ‘n republiek geword het. Daarna was dit tot 1994 die Volksraad. Sedert 1994 word dit vir komiteevergaderings en koukusvergaderings van Parlementslede van die African National Congress gebruik. Openbare gebeurtenisse soos die Vroueparlement en die Jeugparlement vind ook hier plaas. 



Die tweede raadsaal van die ou Kaapse Parlement is ná Uniewording in 1910 in ‘n statige eetkamer vir Lede en eregaste omskep. Dit is in dié eetkamer van die ou Volksraadgebou waar die voormalige Britse Eerste Minister Harold MacMillan in 1960 sy bekende toespraak, “Winds of Change”, gelewer het.



Afrika-huis

Die kantoor van die voormalige Britse Hoë Kommissaris, wat strategies in die hart van die Parlementêre terrein geleë is, is 'n herinnering aan die koloniale verbintenis met die Britse Kroon. Die argitekte John Perry & Lightfoot het dié sandsteengebou in 1937 ontwerp en ‘n argitektuurtoekenning daarvoor ontvang.



Die gebou is in 2003 aan die Departement van Openbare Werke verkoop. Die naam is verander na Afrika-huis, en dit huisves tans die Parlement se Protokolkantoor en die Gesamentlike Komitee oor Intelligensie.



Die Marks-gebou

Die sakeman en finansier Sammy Marks het dié gebou in 1904 laat bou as sy kantoor in Kaapstad. Die argitek was die bekende sir Herbert Baker. Dit was oorspronklik 'n smal gebou, slegs drie afdelings wyd, en is later aansienlik vergroot. 



Dit is ‘n paar jaar ná voltooiing aan die Departement van Openbare Werke verkoop. 



Die raadsaal van die Raad van Afgevaardigdes (die Indiërlede van die Driekamerparlement van 1983) was in dié gebou gevestig tot hul raadsaal in die nuwe vleuel in 1987 voltooi is. Tans word LP's van die opposisiepartye, personeel en joernaliste van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie hier gehuisves. 



Die Nasionale Vergadering-gebou

Die Nasionale Vergadering-vleuel dateer van 1983. Dit is gebou om vir die bykomende behoeftes van die Driekamerparlement voorsiening te maak en is aan die suidekant van die bestaande gebou toegevoeg. Dit het dieselfde neoklassieke boustyl gevolg. Die projekleiers was die argitekte Jack van der Lecq en Hannes Meiring.



Die vernaamste kenmerk is die groot nuwe Raadsaal wat gebou is om die gesamentlike sittings van al drie Huise van die Driekamerparlement te huisves. Tans word dié Raadsaal gebruik vir die sittings van die Nasionale Vergadering. Dit word ook gebruik vir die gesamentlike sittings van die twee Huise, byvoorbeeld tydens die President se Staatsrede en vir toesprake deur internasionale staatshoofde.



Bo die nuwe hoofraadsaal vind ons die kleiner Raadsaal wat destyds gebou is om die volle sittings van die Raad van Afgevaardigdes te huisves, wat kragtens die Grondwet van 1983 vir die verteenwoordigers van die Indiër-bevolkingsgroep tot stand gebring is. Dié raadsaal is in 1987 voltooi. Dit staan vandag bekend as Komiteekamer E249, en word vir komiteevergaderings gebruik.



Die Goeie Hoop-gebou

Dié gebou het ‘n verbintenis met die Parlement wat terugstrek oor baie jare. Dit is van 1854 tot 1884 vir die sittings van die Kaapse Volksraad gebruik. Daarna het dit gedien as die banketsaal van die Good Hope Masonic Lodge, tot dit in 1892 deur ‘n brand verwoes is. Dit is omstreeks 1900 herbou as ‘n konsertsaal en ‘n teater. Dit het bekend gestaan as die Goeie Hoop-teater.



Die Staat het dit in 1916 van die Vrymesselaars gekoop vir personeelkantore vir die Goewerneur wat in Tuynhuys gesetel was. In 1925 is ‘n nuwe voorgewel in die Kaapse Herlewing-styl gebou. Vervolgens het dit as Kantoor van die Staatspresident en in die 1980's as setel van die Presidentsraad gedien. Van 1994 tot 2004 is Parlementslede van die Inkatha-Vryheidsparty hier gehuisves. Sedertdien word dit deur Parlementslede en personeel van die African National Congress gebruik.



Tuynhuys en Stalplein

Tuynhuys, wat die Presidensiële kantore huisves, ressorteer onder die Presidensie en word onafhanklik van die Parlement bestuur.



Histories het Tuynhuys (wat deur die Britte "Government House" genoem is) die terrein verskaf waarop die Parlement gebou is, wat met elke uitbreiding suidwaarts deur Tuynhuis se tuin beweeg het totdat dit in 1988 Tuynhuys se geboue bereik het. Tuynhuys het steeds dieselfde erfnommer as die Parlement en in 1984 is hulle gesamentlik tot nasionale monument verklaar. 



