Ad Hoc Komitee op Dienslewering (Verandering van datums)



Die Nasionale Vergadering het die Ad Hoc Komitee ingestel  om gekoördineerde oorsig op dienslewering te doen met die  tema “Working together to ensure the delivery of quality service to communities” (Werk saam om gehaltedienslewering aan gemeenskappe te verseker). Die mandaat van die Komitee is om ondersoek in te stel na die vordering  met dienslewering en wat die uitdagings is waar proteste plaasgevind het, om sodoende ‘n verslag aan die Nasionale Vergadering met duidelik haalbare aanbevelings en ‘n voorgestelde implementeringsplan ter tafel te lê. 



Ten einde dit te bereik het die Komitee  gekoördineerde besoeke aan landelike en stedelike gebiede onderneem en openbare verhore by die Parlement en in die provinsies gehou. Dié openbare verhore by die Parlement het op 2 tot 4 Februarie 2010 plaasgevind.  



Tydens verdere besoeke aan die provinsies gaan die komitee in situ inspeksies doen en lede van die gemeenskap, amptenare van plaaslike regerings, amptenare van provinsiale regeringsdepartemente, wykskomitees, burgerlike organisasies en sakelui ontmoet. Hierdie verhore sal op 17 tot 21 Mei 2010 in drie provinsies plaasvind.



Lede van die publiek word uitgenooi na die openbare verhore wat soos volg in die onderskeie provinsies geskeduleer is:





PROVINSIE
 
PLEK
 
DATUM
 
TYD
 

 
LIMPOPO
 
Thulamela Plaaslike Munisipaliteit

(Malamulele Boksgimnasium

 in die Vhembe Distrik)



Molemole (Matseke Plaaslike Munisipaliteit

Matseke Hulpbronne Sentrum) 


 
17 Mei 2010





19 Mei 2010
 
10h00





10h00
 

 
NOORD-KAAP 
 
Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit



(Mataleng Sportgronde in Barkley-Wes)


 
17 Mei 2010 


 
16h00
 

 
KWA-ZULU NATAL
 
eThekwini Metro Munisipaliteit 

(eThekwini Stadsaal)

Msunduzi Plaaslike Munisipaliteit

Edendale Lekesentrum kwaMachibisa)


 
17 Mei 2010 



19 Mei 2010
 
16h00



16h00
 

 






