DIE PARLEMENT VAN DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

HET JY GEWEET?

PETISIES

RAAK BETROKKE BY DIE PARLEMENT

Openbare deelname is n belangrike hoeksteen van ons ontluikende demokrasie; een manier om te verseker dat die Regering aan die mense verantwoording doen van sy optrede. Die Parlement het n aantal meganismes ontwikkel om openbare betrokkenheid by die wetgewende proses aan te moedig en toegang tot n Volksparlement te vergemaklik. Om betrokke te raak by die werk van die Parlement is nie so moeilik soos dit lyk nie. Een manier waarop die publiek di Grondwetlike reg kan uitoefen, is deur petisies op te stel.

WAT IS N PETISIE?

n Petisie is n formele versoek tot n owerheid om op tree. Dit kan die vorm aanneem van f die aandrang op n guns f die regstelling van n grief. Ten einde doeltreffend te wees, moet die petisie aandui wie dit beoogde ontvanger is , die aard van die versoek wat gerig word, sowel as n motivering bevat en dit moet ook die naam en kontakbesonderhede van die petisionaris(se) insluit.

SOORTE PETISIES

Petisies word in twee kategorie ingedeel, naamlik spesiale petisies en openbare of algemene petisies. n Spesiale petisie is wanneer n individu n spesifieke versoek rig of die Staat om persoonlike verligting vra wat nie deur die wet toegelaat word nie, soos die toegang tot n pensioen. n Openbare petisie is wanneer n groep burgers met gemeenskaplike belang algemene verligting versoek, wat enige ander petisie kan insluit.

VOORLEGGING VAN N PETISIE

Dit is die inherente reg van die lede van die publiek in n demokratiese samelewing om petisies voor te berei en voor te l soos en wanneer die behoefte ontstaan. Volgens artikel  17 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996) het enige groep burgers en elke individu die reg om vreedsaam en ongewapen beswaar te maak, te vergader, te betoog, n betooglinie te vorm en n petisie voor te l. Daar is egter sekere prosedure wat individue en/of groepe moet volg in die voorlegging van hul petisies.

Slegs n Lid van die Parlement (LP) kan formeel n petisie vir oorweging in die Parlement voorl. n Lid van die publiek of n groep moet dus hul petisie na hul betrokke LP stuur en vra om dit namens hulle in die Parlement voor te l.


FORMAAT VAN N PETISIE

Voordat n petisie ingedien word, moet dit aan die volgende vereistes voldoen:
In die formaat soos voorgeskryf deur die Speaker van die Nasionale Vergadering (NV) of die Voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP);
In een van die amptelike tale;
Onderteken deur die petisionaris(se) self (tensy die Speaker of Voorsitter anders besluit);
Nie in onbehoorlike, oneerbiedige taal nie;
die sake of omstandighede vir oorweging deur die Parlement duidelik uiteensit; en 
Die aard aandui van die verligting gevra en wat die Parlement by magte is om te verleen ten opsigte van sy bevoegdhede.

HOE OM N PETISIE BY DIE PARLEMENT IN TE DIEN

Omrede n petisie formeel in die Parlement voorgel moet word, moet die petisionaris(se) die ondersteuning van n LP verkry.

Dit word aanbeveel dat jy eers met n LP praat voordat n petisie ingedien word om uit te vind of hy of sy jou sal ondersteun en om seker te maak dat die formaat en inhoud van jou petisie korrek is.

Indien daar stawende dokumente is betreffende die saak deur die petisionaris geopper, heg dit aan die petisie.

Die LP sal jou petisie by die Sekretaris van die Parlement vir oorweging indien om seker te maak dit is korrek volgens formaat en inhoud voordat dit aan die Speaker of Voorsitter voorgel word.

Die petisie sal in die Parlement ter tafel gel word en na die Komitee(s) verwys word wat die saak(sake) in jou petisie geopper, hanteer.

Navrae insake petisies kan gerig word aan:
Die Dokumenteklerk
Tel: (021) 403-2224/6