Die groot, oop terrein tussen die Parlement se hoofhekke en die voorkant van Tuynhuys staan bekend as Stalplein. Dié naam is afgelei van die Goewerneur se perdestalle. Dié gebied was oorspronklik die agtertuin van die gebou, met die hoofingang aan die kant van Goewermentslaan en die Kompanjiestuin. Dit het in 1913 verander, toe Goewermentslaan vir verkeer gesluit is en Stalplein die hoofingang na Tuynhuys geword het. Stalplein is in die vroeë 1980's herontwikkel toe die verbouing van Tuynhuys ook plaasgevind het om die Kantoor van die Staatspresident te huisves.





HOOFSTUK 3

Hoe wette gemaak word



Volgens die Grondwet is die Parlement verantwoordelik vir die opstel van wette wat dwarsdeur die Republiek van toepassing is. ‘n Kabinetsminister, Adjunkminister, Parlementêre Komitee of individuele Lid van die Parlement (LP) kan ‘n konsepwet, ook ‘n Wetsontwerp genoem, indien. Wetsontwerpe wat deur ‘n individuele LP ingedien word, staan bekend as Privaatlidwetsontwerpe.



Lede van die publiek kan nie Wetsontwerpe aan die Parlement voorlê nie. Hulle kan wel druk op LP's of Parlementêre Komitees uitoefen om Wetsontwerpe wat hulle as belangrik beskou, in te dien.



‘n Wetsontwerp kan een van vier verskillende roetes en prosesse volg, afhangend van waaroor dit handel en hoe dit geklassifiseer word. Dié prosesse word bepaal deur Artikels 74 tot 77 van die Grondwet, asook deur die verskeie wette en reëls wat die Parlement beheer. Volgens die Grondwet is daar die volgende soorte Wetsontwerpe: 

Artikel 74-wetsontwerpe – wat met wysigings aan die Grondwet te doen het en waarvoor ‘n tweederdemeerderheid nodig is.

Artikel 75-wetsontwerpe – gewone Wetsontwerpe wat nie die provinsies raak nie.

Artikel 76-wetsontwerpe – Wetsontwerpe wat wel die provinsies raak.

Artikel 77-wetsontwerpe – geldwetsontwerpe in verband met die begroting en begrotingstoekennings.



Wetsontwerpe wat die provinsies raak (Artikel 76-wetsontwerpe) moet eers deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur word alvorens die Nasionale Vergadering dit kan oorweeg.



Alle ander Wetsontwerpe word eers in die Nasionale Vergadering ingedien.



Sodra ‘n Wetsontwerp in die Parlement ingedien word, word dit gewoonlik na ‘n Parlementêre Komitee verwys wat toesig hou oor die Regering se Ministerie en die department wat die Wetsontwerp ingedien het. In die Nasionale Vergadering word dié Komitees Portefeuljekomitees genoem, en in die Nasionale Raad van Provinsies is dit Gekose Komitees. In die Nasionale Vergadering is daar 'n Portefeuljekomitee vir elke staatsdepartement. In die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig die Gekose Komitees groepe staatsdepartemente.



Sodra die Komitee kommentaar van die publiek oor die Wetsontwerp oorweeg het en die Wetsontwerp bespreek het, doen die Komitee ‘n aanbeveling aan ‘n volle, of algemene, sitting van die Nasionale Vergadering of die Nasionale Raad van Provinsies oor of die Wetsontwerp met of sonder wysigings goedgekeur behoort te word. ‘n Volle sitting van die Parlement kan ‘n Wetsontwerp vir verdere oorweging na ‘n Komitee terugstuur.



Indien die Parlement ‘n Wetsontwerp goedkeur, word dit na die President gestuur. Die President kan ‘n Wetsontwerp vir verdere oorweging na ‘n Komitee terugstuur indien dit nie aan grondwetlike vereistes voldoen nie. Sodra die President dit goedkeur en onderteken, word die Wetsontwerp ‘n Wet wat ten uitvoer gebring moet word.



Parlementêre Komitees en die maak van wette

Die Komitees is die enjinkamers van die Parlement. Dit bied ‘n forum waar lede van die publiek hul opinie direk kan uitspreek en die resultaat van die Parlement se besluite kan probeer beïnvloed.



Daar is altesame 52 Komitees in die Parlement – 34 in die Nasionale Vergadering, 12 in die Nasionale Raad van Provinsies en ses is Gesamentlike Komitees bestaande uit Lede van albei Huise. Die Gesamentlike Staande Komitee oor Intelligensie, die Gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging en die Begrotingskomitee en die Komitee oor Finansies is statutêre Komitees. Dit beteken dat hulle deur die Grondwet of deur ‘n Wet van die Parlement ingestel is.



Elke Komitee het ‘n Voorsitter en ‘n Komiteesekretaris. As iemand met ‘n Komitee in verbinding wil tree, is dít die mense om mee te praat.



