


Groep Persoonlike Ongevalleversekering
Uitvoerige Oorsig
















Die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika












01 Julie 2009 tot 30 Junie 2010




Die doel van di dokument is om n uitvoerige oorsig van die kernaspekte van die versekeringsdekking wat deur die Groep Persoonlike Ongevalle (GPO) Polisnommer FASA/1998-00426 voorsien word, aan die bestuur beskikbaar te stel. GPO word onderskryf deur FASA (onderskrywende bestuurders vir Hollard Versekeringsmaatskappy Bpk).





Die versekerdes

Die Parlement van die Republiek van Suid-Afrika (NB: Alle voordele ingevolge di polis is in die eerste instansie aan die Parlement betaalbaar.)


Persone wat gedek word

Lede van die Parlement
Werknemers van die Parlement


Dekking

Sterfte of liggaamlike besering weens n ongeluk
24-uur dekking, 365 dae van die jaar


Verduidelikende aantekeninge oor die dekking

Voordele ten opsigte van sterfte en permanente gestremdheid is betaalbaar bo en behalwe enige ander voordele wat moontlik uit ander bronne betaalbaar is (bv. groeplewensversekering, vergoeding vir beroepsbeserings en siektes (VBBS), Padongelukkefonds (POF)).
Tydelike totale gestremdheidsvoordeel is slegs betaalbaar in die mate waarin die Parlement finansieel benadeel word deur die tydelike gestremdheid van n versekerde persoon.
Die voordeel van mediese uitgawes geld slegs ten opsigte van liggaamlike besering weens n ongeluk.
Mediese uitgawes voortspruitend uit n werkverwante voorval wat deur VBBS gedek word, moet van VBBS geis word. Die dekking wat deur di GPO-polis voorsien word, sal slegs byvulling in die geval van n tekort verskaf. (LET WEL: Dt is onwaarskynlik aangesien VBBS onbeperkte mediese uitgawes vir werkverwante beserings bied).
Mediese uitgawes wat nie van VBBS verhaalbaar is nie, moet in die eerste instansie van di GPO-polis geis word.


Versekerde voordele

Sterfte weens n ongeluk	-	60% van 5 x die jaarlikse inkomste soos omskrywe
Permanente gestremdheid 	-	n Persentasie van die sterftevoordeel, afhangende van die
omvang van die gestremdheid (bv. 100% vir die verlies van n ledemaat, maar 1% vir die verlies van n toon)
Tydelike totale gestremdheid 	-	100% van die gemiddelde weeklikse verdienste vir n 
maksimum van 104 weke (eerste week uitgesluit)
Mediese uitgawes		-	n Maksimum van R50, 000 per versekerde persoon (eerste 
R250 uitgesluit)
Die maksimum bedrag wat ingevolge di polis betaalbaar is, word soos volg beperk:
Enige enkele individu			-	R10, 000, 000
Enige enkele versekerde gebeurlikheid 	-	R80, 000, 000

Belangrike uitsluitings

Selfmoord, opsetlike selfbesering, doelbewuste blootstelling aan klaarblyklike risiko of besering (behalwe in n poging om n mens se lewe te red).
Sterfte of gestremdheid wat direk aan n bestaande liggaamlike afwyking of swakheid toegeskryf kan word (NB: Stel Glenrand MIB asseblief in kennis indien u werknemers met gestremdhede het sodat ons kan probeer om dekking uit te brei).
Persone jonger as 16 en ouer as 75 (maar sekere vermelde persone word tot op die ouderdom van 85 gedek).
Enige vorm van vlieg buiten as n passasier.
Sterfte of besering waar bevind word dat die versekerde persoon onder die invloed van drank of dwelms is of waar die bloed-alkoholvlak die wettige perk oorskry.
Professionele sport, vlieg in sweeftuie of mikrovliegtuie.
Sterfte of besering as gevolg van die pleeg van n kriminele oortreding.


Eisprosedure

Alle gevalle wat moontlik tot n eis ingevolge di polis kan lei, moet so gou as wat redelikerwys moontlik is maar altyd binne 3 maande by Glenrand MIB (via Pam Hintsho vir werknemers van die Parlement of Linda Harper vir Lede van die Parlement) aangemeld word. 
Alle sterfte-eise moet onverwyld en sonder enige onnodige vertraging aangemeld word.
Vir bystand of raad met enige kwessies wat met eise verband hou, tree asseblief met die volgende personeellid van Glenrand MIB in verbinding:

Mnr Frank Ndaba	011  329 1556

Alle opbrengste van di polis is in die eerste instansie aan die Parlement betaalbaar.


Algemene navrae

Die volgende personeellede van Glenrand MIB is beskikbaar om te help met enige kwessies rakende die Parlement se GPO-polis.

Mnr Themba Zulu	011  329 1813 (Rekeningbestuurder)

Me Khanyisa Gogela	021  442 4145

Me Takalani Tshibalo	011  329 1180
