Provinsiale Week, 07  11 September 2009

Die samestelling van ons Parlement
Die Parlement van Suid-Afrika bestaan uit twee Huise:
die Nasionale Vergadering (NV), wat oor 400 lede beskik en 
die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), wat oor 90 lede beskik.

Die Nasionale Raad van Provinsies en sy rol

Die Suid-Afrikaanse Grondwet bepaal dat die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) toesien dat provinsiale belange in ag geneem word in die nasionale regeringsfeer. Dit word bereik deur aan die nasionale wetgewende proses deel te neem en deur ? nasionale forum te voorsien vir openbare oorweging van kwessies wat provinsies raak.

Die primre rol van die NRP is om debat te voer, wetgewing aan te neem en regeringsoptrede te moniteer en daaroor toesig te hou.

Die NRP verteenwoordig die provinsies om toe te sien dat provinsiale belange in ag geneem word in die nasionale regeringsfeer.

Die NRP se rol is om toesig te hou oor die nasionale aspekte van provinsiale en plaaslike regering.


Wat behels die NRP se Provinsiale Week?

Die NRP het die Provinsiale Week ingestel om toe te sien dat provinsies ? integrale rol in die bedrywighede van die nasionale Parlement speel.

Gedurende di week bring verteenwoordigers in die NRP en hul provinsiale ampsgenote toesighoudingsbesoeke aan gemeenskappe, om te verseker dat hulle regstreeks inligting inwin oor die behoeftes en uitdagings van die mense.

Die Provinsiale Week gee uiting aan die bepaling van die Grondwet, wat die NRP verplig om toe te sien dat provinsiale belange in ag geneem word in die nasionale regeringsfeer.

Die Provinsiale Week verseker ook dat provinsiale afgevaardigdes in die NRP op die hoogte bly met ontwikkelinge in hul provinsies, asook die uitdagings waarmee hulle te kampe het.

Dit voorsien afgevaardigdes van die geleentheid om met die provinsies in wisselwerking te tree en verslag te doen oor hul bedrywighede in die NRP, met die doel om nuwe mandate oor kwessies te bekom wat op die nasionale agenda geplaas gaan word.

Die Provinsiale Week voorsien ? forum vir die uitruiling en deel van gedagtes rondom diensleweringskwessies, en uitdagings waarmee die provinsies te kampe het in die vervulling van hul rolle.

Voorts skep dit ? geleentheid vir die Parlement en provinsies om saam te werk in die soeke na oplossings en om vorendag te kom met nuwe maniere om in die behoeftes van die mense van Suid-Afrika te voorsien.

Wat sal gedurende die Provinsiale Week gebeur?

Gedurende die Provinsiale Week sal die permanente afgevaardigdes van elke provinsie met verskeie strukture in hul provinsies vergader, met inbegrip van:
die provinsiale regerings  premiers en lede van die uitvoerende raad (LURe), asook hul departemente,
provinsiale wetgewers en hul Speakers,
hoofswepe en voorsitters van komitees, en
ander belanghebbendes, soos tradisionele leiers, NROs, GGOs en die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsorganisasie (Salga).

Provinsiale afgevaardigdes in die NRP, met hul provinsiale ampsgenote, sal toesighoudingsbesoeke aan gemeenskappe bring.

Die afvaardigings sal ook besoek bring aan projekte wat deur die nasionale asook provinsiale regerings in hul provinsies in werking gestel word.




Hoe sal die Provinsiale Week jou provinsie bevoordeel?

Gedurende die toesighoudingsbesoeke wat in die Provinsiale Week plaasvind, sal die provinsiale afgevaardigdes in die NRP regstreeks inligting bekom oor die behoeftes van die mense in die provinsies.

Die Provinsiale Week stel die NRP in staat om tot doeltreffende regering by te dra deur toe te sien dat provinsiale en plaaslike belange in die nasionale beleidsmakingsproses erken word.

Voorts stel dit provinsiale, plaaslike en nasionale regerings in staat om doeltreffend en bekwaam saam te werk om doeltreffende dienslewering te verseker.

DIS JOU NASIONALE RAAD VAN PROVINSIES!
DIS JOU PARLEMENT!
DEEM DAARAAN DEEL!