Die samestelling van Komitees in die Nasionale Vergadering is oor die algemeen in verhouding tot die grootte van die onderskeie politieke partye se verteenwoordiging in die Parlement. In die Komitees in die Nasionale Raad van Provinsies word elk van die nege provinsies verteenwoordig.



Verskillende soorte Komitees het een of meer van die volgende funksies:

Moniteer en hou toesig oor die werk van nasionale staatsdepartemente en hou hulle verantwoordelik.

Hou toesig oor die rekeninge van nasionale staatsdepartemente en staatsinstellings.

Behartig huishoudelike Parlementêre aangeleenthede.

Ondersoek spesifieke terreine van die openbare lewe of sake van openbare belang.

Oorweeg Wetsontwerpe en wysig hulle, en kan Wetsontwerpe indien.

Oorweeg privaatlede se mosies, provinsiale wetgewende voorstelle en spesiale versoekskrifte.

Oorweeg internasionale verdrae en ooreenkomste.



Komitees het die mag om enige persoon te ontbied om voor hulle te verskyn, getuienis te lewer of dokumentasie voor te lê. Hulle kan van enige persoon of instelling verwag om verslag aan hulle te doen en hulle kan versoekskrifte, vertoë of voorleggings van die publiek ontvang. Hulle speel ‘n deurslaggewende rol in die wetmakingsproses.



Die meeste Komitees stem ooreen met die staatsdepartemente waaroor die Parlement toesighoudende en wetmakende verantwoordelikheid uitoefen.



Party Komitees se verantwoordelikheid strek egter verder as een spesifieke staatsdepartement. ‘n Voorbeeld is die Komitee oor Openbare Rekenings, wat moniteer hoe die regering die belastingbetalers se geld hanteer. Dié Komitee het die spesiale taak om te verseker dat enige gelde afkomstig van begrotingsposte en toegewys aan spesifieke staatsdepartemente regmatig bestee word.



Die Parlement bring ook ad hoc-komitees tot stand om na spesiale korttermynsake te kyk.



Die Komitees se werk is nie net beperk tot toesig oor die regering se toepassing van wette nie. Die Komitees kan enige saak van openbare belang ondersoek wat binne hul verantwoordelikheidsfeer val.



Lede van die publiek kan vertoë rig oor aangeleenthede en wette wat deur ‘n Parlementêre Komitee bespreek word, en bykans alle komiteevergaderings is oop vir die publiek. Sommige komiteevergaderings, soos dié wat handel oor sake in verband met nasionale intelligensie, is egter meestal geslote vergaderings. Oor die algemeen is komiteevergaderings egter oop vir die publiek.



Komitees is gespesialiseerde groepe wat belangrike werk op spesifieke terreine uitvoer. Die komiteestelsel laat die Parlement toe om:

Die hoeveelheid werk wat gedoen kan word te vermeerder. Dit is meer doeltreffend vir ‘n groot groep om sy werk na kleiner groepe af te wentel as om dit in ‘n enkele groep te probeer doen.

Te verseker dat sake in groter diepte gedebatteer kan word as wat in algemene vergaderings die geval is. Dit is omdat die Komitees meer tyd tot hul beskikking het om op besonderhede te konsentreer.

Die LP's se deelname aan debatte te verhoog. Lede van ‘n groep kan meer volledig deelneem wanneer die groep klein is.

LP's in staat te stel om kundigheid en diepgaande kennis van die Komitee se werkgebied op te doen.

‘n Forum aan die publiek te bied om hul standpunt direk aan LP's oor te dra, iets wat in ‘n algemene vergadering van die Parlement onmoontlik is.

‘n Forum aan die Parlement te bied om getuienis aan te hoor en dokumente te versamel wat verband hou met die werk van die spesifieke Komitee.



Komitees moet verslag doen aan die volle sitting (Huis) wat hulle aangestel het en die Huis moet sekere besluite wat deur Komitees geneem word, bekragtig. Byvoorbeeld, sodra ‘n Komitee ‘n Wetsontwerp oorweeg het, moet dié Wetsontwerp in die Huis gedebatteer word en moet daaroor gestem word.



‘n Lys van Komitees in die Parlement se Nasionale Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies en hoe om met hulle in verbinding te tree, verskyn op bl… tot …



HOOFSTUK 4

Deelname van die publiek



Die aanneem van wette is slegs een van die Parlement se funksies.



Die Parlement het ook ‘n verantwoordelikheid om die regering – dws die President, Kabinetsministers en hul departemente – aan julle, die mense, verantwoordelik te hou.



Die Parlement doen dit deur toesig te hou oor die regering se optrede. Dit sluit in om te bepaal of wette, programme en beleide toegepas word en hoe hulle werk. 



Dit word toesighouding genoem. Een manier om dié toesig uit te voer, is dat Komitees spesifieke plekke of programme besoek om eerstehands inligting te verkry oor wat aangaan. ‘n Ander manier om toesig te hou is om vergaderings te hou – wat oop is vir die publiek - waar amptenare van die staat oor hul werk ondervra kan word.



