Die Parlement van Suid-Afrika

Die Parlement bestaan uit twee huise 
die Nasionale Vergadering (NV) wat uit 400 lede bestaan, en
die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) wat uit minstens 90 afgevaardigdes bestaan.

Die Nasionale Raad van Provinsies

Die Grondwet verklaar dat die NRVP die provinsies verteenwoordig ten einde te verseker dat provinsiale belange in die nasionale regeringsfeer in ag geneem word. 

Dit word hoofsaaklik gedoen deur aan die nasionale wetgewende proses deel te neem en deur n nasionale forum vir openbare oorweging vir belangrike aangeleenthede wat die provinsies raak, te voorsien. 

Die NRVP verseker ook dat aangeleenthede oor plaaslike regering op die hoogste vlak verteenwoordig word.

Die samestelling van die NRVP

Die NRVP bestaan uit nege provinsiale afgevaardigdes wat deur die provinsiale wetgewers en die afvaardiging van die SA Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) benoem word.

Elke provinsiale afvaardiging bestaan uit tien lede waarvan:

ses permanente afgevaardigdes en
vier spesiale (tydelike) afgevaardigdes is.

Die Premier van n provinsie wat n spesiale afgevaardigde is, staan aan die hoof van die afvaardiging.

Die Premier kan, indien nodig, iemand in sy/haar plek aanstel.

Die afvaardiging van Salga word deur sy uitvoerende komitee vanuit n groep verteenwoordigers van die Plaaslike Regeringsverenigings in die nege provinsies gekies.

Ampsdraers in die NRVP

Die NRVP verkies Voorsittende Beamptes vanuit sy geledere;

n Voorsitter, en
 Twee Adjunkvoorsitters. 

Di beamptes is verantwoordelik vir die werksaamhede van die NRVP, speel n toesighoudende rol oor debatte en verseker dat vryheid van spraak vir afgevaardigdes binne die rels van die Huis plaasvind. 

Die permanente Adjunkvoorsitter word vir n termyn van vyf jaar verkies, terwyl die Premiers van die provinsies om die beurt as Adjunkvoorsitter vir n termyn van n jaar optree.

Die rol van die NRVP 

Daar word voorsien dat die NRVP n samewerkende regering en deelnemende demokrasie ten doel stel en hy ook as brandpunt dien om uitdrukking aan aangeleenthede van plaaslike en provinsiale regering op nasionale vlak te gee. 

Die NRVP gee uitdrukking aan die perspektiewe van die nege provinsies in Suid-Afrika en voorsien ook n platform vir plaaslike regering om aan wetgewende oorwegings op n nasionale vlak deel te neem.


1. Wetgewende rol

Die NRVP oorweeg, neem aan, wysig, stel wysigings voor aan, of verwerp wetgewing.

Alle nasionale Wetsontwerpe word oorweeg. 

Die NRVP kan ook Wetsontwerpe inisieer wat binne Bylae 4 van die Grondwet resorteer (aangeleenthede waaroor nasionale en provinsiale wetgewers gesamentlike mag beskik om wette op te stel) en sekere wetsontwerpe wat provinsies raak. 

Die komitees is verantwoordelik vir die oorgrote deel van die werk, maar alle Wetsontwerpe moet na n sitting van die NRVP vir oorweging verwys word en daar moet gestem word of die Wetsontwerp aangeneem of verwerp word.

Die NRVP  speel n grondwetlike en wetgewende rol om drie soorte Wetsontwerpe te hanteer:

Wetsontwerpe wat nie provinsies raak nie:

Provinsies word nie geraak deur Wetsontwerpe wat met nasionale werksaamhede, soos verdediging, buitelandse sake en justisie verband hou nie.

Wanneer sodanige Wetsontwerpe deur die Nasionale Vergadering aangeneem is, word dit na die NRVP terugverwys sodat daaroor gestem kan word.

Indien die NRVP veranderinge aan die Wetsontwerp wil aanbring, word dit terugverwys na die Nasionale Vergadering wat die veranderinge kan aanneem of verwerp.

Wetsontwerpe wat provinsies direk raak:

Provinsies word direk geraak deur Wetsonderwerpe wat byvoorbeeld oor onderwys, vervoer, welsyn en gesondheid handel.

