TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Die Regering van Suid-Afrika
Departement van Openbare Werke
DEPARTEMENT VAN OPENBARE WERKE: OORSIG
OORSIG
PROJEKTE
OPENBARE ENTITEITE
KONTAK
Die Departement van Openbare Werke is verantwoordelik daarvoor dat die nasionale departemente 'n beboude omgewing het wat voldoen aan hul finansiële, tegniese en maatskaplike vereistes. Die Departement voldoen hieraan deur die verskaffing, ontwikkeling en instandhouding van akkommodasie vir dié departemente. Ook word staatsgrond verkry en vervreem en die Staat se eiendomsportefeulje word bestuur en in stand gehou.
Die Departement is ook verantwoordelik vir die implementering van die Nasionale Openbarewerke-program op die volgende wyses:
skep bates deur die Gemeenskapsgebaseerde Openbarewerke-program beïnvloed en stabiliseer die konstruksie- en eiendomsbedrywe verseker dat infrastruktuur voorsien word op 'n wyse wat werksgeleenthede skep, gemeenskappe bemagtig en menslike hulpbronne ontwikkel.
Deur die Gemeenskapsgebaseerde Openbarewerke-program bevorder die Departement eienaarskap van vaste eiendomme vir voorheen benadeelde persone en bevorder opkomende kontrakteurs deur voorheen benadeelde kontrakteurs geleenthede te bied om te tender vir instandhoudingskontrakte.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