Maak voorsiening vir deelname van die publiek

Die Parlement het homself daartoe verbind om uit te reik na landsburgers deur die instelling van verskeie programme vir openbare deelname wat daarop gemik is om gewone burgers se deelname aan die Parlementêre proses te versterk.



Openbare verhore is een van die instrumente wat deur die Parlement gebruik word om openbare deelname aan sy prosesse aan te moedig. By openbare verhore kan die publiek die uitslag van sake wat voor die Parlement dien, beïnvloed. Openbare verhore vergemaklik die wisselwerking tussen LP's en die publiek.



Lede van die publiek kan vertoë tot die Parlement rig aangaande Wetsontwerpe of beleidsdokumente wat deur die Parlement oorweeg word. Die Parlementêre Komitees oorweeg sulke konsepwetgewing, wat ook Wetsontwerpe genoem word. Dié Komitees kan ook enige aspek van ‘n staatsdepartement se werksaamhede ondersoek en kan enige staatsamptenaar of Kabinetsminister ontbied om inligting te verskaf.



Oor die algemeen vra die Parlement die publiek se insette aangaande Wetsontwerpe wat oorweeg word. Die Parlement verskaf verduidelikings en opsommings oor wat met dié Wetsontwerpe beoog word. Die Parlement reël ook geleenthede om spesifieke sektore van die samelewing oor spesifieke sake te teiken om sodoende die publiek aan te moedig om belangrike aangeleenthede te bespreek. 



Lede van die publiek kan ook vertoë rig aangaande sake en wette wat deur ‘n Parlementêre Komitee bespreek word. Komiteevergaderings is meestal oop vir die publiek. Die tradisie van Parlementêre Komitees wat agter geslote deure vergader, is met Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 beëindig.



’n Integrale deel van die Parlement se inisiatief vir deelname van die publiek is ’n veldtog om radioprogramme uit te saai wat die publiek se kennis van die instelling se werksaamhede bevorder en die publiek aanmoedig om by die Parlement se werksaamhede betrokke te raak. Hierdie program word deur 18 radiostasies van die SABC in al die amptelike tale uitgesaai.



In ’n verdere poging om te verseker dat die Parlement meer mense bereik en om sy toegang en vermoë uit te brei om direk met die gemeenskappe te skakel, het die Parlement Kantore vir Parlementêre Demokrasie gestig in drie provinsies – Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap. 



Die doel van die Kantore vir Parlementêre Demokrasie (KPD’s) is die uitbreiding van toegang tot die Parlement, geleenthede en sy ligging, om met die publiek in voeling te kom en hulle voortdurend te betrek. Die KPD’s is daarop gerig om ’n forum te skep vir bespreking oor die publiek se siening van sake van nasionale belang, belangrike beleidsrigtings en konsepwetgewing wat in die Parlement voorgelê word. ’n Loodsprojek word tans in Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap uitgevoer en sal later na al nege provinsies uitgebrei word. 



Hoe om ’n voorlegging te doen

‘n Voorlegging is een manier waarop jy jou mening kan gee oor ’n Wetsontwerp wat in die Parlement bespreek word. Dit bied aan burgers die geleentheid om LP’s van plan te laat verander voordat die Wetsontwerp ’n Wet word.



Dit kan net eenvoudig ’n brief wees om die wetgewing te steun of teen te staan. Dit kan ook ’n langer dokument of voorlegging wees met voorstelle om veranderinge aan ’n Wet of beleidsrigting aan te bring. 



Die volgende wenke kan jou help wanneer jy jou voorlegging opstel:

Die Komitees ontvang baie voorleggings en as jou voorlegging kort en saaklik is, sal dit hul werk makliker maak.

Indien jou dokument langer is, maak seker dat jy ’n opsomming gee van die belangrike punte en voorstelle.

Indien jy die voorlegging as individu doen, verduidelik hoekom jy kommentaar oor die konsepwetgewing wil lewer. Noem enige opleiding of ervaring wat jy het wat met die kwessie verband hou.

Indien jy die voorlegging vir ’n organisasie doen, gee ’n kort beskrywing van die organisasie. Wie is die lede van die organisasie? Hoekom voel die lede dat hierdie saak hulle in die besonder raak? Het die organisasie enige spesiale kundigheid of ervaring in verband met die saak wat bespreek word?



Die Parlement as verteenwoordiger van die mense moedig die gebruik van al die amptelike tale aan en wil graag hê dat burgers in die taal van hul keuse by die instelling se werksaamhede betrokke moet wees.

 

Burgers kan hul geskrewe voorleggings persoonlik aflewer, pos, per e-pos stuur of dit faks. 



Lede van die publiek kan die vergaderings van die Parlementêre Komitees en sittings van die Parlement bywoon.



Vind meer uit oor die Parlement

Besoek die webtuiste

Die adres vir die webtuiste is http://www.parliament.gov.za, waar jy onder andere:

Kan uitvind wat by die Parlement plaasvind. Dit sluit in inligting oor watter Komitees vergader en wat hulle bespreek, asook watter sake in die Huise van die Parlemen bespreek word.

