DIE PARLEMENT EN ARBEIDSMAKELARY

WAT IS ARBEIDSMAKELARY?
Wanneer een persoon of sakeonderneming teen vergoeding tydelike werknemers of geleentheidswerkers aan n ander persoon of onderneming voorsien, word dit arbeidsmakelary genoem. n Arbeidsmakelaar is n persoon of onderneming wat so n diens verskaf.
Arbeidsmakelary stem grootliks ooreen met wat tans Tydelike Indiensnemingsdienste (TID) genoem word. Hierdie sektor het onlangs landswyd aansienlik gegroei. In die landbou was daar reeds vroer voorbeelde van TID of arbeidsmakelary, omdat boere in die oestyd bykomende werkers benodig. Boere het dus, volgens hul seisoenale arbeidsbehoeftes, werkers een-een in diens geneem of ontslaan. Mettertyd het arbeidsmakelaars hierdie gaping benut en die diens van spanne plukkers of oeswerkers aangebied. In vandag se arbeidswreld brei die TID-sektor steeds vinnig uit, omdat daar n groeiende aanvraag is na buigbare arbeidspatrone. Dit maak vir die volgende voorsiening:
Voorspelbare periodes van afwesigheid onder personeellede, hetsy lank of kort;
Die wisselende seisoenale aanvraag na sekere produkte; en
n Kortstondige behoefte aan skaars vaardighede.
Daar bestaan reeds wetgewing wat arbeidsmakelary raak. Hoewel niemand n  voornemende werknemer kan dwing om sy of haar arbeidskrag met behulp van n arbeidsmakelaar te bemark nie, sukkel ongeskoolde arbeiders dikwels om werk te vind tensy hulle n arbeidsmakelaar gebruik.
WATTER WETTE RAAK ARBEIDSMAKELARY?
Wetgewing waardeur arbeidsmakelaars geraak word, sluit die volgende in:
Die Wet op Arbeidsverhoudinge
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 
Die Skills Development Act (Wet op Vaardigheidsontwikkeling)
Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes
Die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995)
Die Wet op Arbeidsverhoudinge sit die bepalings en voorwaardes uiteen vir tydelike indiensnemingsdienste. Dit maak voorsiening daarvoor dat dienste aan arbeidsmakelaars uitgekontrakteer word. Volgens hierdie Wet moet sowel arbeidsmakelaars as hul klinte alle arbeidswette gehoorsaam. Arbeidsmakelaars kan die bepalings van arbeidswetgewing net so min ontduik as enige ander sakeonderneming.
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997)
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal die minimum vereistes waaraan werkgewers moet voldoen wanneer hulle kontrakte met werknemers aangaan. Geen kontrak tussen n werkgewer en n werknemer mag teen die Wet op Basiese Diensvoorwaardes indruis nie. 
Die Skills Development Act (Wet op Vaardigheidsontwikkeling) (Wet 97 van 1998)
Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling bepaal dat alle persone en/of sakeondernemings hulle moet laat registreer voor hulle indiensnemingsdienste kan aanbied. Verskaffers van hierdie soort diens, oftewel arbeidsmakelaars, word egter net geregistreer as hulle aan sekere voorwaardes voldoen wat die Wet uiteensit.

Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (Wet 130 van 1993)
Volgens die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes moet werknemers vergoed word vir enige ongeskiktheid of beserings of enige siektes wat hulle opdoen terwyl hulle hul pligte uitvoer. Hierdie Wet maak ook voorsiening vir vergoeding in gevalle waar sulke beserings of siektes lei tot sterftes.
SOMMIGE BELANGRIKE KWESSIES IN VERBAND MET ARBEIDSMAKELARY
Arbeidsmakelaars beweer dat hulle nie werkgewers is nie, maar dat die klinte  byvoorbeeld boere  aan wie die diens gelewer word die werkgewers is. Andersyds beweer die sakeondernemings wat van hierdie diens gebruik maak, dat die arbeidsmakelaars die werkgewers is. Dit skep verwarring vir werknemers wat in hierdie woordestryd vasgevang word.
Werknemers wat deur arbeidsmakelaars aangestel word, loop groter risikos as hulle aan diens beseer word. Wie aanvaar verantwoordelikheid vir gesondheids- en veiligheidskwessies en kwessies wat verband hou met vergoeding?
Alhoewel arbeidsmakelaars werksgeleenthede verskaf aan tydelike werknemers, kan tydelike werksvoordele sleg vergelyk met die byvoordele van permanente werknemers  soos verlof, lone en pensioenvoordele.
Gewoonlik moet tydelike werknemers n geen werk, geen betaling ooreenkoms onderteken wat minder byvoordele het as die ooreenkomste van permanente werknemers.
DIE VELDTOG VIR ORDENTLIKE WERK: WAT BEHELS DIT?
Die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) en sy lede het die Decent Work (Ordentlike Werk-)konsep geformuleer. Die lede sluit regerings, werkgewers- en werkersorganisasies in. Die ILO ondersteun sedert 1999 die Decent Work Agenda (Ordentlike Werksagenda). Die doel van die Agenda is om ontwikkeling te bevorder en armoede te beveg.
Ordentlike werk het te make met wat mense hoop om in hul werkslewe te bereik. Dit is gegrond op die idee dat werk n bron van persoonlike waardigheid is  gelyke geleenthede vir en gelyke behandeling van mans en vroue word hierby ingesluit.
Die doelwitte van ordentlike werk is:
n inkomste wat n ordentlike lewe vir werknemers moontlik maak;
n gelyke kans op persoonlike ontwikkeling; en
dat vakbonde seggenskap in werkskwessies kan h.
Die Ordentlike Werksagenda sal verwesenlik word deur vier strategiese doelwitte:
werkskepping
die erkenning en beskerming van regte by die werkplek
die uitbreiding van maatskaplike beskerming sodat vroue en mans veilige en behoorlik besoldigde werk kan h
die bevordering van dialoog en konflikresolusie sodat werkersorganisasies n sentrale rol kan speel in dispuutvermyding in die werkplek.

WATTER BEDRYWE EN BEROEPE WORD DIE MEESTE DEUR ARBEIDSMAKELARY BENVLOED?
Bedrywe en beroepe wat die meeste deur arbeidsmakelary geraak word:
Boubedryf
Voedsel- en drankbedryf
Motorbedryf
Metaal- en ingenieurswesebedrywe
Visserye
Kleinhandel
Huiswerkers
Plaaswerkers
DIE PARLEMENT EN ARBEIDSMAKELARY
In lyn met die parlement se rol om openbare debat oor sake van nasionale belang aan te moedig, wil die Parlement hoor wat die aandeelhouers  insluitende vakbonde, die publiek en arbeidsmakelaars  oor die onderwerp dink.
NEEM DEEL!
Neem deel aan die verhore en word gehoor. U kan ook u kommentaar stuur aan:
Die Komitee sekretaris, Albertina Kakaza
Posbus 15, Parlement, Kaapstad 8000
Tel.: 021 403 3765 Faks.: 086 694 4529
E-pos: akakaza@parliament.gov.za
VISIE
Om n doeltreffende, mensgerigte Parlement te help bou wat aan die mense se behoeftes voldoen en wat daarna streef om die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter.
Opgestel deur die Openbare Opvoedingsentrum, Parlementre Kommunikasiedienste.
Besoek ons Parlementre webwerf: www.parliament.gov.za;
Tel.: 021 403 2911, Faks.: 021 402 3817
