Die Nasionale Vergadering 

DIE PARLEMENT VAN SUID-AFRIKA

Die Parlement bestaan uit twee Rade, naamlik die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies. 

DIE NASIONALE VERGADERING (NV) 

Die Nasionale Vergadering word elke vyf jaar verkies in n nasionale         
           verkiesing.
Tydens die verkiesing maak die kiesers n keuse oor wie hulle moet
           verteenwoordig deur vir die politieke partye van hul keuse te stem. 

 DIE ROL VAN DIE NASIONALE VERGADERING 

Die grondwetlike mandaat van die NV sluit die volgende funksies in: 

Die Wetgewende Rol 
Een van die NV se belangrikste take is om die wette te maak  
           waarvolgens die land regeer word.
Die NV verwys Wetsontwerpe na Komitees vir verdere bewerking en 
           voer debat daaroor.
Die NA kan Wetsontwerpe goedkeur, verwerp of dit terugverwys na 
          n Komitee vir verdere bespreking.   

Die Toesigrol
Een van die Parlement se verantwoordelikhede is om die optrede van 
           die regering en ander Staatsorgane fyn dop te hou en te moniteer om
           toe te sien dat wette uitgevoer word, begrotingsgeld reg benut word en
           die Grondwet nagekom word.
Die Parlement hou die Uitvoerende Bestuur rekenpligtig deur
           begrotings goed te keur, parlementre vrae te stel, parlementre 
           debatte te hou oor belangrike kwessies en deur voorstelle in verband
           met die werksaamhede van die regering tot stemming te bring.

Die Verkiesing van die President 
Die NV het n grondwetlike mandaat om een van sy Lede as President 
           van Suid-Afrika te verkies.  

DIE SAMESTELLING VAN DIE NASIONALE VERGADERING

Die NV bestaan uit 400 verkose Parlementslede (LPs).
Die lede van die NV word volgens die stelsel van proporsionele 
           verteenwoordiging verkies.
Voor n verkiesing stel elke party n kandidatelys op in volgorde van
           voorkeur. Hierdie kandidate word dan verkies ooreenkomstig die          
           aantal stemme wat die party in die verkiesing wen. As n party bv. die 
           helfte van die stemme wen, kry hy die helfte van die setels in die NV.

AMPSDRAERS VAN DIE NASIONALE VERGADERING

Voorsittende Beamptes
Tydens die eerste sitting van die NV verkies die lede van die NV die  
           Speaker en die Adjunkspeaker, wat bekend staan as die Voorsittende
           Beamptes van die Raad.
Die Voorsittende Beamptes word met die bestuur van die NV se sake 
           toevertrou.
Die Speaker en Adjunkspeaker van Parlement dien as voorsitters van 
           die NV se vergaderings.
Hulle maak seker dat Parlementslede vryelik kan praat, maar dat hulle 
           die rels van die raad gehoorsaam.

Raadsvoorsitters
Die Raad se rels maak voorsiening daarvoor dat Raadsvoorsitters die Voorsittende Beamptes kan bystaan in die uitvoering van hul pligte. Daar kan ook van die Raadsvoorsitters verwag word om op te tree as voorsitters tydens Raadsittings.

Die funksies van Raadsvoorsitters sluit die volgende in:
Kordinering van Komitees se werksaamhede
Voorbereiding van verslae oor wetgewing
Kordinering van Komitees se oorsig aktiwiteite
Verskaffing van politieke en strategiese ondersteuning aan die
           Voorsittende Beamptes.                
                      
Hoofswepe
Elke politieke party in die NV verkies n Hoofsweep om hul sake te
           behartig.       
Die swepe sien om na die Lede van hul onderskeie partye.

Leier van Regeringsake
Die president stel n Leier van Regeringsake aan wat met die
           ampsdraers van beide Rade werk.           
Die Leier van Regeringsake is verantwoordelik vir die behartiging van 
           die belange van die Kabinet en Regeringsake in die Parlement.
Die Leier van Regeringsake moet verseker dat Kabinetslede hul 
           parlementre verantwoordelikhede nakom.

KOMITEES VAN DIE NASIONALE VERGADERING

Baie van die NV se werksaamhede vind in Komitees plaas.
Die NV se komitees staan bekend as Portefeuljekomitees.
Die werk van elke komitee staan in verband met ooreenstemmende
           regeringsdepartemente. Byvoorbeeld, die Portefeuljekomitee oor
           Handel en Nywerheid hanteer alle sake wat die Departement van           
           Handel en Nywerheid aangaan.
Elke komitee het n Voorsitter wat verseker dat hul sake goed vlot.
Portefeuljekomitees is verantwoordelik vir besprekings, debattering
           en wysigings van Wetsontwerpe.      
Komitees kan Openbare Verhore hou oor wetgewing of sake wat
           verwant is aan wetgewing.
Komitees is ook verantwoordelik vir toesighouding oor en monitering                 
           van die werksaamhede van regeringsdepartemente.   

OPENBARE DEELNAME

Volgens die Grondwet is die Parlement verplig om die publiek te betrek
           in wetgewing en ander parlementre werksaamhede.  
Die Portefeuljekomitees word verplig om met die lede van die publiek 
           te konsulteer en sodoende insette vir wetsontwerpe te verkry en hul
           menings in te win oor sake van nasionale belang.
Die publiek word aangemoedig om aktief deel te neem in die
           verrigtinge wanneer die Komitees Openbare Verhore hou. 
Individue of groepe word aangemoedig om skriftelike of mondelinge
           voorleggings oor kwelpunte te doen.   
Lede van die publiek het die reg om deelname in die werksaamhede
           en aktiwiteite van die Parlement, deur: 
   
Bywoning van Portefeuljekomitee vergaderings.
Navrae te rig met betrekking tot of inligting te versoek oor die werksaamhede, in die Parlement, van Parlementslede wat dien in die Nasionale Vergadering.
Bywoning van Openbare Verhore wat deur die 
      Portefeuljekomitee gehou word.
Die waarneming van voltallige debatte in die Raad, byvoorbeeld Begrotingsposte.
Petisies aan die Parlement oor kwelpunte te oorhandig. Petisies aan die Parlement is veronderstel om die ondersteuning van n Parlementslid te h.


Saamgestel deur die Openbare Opvoedingsentrum
Parlementre Kommunikasie Dienste
GENSPIREER DEUR DIE VOLK

www.parliament.gov.za
Posbus 15, Kaapstad, 8000
Telefoon:     (021) 403 3341
Faksimilee:  (021) 403 3303

Hierdie pamflet is in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale beskikbaar.
         