’n Bespreking kan doen vir ’n toer na die Parlement. 

Kan luister na die regstreekste stroomuitsending van gekose debatte en verklarings in die Nasionale Vergadering of Nasionale Raad van Provinsies. Regstreekse stroomuitsending vind gewoonlik tydens die Staatsrede, Begrotingsrede en Mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring plaas. Daar is egter ook ander gekose debatte wat regstreeks deur stroomuitsending uitgesaai word.

Kan uitvind wat die kontakbesonderhede vir LP’s en Parlementêre Komitees is.

Kan uitvind tot watter Parlementêre Komitees die Lede van die Parlement behoort.

Kan lees oor ’n wye verskeidenheid sake wat met die Parlement verband hou waarin jy dalk belangstel.



Bespreek ’n toer deur die Parlement

Toere deur die Parlement is gratis en vind gedurende die week plaas vanaf 9.00 tot 12.00, behalwe op openbare vakansiedae. Daar is geen toere op openbare vakansiedae nie. Toere duur omtrent een uur.



Luister na die Parlement se radio-uitsendings

Hierdie programme word een keer per week op al die SABC-radiostasies uitgesaai.





HOOFSTUK 5

Etiek en die Parlement



Die eerste demokratiese Parlement het etiek as ’n prioriteit geïdentifiseer. Dit is om dié rede dat die Parlement in Mei 1996 tydens die opstel van die Grondwet ’n Gedragskode vir Lede van die Parlement (LP’s) aangeneem het.



Die nuwe Parlement wou riglyne neerlê vir die wyse waarop LP’s hul privaatsake behoort te hanteer. Die Parlement wou ook meganismes skep om 'n belangebotsing te hanteer en om te verseker dat LP’s nie hul private finansiële belange bo dié van die publiek stel nie.

  

Die kode vereis dat LP’s hul finansiële belange verklaar en verskaf riglyne aan LP’s vir hul onttrekking indien daar 'n belangebotsing is. Dit verplig LP’s ook om toestemming van hul politieke partye te kry indien hulle teen vergoeding buite die Parlement wil werk. Dit verbied LP’s om stemme teen vergoeding te verwerf. LP’s kan namens hul kiesafdelings optree en stemme werf, maar mag nie vergoeding daarvoor ontvang nie. 



Die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Lede se Belange is daarvoor verantwoordelik om die Gedragskode te implementeer.



Die kode het 10 kategorieë vir openbaarmaking:

aandele en finansiële belange

werk teen vergoeding buite die Parlement

direkteurskappe en vennootskappe

konsultasiewerk

geskenke en onthaalkoste

borgskappe

reiskoste wat deur bronne buite die Parlement betaal word

voordele ontvang

grond en eiendom

pensioenegelde ontvang. 



LP’s moet al hul finansiële belange verklaar in ’n register wat die Parlement een keer per jaar publiseer.



Die belange van LP’s se gades of metgeselle en hul afhanklike kinders word in die vertroulike deel van die Register van Lede se Belange verklaar. 



Openbaarmaking deur metgeselle of gades is vertroulik omdat hierdie persone nie verplig kan word om hul belange in ’n openbare register te verklaar nie. Dit is egter ’n saak wat die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Lede se Belange geïdentifiseer het as ’n aangeleentheid vir verdere bespreking.



Betalings vir private saketransaksies wat aan LP’s gedoen word, word in die vertroulike deel van die register verklaar. 



Betalings vir konsultasiewerk wat aan LP’s gedoen word, moet aan die publiek verklaar word om te verhoed dat LP’s stemme teen vergoeding werf onder die skyn van konsultasiewerk. 



In die geval van 'n belangebotsing moet LP’s die konflik verklaar en hulself onttrek – behalwe as die forum waarin hulle deelneem, besluit dat die konflik onbeduidend is. 



Die Parlement se stelsel van openbaarmaking is gegrond op die onderliggende opvatting dat LP’s finansiële belange kan nastreef solank die belange openbaar gemaak word en nie 'n belangebotsing veroorsaak ten opsigte van LP’s se rol as verteenwoordigers van die mense nie. 



Die afgelope paar jaar het die Ouditeur-generaal die LP’s se openbaarmaking van maatskappye noukeurig hersien om die openbaarmaking van direkteurskappe te kontroleer. 



Daar is gevind dat nege van die 454 LP’s nie hul maatskappye verklaar het nie. Die meeste van die gevalle wat nie verklaar is nie, hou verband met rustende maatskappye. Die Komitee het nogtans boetes opgelê in hierdie gevalle waar daar geen openbaarmaking was nie. 



Lede van die publiek kan klagtes by die Kantoor van die Registrateur van Lede se Belange indien as hulle van mening is dat LP’s nie al hul finansiële belange verklaar het nie. 



