Moenie jou rug draai nie!

				Tree op teen mishandeling!

Die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders

Wat is die 16 Dae van Aktivisme?

Dit is n WRELDWYE veldtog om GEWELD teen VROUE en KINDERS te BESTRY.

Die doel van die 16 Dae van Aktivisme-veldtog:

Om bewustheid te skep van die NEGATIEWE uitwerking wat GEWELD en MISHANDELING op VROUE en KINDERS heten

om die samelewing PERMANENT van MISHANDELING te BEVRY.


Die 16 Dae van Aktivisme-veldtog word elke jaar van 25 November tot 10 Desember gehou:

25 November
Internasionale Dag vir Geen Geweld teen Vroue

1 Desember
Wrelddag vir Vigs

10 Desember
Internasionale Menseregtedag

Wat veroorsaak geweld teen vroue?

Dit spruit uit die lae status van vroue tuis en in die samelewing.
Dit gebeur wanneer mans MAG en LEGITIMITEIT misbruik om vroue te BEHEER.

Wat is MISHANDELING?
           
Enige vorm van gedrag wat tot die volgende lei:
vrees
liggaamlike letsels en
dat n persoon iets teen sy/haar wil doen
Voorbeelde van mishandeling: 


FISIEKE MISHANDELING

EMOSIONELE MISHANDELING

FINANSILE MISBRUIK

SEKSUELE TEISTERING

VERKRAGTING

	
Het jy geweet

dat die Parlement wette deurgevoer het om die regte van individue teen misbruik te beskerm?

Dit behels die volgende:

Die Wet op Gesinsgeweld van 1998

Die Kinderwet van 2005

Die Wet op Onderhoud van 1998

Die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onregverdige Diskriminasie van 2000

Die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede) van 2007


Parlementre komitees wat aandag aan die stand van vroue en kinders in Suid-Afrika gee:

Die Portefeuljekomitee oor Vroue, die Jeug, Kinders en Mense met Gestremdhede
die Gekose Komitee oor Vroue, Kinders en Mense met Gestremdhede

Dit is belangrik om:

die kringloop van geweld te breek
die swye te verbreek
jou regte te ken
teen MISHANDELING op te tree
nie jou rug te draai nie!

Waar om hulp te kry?
Skakel:
SA Polisiediens by: 10111
Famsa se nasionale kantoor by:	(011) 975-7107 (tel) of  
(011) 975-7108 (faks)
Kinderlyn: Tel: 08000 55 555
Kommissie op Geslagsgelykheid by: (011) 403-7182