Die meeste van di Wetsontwerpe kan deur enige Huis by die NRVP ingedien word, maar daar is sommige Wetsontwerpe wat slegs in die Nasionale Vergadering n aanvang moet neem. 

Elke provinsie het slegs een stem wanneer daar in die NRVP oor di Wetsontwerpe gestem word.

Indien daar n meningsverskil tussen die NV en die NRVP ontstaan of die provinsies wel deur sodanige Wetsontwerp geraak word, word die Wetsontwerp na die Bemiddelingskomitee gestuur.


Wetsontwerpe wat die Grondwet wysig:

Indien provinsies direk geraak word deur n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig of verander, moet minstens ses van die nege provinsies in die NRVP daarmee saamstem.

Indien provinsies nie direk geraak word deur n Wetsontwerp wat die Grondwet wysig of verander nie, vereis die Grondwet van die NRVP om die Wetsontwerp te oorweeg (sonder om daaroor te stem) voor dit na die NV gaan om daaroor gestem te word.

2. Toesighoudende rol

Toesig is n grondwetlike funksie van die Parlement (met inbegrip van die Provinsiale Wetgewers) om regeringsoptredes na te gaan en te moniteer.

 Die NRVP speel n toesighoudende rol in die nasionale aspekte van die provinsiale en plaaslike regering.

Die NRVP kan vereis dat n Kabinetslid, n beampte in die nasionale regering of provinsiale regering n vergadering van die Raad of n komitee van die Raad bywoon.

Afgevaardigdes van die NRVP mag aan Kabinetministers vrae rig wat in die NRVP beantwoord word.

Die NRVP of enige van sy komitees kan petisies, verto of voorleggings van enige belanghebbende persoon of instellings ontvang.

Toesighoudende besoeke word ook deur die NRVP na gemeenskappe onderneem om sodoende  direkte inligting oor die behoeftes en uitdagings van die mense te verkry. 

Komitees van die NRVP
Die komitees van die NRVP word Gekose Komitees genoem. Byvoorbeeld, die Gekose Komitee or Behuising, die Gekose Komitee oor Openbare Werke en die Gekose Komitee oor Vervoer. 

Elke komitee is n betrokke by die werksaamhede van n bepaalde regeringsdepartement. n Komitee oorweeg en wysig Wetsontwerpe, en rel openbare verhore indien n aangeleentheid van groot openbare belang is.

Komitees kan enige persoon dagvaar om getuienis af te l of om dokumente voor te l en daar kan van enige persoon of instelling vereis word om aan hom verslag te doen. 

Sodra n wetsontwerp deur n komitee oorweeg is, word dit aan die NRVP voorgel sodat daaroor gestem kan word.

Elke provinsiale afvaarding beskik oor een stem wat namens die provinsie deur die hoof van sy afvaardiging uitgebring word.

Publieke betrokkenheid by Toesig

Lede van die publiek kan n betekenisvolle bydrae lewer om te verseker dat die regering aanspreeklik vir die behoeftes van mense gehou word. Dit kan op die volgende maniere gedoen word:

1. Voorleggings
n Voorlegging aan n komitee of die Parlement is n manier om jou stem in die Parlement te laat hoor. 
Wanneer n voorlegging gemaak word, het jy die geleentheid om die siening van lede van die komitee, wat bepaalde wetgewing bespreek en oorweeg, te benvloed voordat sodanige wetgewing afgehandel word.
2. Petisies:
n Petisie is n manier om griewe oor aangeleenthede van openbare belang onder die Parlement se aandag te bring om binne magte op te tree.
Elke landsburger beskik oor die reg om ingevolge die Grondwet petisies aan die Parlement te rig.
Enige persoon, groep persone of organisie beskik oor die reg om n petisie aan die Parlment te rig.
3. Tree in verbinding met Lede van die Parlement
Lede van die publiek kan met Parlementslede in verbinding tree by kiesafdelingskantore regoor die land of by die Parlement, indien hulle ondersteuning vir n aangleentheid wil win, sterk oor n aangeleentheid voel of bystand vir n bepaalde probleem verlang. 