Die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Lede se Belange is verantwoordelik vir die toepassing van die gedragskode, en die Komitee behandel alle klagtes wat ingedien word. Die Komitee se bevindings word ook aan die publiek bekend gemaak.



Indien die Komitee ’n LP skuldig bevind, kan dit ’n teregwysing of boete tot gevolg hê. Die maksimumstraf is ’n boete wat gelyk is aan 50% van die LP se maandelikse salaris.



Die Komitee aanvaar nie anonieme klagtes nie, tensy daar bewyse voorgelê word. 



Die Komitee sal die identiteit van die klaer beskerm indien dit nodig is. 



Openbaarmaking van LP’s se finansiële belange aan die publiek is in ooreenstemming met die Grondwet se vereiste dat besluitneming deursigtig moet wees. Dit is ook ’n meganisme wat LP’s verantwoordelik hou. Ons moedig mense aan om hierdie meganismes van toerekenbaarheid te gebruik om te verseker dat die Parlement die belange van die mense van Suid-Afrika verteenwoordig. 



Die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Lede se Belange het bepaal dat die Kode versterk moet word en het voorgestel dat verskeie kwessies hersien moet word, onder andere die kwessies wat hieronder gelys word.



Om ’n bogrens vas te stel vir die waarde van geskenke wat LP’s mag aanvaar.



Om ’n omvattende etiese kode te oorweeg met duidelike riglyne om oplossings te vind vir belangebotsings.



Om te bepaal of strafoplegging hersien moet word, veral vir wanpraktyke.



Om te bepaal of openbare verteenwoordigers en hul gades of metgeselle toegelaat moet word om vir regeringsake te tender.



Om bepaalde reëls vir die hantering van belangebotsings te oorweeg.



Om te bepaal of daar reëls moet wees wat verhoed dat vertroulike inligting vir persoonlike gewin gebruik word.



Om reëls te skep wat verhoed dat mag misbruik word vir persoonlike geldelike voordeel.



Die Komitee beoog om die publiek te betrek om hul mening oor hierdie belangrike aangeleenthede te gee.



Lede van die publiek wat van mening is dat LP’s nie al hul finansiële belange verklaar het nie, kan hul klagtes na die Kantoor van die Registrateur van Lede se Belange stuur.

Addres: Posbus 15, Kaapstad, 8000

Telefoon: 021-403 2476/7

Faks: 021-461 0090.





HOOFSTUK 6

Belangrike jaarlikse gebeurtenisse



Die Staatsrede

Die Staatsrede is die belangrikste gebeurtenis op die politieke kalender en dié gebeurtenis vind jaarliks in die Parlement plaas. 



In ’n jaar wanneer ’n algemene verkiesing gehou word, is daar twee staatsredes, een vóór en een ná die algemene verkiesing.



Die Staatsrede word deur die President van die Republiek van Suid-Afrika gelewer tydens ’n gesamentlike sitting van die twee Huise van die Parlement – die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies. In dié toespraak werp die President lig op die werksaamhede van die Regering die afgelope jaar, en gee hy ook ’n oorsig van die take wat in die komende jaar voorkeur sal geniet. By dié geleentheid spreek die President die nasie toe as staatshoof en nie as regeringshoof nie.



Dit is ’n staatseremonie wat gewoonlik jaarliks in Februarie gehou word waartydens die Uitvoerende Gesag, die Regbank en die Wetgewende Gesag hul konstitusionele rol ten aanskoue van die nasie vervul. Die Staatsrede word twee keer per jaar gehou in ’n jaar wanneer daar ’n algemene verkiesing is. 



Met die totstandkoming van die demokrasie in 1994, toe die Parlement se deure vir alle Suid-Afrikaners geopen is, het die Staatsrede ’n geleentheid geword wat deur die nasie gevier word, met die publiek wat deelneem aan die staat se seremoniële aktiwiteite. 



Nelson Mandela, ons voormalige president, het deelname van die publiek by dié seremonie die eerste keer 'n werklikheid gemaak. Die deelname van die publiek by die seremonie is belangrik omdat die Parlement daarna strewe om die instelling toeganklik vir mense te maak en om die publiek by sy werksaamhede te betrek. 



Die eerste deel van die seremoniële optog vanaf die Slawehuis tot by die hekke van die Parlement sluit ’n militêre erewag in.



Die President word ook deur ’n imbongi verwelkom.



’n Junior erewag tree aan vanaf die ingang tot die Parlementêre terrein tot by die verste hoek van die Nasionale Raad van Provinsies se gebou. 



Hierna vorm ‘n burgerlike erewag en nege belangrike persone ‘n ry tot aan die einde van die ou Volksraad-gebou.



Vermaaklikheidskunstenaars tree ook op verskeie plekke langs die gedeelte van die roete vir openbare deelname op.



By die trappe van die Nasionale Vergadering-gebou neem verrigtinge weer die formaat van ‘n formele staatseremonie aan.



