TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Die Regering van Suid-Afrika
Sekretariaat van Veiligheid en Sekuriteit
Onafhanklike Klagtedirektoraat
ONAFHANKLIKE KLAGTEDIREKTORAAT: OORSIG
OORSIG
PUBLIKASIES
KONTAK
Die doel van die Onafhanklike Klagtedirektoraat is om klagtes oor wangedrag en kriminaliteit na bewering gepleeg deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en Munisipale Polisiedienste te ondersoek, en om hervorming voor te stel ten einde die voorkoms van gedrag wat aanleiding gee tot sulke klagtes te verminder.
Die Direktoraat is verantwoordelik vir die bevordering van behoorlike polisiegedrag om sodoende 'n Suid-Afrikaanse Polisiediens te ontwikkel na die letter en na die gees van die Grondwet. Die OKD wil openbare vertroue in die pogings van die SAPD en die OKD ontwikkel om ongepaste polisieoptrede te verhoed, en wil ook die kriminele vervolging van daardie lede wat by kriminele optrede betrokke was, fasiliteer.
Die OKD hanteer klagtes of bewerings wat verband hou met die volgende:
sterftes in polisiebewaring of wat die gevolg van polisieoptrede is polisiebetrokkenheid in kriminele aktiwiteite soos roof, diefstal van motorvoertuie en aanranding polisieoptrede of gedrag wat deur die Polisieregulasies verbied word, soos pligsversuim
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Oktober 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
