OPENBARE VERHORE OOR DIE HERSIENING VAN DIE MYNBOUHANDVES
Die Mynbouhandves is ingevolge artikel 100 van die Mineral and Petroleum Resources Development Act, No 28 van 2002 (MPRDA), opgestel.  
Die Departement van Minerale Bronne het die Mynbouhandves onlangs hersien. Gedurende die hersiening is aandag aan verskeie elemente van die handves geskenk, insluitend eienaarskap, die ontwikkeling van aankope en ondernemings, veredeling, billike indiensneming en menslike hulpbronontwikkeling.
In ooreenstemming met die Parlement se hoof doelwit om openbare deelname te vergemaklik, sal die Portefeuljekomitee oor Minerale Bronne (die Komitee) op Woensdag, 30 Maart 2011, openbare verhore oor die uitslae van die hersiening van die ou Mynbouhandves en voorstelle vir die nuwe Mynbouhandves in Carletonville (plek sal bevestig word), Gauteng hou. Die Komitee sal in die besonder graag met mynmaatskappye, mynwerkers, arbeidsorganisasies en gemeenskappe rondom die mynmaatskappye wil vergader.
Navrae moet vir die aandag van me Noluthando Skaka of mnr Vido Mfuniselwa by die Parlement in Kaapstad gerig word:
Kontakbesonderhede:	Tel (021)403-3751
Sel 083 709 8520 of 083 966 7720
E-posadres	(nskaka@parliament.gov.za) of (vmfuniselwa@parliament.gov.za)
Faks 086 619 9194.
Uitgegee deur mnr MF Gona, LP: Voorsitter: Portefeuljekomitee oor Minerale Bronne