‘n Seremoniële militêre erewag neem voor die Nasionale Vergadering-gebou plek in en ‘n militêre orkes speel die volkslied. ‘n 21-geweersaluut word afgevuur en die Lugmag voer ‘n verbyvlug uit terwyl die President die saluut beantwoord.



Die Staatsrede wat op ‘n algemene verkiesing volg, is van besondere belang omdat dit die pas verkose President se eerste Staatsrede voor die eerste gesamentlike sitting van ‘n nuut gevestigde Parlement is.



Die Staatsrede  word deur die President aangevra, via die Speaker van die Nasionale Vergadering en die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsie, deurdat hy aan hulle skryf en ‘n gesamentlike sitting van die Parlement belê.



Dit is een van die seldsame geleenthede wanneer die drie vertakkings van die staat – die Uitvoerende, Regsprekende en Wetgewende Gesag – saam in een plek vergader.



Sedert 1994 is Staatsredes volledige seremoniële geleenthede wat die volgende behels: ‘n berede polisie-eskort en ‘n seremoniële motorvoertuig-eskort, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat in gelid staan langs die Presidensiële roete tot by die Parlement, ‘n nasionale saluut deur die seremoniële erewag van die SANW, ‘n militêre orkes, ‘n verbyvlug deur die Suid-Afrikaanse Lugmag en ‘n 21-geweersaluut.



Die bedrywighede wat op die dag van die Staatsrede plaasvind, verloop gewoonlik in die volgende orde:



Lede van die Regsprekende Gesag, Speakers van Provinsiale Wetgewers, Provinsiale Premiers en Diplomate arriveer by die Kompanjiestuin se ingang tot die gebou van die Nasionale Raad van Provinsies.



Gaste en Kabinetslede maak hul opwagting.



Junior en siviele erewagte en belangrike persone neem hul plek in aan beide kante van die rooi tapyt wat van die ingang in Parlementstraat tot by die Parlementêre terrein strek.



‘n Imbongi neem sy plek by die Slawehuis in om die President te verwelkom. Die imbongi doen later dieselfde by die ingang tot die Raadsaal van die Nasionale Vergadering wanneer die President die Raadsaal binnegaan.



Voormalige Presidente, voormalige Adjunkpresidente, voormalige Voorsittende Beamptes en die voormalige Hoofregters arriveer by die ingang van die Nasionale Vergadering-gebou.



Die optog van Premiers, Speakers van Provinsiale Wetgewers, die Regsprekende Gesag, Parlementêre Voorsittende Beamptes, Adjunkpresidente en die President beweeg na die Nasionale Vergadering-gebou.



Die President beantwoord die nasionale saluut op ‘n podium buite die Nasionale Vergadering-gebou. Die President lewer sy Staatsrede in die Raadsaal van die Nasionale Vergadering.



Parlementêre Voorsittende Beamptes verdaag die gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies.



Die President, Adjunkpresident en Parlementêre Voorsittende Beamptes verlaat die Raadsaal van die Nasionale Vergadering eerste vir ‘n amptelike foto.



Gaste en Parlementslede verlaat die Raadsaal van die Nasionale Vergadering.



Die Begrotingsrede

Dit vind plaas wanneer die Minister van Finansies die begroting vir die jaar en hoe dit aan die verskillende staatsdepartemente en -instellings toegeken sal word, aan die Parlement voorlê. Die Begrotingsrede vind normaalweg na die Staatsrede in Februarie plaas.



Die Mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring

Dit vind gewoonlik jaarliks in Oktober plaas en gee aan die Minister van Finansies die geleentheid om wysigings aan die begroting, wat in Februarie van dieselfde jaar aangekondig is, aan te bring indien die omstandighede sodanige wysigings genoodsaak het. 



Die Mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring is ‘n bywerking van die geraamde inkomste, uitgawes en lenings vir die huidige boekjaar. Dit weerspieël die Kabinet se gesamentlike beskouing van die ekonomie en van die begrotingsuitdagings wat voorlê.



Die Mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring neem ‘n spesiale plek in die Parlementêre program in, aangesien dit wetgewers en die publiek, besighede en leiers in die burgerlike gemeenskap, werkers en landsburgers in staat stel om die staat se begrotingsplanne etlike maande voor die aankondiging van die Begroting te beskou.



