TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Sport en Ontspanning Suid-Afrika
SPORT EN ONTSPANNING SUID-AFRIKA: OORSIG
OORSIG
OPENBARE ENTITEITE
KONTAK
Die doel van Sport en Ontspanning Suid-Afrika is om die lewensgehalte van alle Suid-Afrikaners te verbeter deur die bevordering van deelname aan sport en ontspanning in die land en deur die deelname van Suid-Afrikaanse sportpersone en -spanne aan internasionale sportgeleenthede.
Die Departement se doelwitte is die volgende:
om die vlak van deelname aan sport en ontspanningsaktiwiteite te vermeerder om die sportprofiel te verhoog ten spyte van botsende prioriteite om die moontlikheid van sukses by belangrike byeenkomste te optimaliseer om sport op die voorgrond as 'n teenvoeter vir misdaad te plaas.
Die Departement se prioriteite is die volgende:
om rolle te bevestig en die verantwoordelikhede van die onderskeie belanghebbendes in sport en ontspanning so vaartbelyn te maak dat die bereiking van koördinering en skaalbesparings verseker word om fondse beskikbaar te stel vir die skep of opgradering van basiese, veeldoelige sportfasiliteite in agtergeblewe gebiede om menslike bronnepotensiaal te ontwikkel wat nodig is vir die effektiewe bestuur van sport en ontspanning in Suid-Afrika om die gemeenskap te motiveer om aktiewe lewenstyle te ontwikkel en om diegene met talent te kanaliseer na die mededingende sportgebiede om 'n hoëprestasieprogram te ontwikkel wat gerig is op die voorbereiding van elite-atlete vir belangrike kompetisies om te verseker dat alle sport- en ontspanningsliggame hul regstellende aksiedoelwitte bereik om 'n etiese gedragskode vir sport en ontspanning in Suid-Afrika op te stel om 'n beleid ten opsigte van internasionale betrekkinge, in oorleg met nasionale regeringsbeleid, op te stel
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
