Two-Tone Farming
UITVLUGT
DE WET
6853
06 Desember 2010
mnr G Van Rensburg
Minister van Landbou en Landelike-ontwikkeling
Posbus X9179
KAAPSTAD
8000
Geagte Minister
PRODUKSIE-KAPIT AAL
Bovermelde aangeleentheid verwys asook vorige gesprekke hierin.
Ek is 'n opkomende Boer in die Hexrivier Vallei (De Doorns) wat saam met drie
(3) ander aandeelhouers "n plaas besit (Uitvlugt plaas). Ons het die plaas
gekoop in 2004 deur "n lening op te neem by die Landbank.
, , Die plaas was "n suksesvolle Tafeldruiwe Uitvoerplaas en ek het gedurende die
2004-2005 oes-seisoen "n rekord oes geproduseer (100 0004, 15kg kartonne).
Ons het gebruik gemaak van "n uitvoermaatskappy naamlik South African Fruit
Exporters (SAFE). SAFE by monde van "n mnr Anton De Vries, "n Direkteur van
die maatskppy he tons R30,00 per karton belowe (mondelings) wat toe nooit
gerealiseer het nie en ons net gemiddeld R17,24 per karton ontvang het, wat in
die Tafeldruifbedryf nie realisties is nie aangesien insetkoste op daardie stadium
ongeveer R24,00 per karton was.
Vanaf die 2005-2006 siesoen was SAFE egter nie weer bereid om
Produksiekapitaal aan ons te voorsien nie asook enige ander Uitvoermaatskappy
nie en dinge het moeilik begin gaan aangesien geen boerdery suksesvol kan
wees sonder produksiekapitaal nie. Ons het met die Landbank en ander
kommersiele bank gepraat en hulp gesoek maar was onsuksesvol.
As gevolg van "n gebrek aan produksiekapitaal kon dinge op die plaas nie sy
normale gang gaan nie en als het tot "n stilstaan gekom sedert 2006: '
Ek het ook al met die Provinsiale- asook die Nasionale Departement van
Landbou en Landelike ontwikkeling gekorrespondeer. Briewe van beloftes is aan
my terug gestuur deur die Nasionale Ministerie van die destyde Ministerie van
Grondsake, Mini,ster L Xingwana.
Op 04 Junie 2009 het ek weer aan Minister Tina Joemat-Pettersson geskryf oor
probleme wat ~ns as opkomende boere ondervind en dat ens hulp benodig met
produksiekapitaal om ten einde suksesvol te kan wees.
Op 27 Januarie 2010 het die Minister gereageer op my brief en gese dat die
Ministerie ten volle bewus is van die probleme wat die opkomende Boere
ondervind en dat die situasie aandag geniet. Ongelukkig sit ek nog steeds in
dieselfde dilemma sedert 2008 en kry ek geen hulp van niemand.
Ek het ook weer met die Provinsiale Departement van Landbou en Landelike
ontwikkeling inverbinding getree maar niks het gebeur nie. Ek begin die gevoel
kry dat niemand my behulpsaam wil wees nie.
Ek glo ek kan 'n suksesvolle kommersiele boer word met die nodige
ondersteuning van die Departement aangesien ek vele boerdery ondervinding
het 'n absolute finansiele omkeer in aan die huidige finansiele voorspoedigheid
van die plaas kan bewerkstellig.
Daar is ook kommersiele boere wat verdere hulp aan my belowe het in die vorm
van mentorskap en finasiele beplanning naamlik mnr F Jordaan, van die plaas
Amandelrivier en mnr F Hugo van die plase Joletta en Badenau.
Ek sal graag die nodige hulp en ondersteuning wil bekom om met my boerdery
voort te gaan aangesien die dinge nou al so lank sloer en ek graag sal wil voort
boer.
Ek sal enige hulp baie waardeer en sal baie graag van u kantoor wil hoor. Ek
stuur ook 'n kopie van die Nasionale Minister op versoek van hulle kantore.
Ek hoop om so spoedig moontlik goedgunstiglik van u te verneem hierin.
Die uwe
0="'1
eN BARENDS
0829643448