HOOFSTUK 7

Kontakbesonderhede vir die Parlement



Komitees

Nasionale Vergadering

Portefeuljekomitee oor Arbeid

021-403 3765

083 354 4031



Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys

021-403 3764

083 709 8450



Staande Komitee oor Begrotings

021-403 3716

083 709 8489



Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake

021-403 3826

084 630 1992



Portefeuljekomitee oor Ekonomiese Ontwikkeling

021-403 3662

083 709 8470



Portefeuljekomitee oor Energie

021-403 8072

083 412 1577



Staande Komitee oor Finansies

021-403 3759

083 412 1475



Portefeuljekomitee oor Gesondheid

021-403 3770

083 709 8522



Portefeuljekomitee oor Handel en Nywerheid

021-403 3776

083 709 8482



Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding

021-403 3760

083 412 1585



Portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking

021-403 3808

083 709 8463



Portefeuljekomitee oor Justisie en Staatkundige Ontwikkeling

021-403 3820

083 709 8427



Portefeuljekomitee oor Kommunikasie

021-403 3751

083 709 8520



Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste

021-403 3667

073 158 4696



Portefeuljekomitee oor Kuns en Kultuur

021-403 3849

083 709 8389



Portefeuljekomitee oor Landbou, Bosbou en Visserye

021- 403 3844

083 709 8572 



Portefeuljekomitee oor Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming

021-403 3852

083 709 8492



Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling

021-403 3755

083 709 8397



Portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings

021-403 3725

083 709 8495



Portefeuljekomitee oor Mynwese

021-403 3671

083 574 4072



Portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings

021-403 8115

072 677 5940



Staande Komitee oor Openbare Rekenings

021-403 2376

082 922 9636



Portefeuljekomitee oor Openbare Werke

021-403 3859

083 709 8390



Portefeuljekomitee oor Polisie

021-403 3806

076 168 2230



Komitee oor Privaatlede se Wetgewende Voorstelle en Spesiale Petisies

021-403 3822

083 268 8748



Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake

021-403 3769

083 709 8533



Portefeuljekomitee oor Sport en Ontspanning

021-403 3761

083 707 2185



Portefeuljekomitee oor die Staatsdiens en Administrasie

021-403 3664

083 709 8428



Portefeuljekomitee oor Toerisme

021-403 3774

072 231 2337



Portefeuljekomitee oor Verdediging en Militêre Veterane

021-403 3673

073 123 3551



Portefeuljekomitee oor Vervoer

021-403 3727

083 709 8391



Portefeuljekomitee oor Vroue, die Jeug, Kinders en Mense met Gestremdhede

021-403 3840

083 709 8472



Portefeuljekomitee oor Waterwese en Omgewingsake

021-403 3713

083 709 8401



Portefeuljekomitee oor Wetenskap en Tegnologie

021-403 3763

083 709 8536





Nasionale Raad van Provinsies

Gekose Komitee oor Arbeid en Openbare Ondernemings

021-403 3660

083 709 8449



Gekose Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling

021-403 3779

083 709 8393



Gekose Komitee oor Finansies en Begrotings

021-403 8071

083 707 2188



Gekose Komitee oor Grond en Omgewingsake

021-403 3762

083 709 8530



Gekose Komitee oor Handel en Internasionale Betrekkinge

021-403 8077

083 294 2067



Gekose Komitee oor Maatskaplike Dienste

021-403 3799

083 709 8451



Gekose Komitee oor Onderwys en Ontspanning

021-403 3838

076 918 2994



Gekose Komitee oor Openbare Dienste

021-403 3027

083 709 8528



Gekose Komitee oor Petisies en Privaatlede se Wetgewende Voorstelle

021-403 3742

083 709 8412



Gekose Komitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake

021-403 3823

083 709 8534



Gekose Komitee oor Sekuriteit en Staatkundige Ontwikkeling

021-403 3771

083 709 8513



Gekose Komitee oor Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede

021-403 3768

083 709 8532



Gesamentlike Komitees (bestaande uit Lede van die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies)

Gesamentlike Komitee oor Etiek en Lede se Belange

021-403



Gesamentlike Grondwetlike Hersieningskomitee

021-403 3661

083 709 8453



Gesamentlike Staande Komitee oor Intelligensie

021-403 2319

083 709 8432



Komitee oor die Ouditeur-generaal

021-403 3774

072 231 2337



Gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging

021-403 2223

083 709 8487





Kantoor van die Registrateur van Lede se Belange

Adres

Posbus 15, Kaapstad, 8000

Telefoon

021-403 2476/7

Faks

021-461 0090





Kantore vir Parlementêre Demokrasie

Limpopo

Straatadres 

One Stop Shop

Ga-Matlala

0756



Posadres

Posbus 1516

Bakone

0746

Telefoon

082 938 2023

E-pos

msekonya@parliament.gov.za



Noord-Kaap

Adres

Meulsingel 4

Posbus 754

Kakamas

8870



Telefoon

054-431 0508

062 804 8591



Faks

054-431 1951



E-pos

mlekwene@parliament.gov.za



Noordwes

Straatadres

Ou Munisipale Gebou/Ou Goewerneurshuis 

Phola-afdeling



Posadres

Posbus 561

Ganyesa

8613



Telefoon

053-998 4262

082 465 6343



Faks

053-998 4261



E-pos

wseoposengwe@parliament.gov.za





Parlementêre Kommunikasiedienste

Algemene navrae

021-403 3635



Parlementêre Toere

021-403 3341



Kaartjies vir die openbare galery om ‘n sitting van die Parlement by te woon 

021-403 297 of 021-403 298





Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel

Vir inligting oor die Presidensie, Kabinetsministers en nasionale staatsdepartemente 

021-461 8145 of 021-461 8146

